Tema 5: Ek dra hoop uit
“Mag God ... julle vervul, sodat julle hoop
al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees.” (Romeine 15:13)
Wat kan ek as Jesus-mens doen om hoop uit te
dra?
1.
Laat die Gees op jou hart skrywe
wie die Bron van hoop vir jou, in jou eie lewe is!
2.
Laat die Gees jou oë oopmaak vir
diegene wat nie sterk is in die geloof nie, en begin self iets daaraan doen om ‘n
verskil in mense se lewens te maak.
3.
Laat die Gees jou selfloos iets
goed laat doen aan jou naaste, juis omdat die Bron van hoop dit reeds vir jou
doen.
4.
Laat die Gees toe om die voorbeeld
van Christus jou hoogste motivering te maak, om ‘n draer van hoop na ‘n
stukkende wêreld te wees.
5.
Laat die Gees-geïnspireerde-Skrif
vir jou en ander standvastigheid en bemoediging bied.
6.
Laat die Gees vir jou ‘n gesindheid
van eengesindheid onder mede-Jesus-mense bewerk.
7.
Laat die Gees jou vul met lof aan
ons enigste Bron van hoop, op so ‘n wyse dat ander Hom in jou kan sien.
8.
Laat die Gees toe om alle
vooroordele teenoor alle ander mense te verwyder, want Christus aanvaar jou
onvoorwaardelik.
9.
Laat die Gees van jou ‘n dienaar
maak in belang van sy koninkryk, en nie jou eie koninkryk nie.
10.
Laat die Gees jou ‘n draer maak
van die beloftes van hoop wat oor geslagte heen oorgedra is met ‘n vaste
sekerheid in die Bron van hoop.
11.
Laat die Gees vir jou egte vreugde
gee in die uitdra van hoop.
12.
Mag die Gees jou vul met ware
Goddelike vrede, omdat jy ‘n draer van hoop is.
Werk saam met die Gees om waarlik ‘n draer van
hoop te wees!
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.