Leef om
weg te gee
“Julle
het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet.” (Matteus 10: 8b)
Ons het almal iets om weg te gee, iets wat ons
verniet ontvang het. Ons het almal iets om weg te gee, iets wat iemand anders nodig
het. Een van die bevredigendste groei-ontdekkings wat ‘n Gees-gedrewe diens-gerigte
Jesus-mens kan maak, is dat dit baie lekkerder is om te gee as om te ontvang.
Jesus is in Matteus 10 besig om sy naby-volgelinge
opdragte te gee vir ‘n lewe van gee. Kom ons fokus net op vier van hierdie riglyne
vir ‘n “gee-lewe”:
Vir ons sal dit beteken om
eers te kyk wie is die mense naby aan ons. Dit kan jou eie gesin- of
familielede, eie kerkmense, jou bure, jou werksmense of skoolmaats wees. Begin gee
aan die mense naaste aan jou – hulle is die “WIE” om aan te gee.
2. Gee aandag waar daar nood is: “Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf duiwels uit.” (vers 8):
“WAT” jy kan gee, gaan oor die nood van iemand
naaste aan jou. Dit kan ‘n wye verskeidenheid van behoeftes wees: siekte,
hartseer, gemoedsversteurings, verhoudingsprobleme, geldnood,
werksomstandighede ... ja, noem maar op. Die geheim is om naby genoeg aan die
iemand naby aan jou te kom, dat hy of sy jou kan vertrou en jy so presies weet
wat daardie persoon se nood is. Gee dan iets van jouself vir die ander een –
jou tyd, hulp, raad, teenwoordigheid, wysheid, liefde – dit hoef jou nie geld
te kos nie.
3. Gee om ook te kan ontvang: “Moenie vir goud ... in julle beursies sorg nie ...” (vers 9):
Daar is ‘n groot geheim in ‘n
gee-lewe. Hoe meer jy net vir jouself opgaar en vir jouself leef, hoe minder
lewensvreugde sal jy hê. Sonder dat enige een van ons dit kan verwag wanneer
ons onvoorwaardelik gee waar daar nood is, ontvang ons meer terug as wat ons
weggegee het. Baie keer kry ons op heeltemal ander maniere terug as wat ons
weggegee het. Hierdie is die geheim van die “HOE” van gee.
4. Gee met die regte gesindheid: “As die huismense se gesindheid goed is, handhaaf die vredeswens vir die huis.” (vers 13):
Vir my as Jesus-mens, gee die
Gees van God in my ‘n nuwe gesindheid wat vanuit my binneste kom. Ek gee nie om
raakgesien te word of om erkenning daarvoor te kry nie. Ek gee selfloos suiwer
in belang van die behoefte van iemand anders, dis “HOEKOM” ek gee.
Geniet jou lewe van gee – jy ontvang so baie
verniet!
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.