Jy sal genoem word: “Die een vir wie die Here lief het ...” (Jesaja 62: 4c)
Kom ons dink mooi oor die verhoudings waarin
ons leef. Ons is in verhouding met onsself, met ander en met God – ons is geskape
as verhoudingswesens. In alle verhoudings is daar behoefte aan liefde en respek.
Tog ervaar ons so min van goeie en gesonde verhoudings
in ons elke dag se bestaan. Hoekom?
Ons gewone daaglikse lewe gaan oor mense en
oor dinge. Hieroor stres ons, baklei ons en lê ons wakker in die nag. Gewone
daaglikse dinge, het die neiging om oor te neem in ons. Dit is
wel belangrik dat ons sal fokus op ons lewensomstandighede. Maar as my lewensomstandighede
al is waarop ek fokus, ontstaan daar ‘n leemte wat min mense ooit ontdek.
In die hele proses kry ons seer. Ons begin onsself sien deur
die vals bril van die mense en dinge om ons. Die ongelukkige waarheid is dat
hoe ek na myself kyk, is ook hoe ek ander sien. Hierdie siening van onsself en
ander, het die effek op ons verhoudings dat ons mekaar teleurstel en mekaar
seermaak.
Daar is egter ‘n dieper Geheim vir elke
Jesus-mens om raak te leef: Wie Hy werklik in elkeen reeds is! Moenie te gou
dink dat jy dit reeds volledig verstaan en dit ten volle ervaar nie. Vir elke
Jesus-mens, is dit ‘n lewenslange geloofsreis om meer van Hom in jou raak te
leef. Dit gebeur vir niemand van ons, dat ons oornag volledig vry kom van
mense-dinge en aardse-dinge nie.
Min of meer werk dit so:
1.
Om dieper in te groei in die
liefde wat God vir jou het;2. Om deur God se innige liefde, jouself lief te kry;
3. Om deur hierdie egte God-liefde in jou, ander lief te hê.
So ontwikkel my verhoudinge dat ek tevrede is
in my verhouding met God, ja, ons is tevrede met Mekaar. So is ek ook tevrede
met myself. En so is ek tevrede met ander in my lewe, ja, ons is tevrede met
mekaar.