“Waar
jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” (Matteus 6:21)
Ons kan so baie by Jesus leer, en in Matteus 5
tot 7 is Hy tydens die bergpredikasie besig om vir sy volgelinge belangrike
praktiese lewenslesse te gee. Kom ons waag dit om ‘n slag oor die sensitiewe
saak van geld en besittings eerstehands by Jesus te hoor hoe ons dit behoort te
hanteer.
Kom ons fokus op ‘n paar toepaslike riglyne
vir Jesus-mense as dit by geld kom:
·
Jesus sê: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet ... ongeldig te maak nie ...”
(Matteus 5:17) Die beginsel wat ons hier kry, is dat ons met dissipline en
verantwoordelikheid ons geldsake sal hanteer – ook as dit gaan oor daardie
gedeelte van ons inkomste wat ons uitdeel.
·
“As julle byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie.” (Matteus
6:2) Maak dit regtig ‘n saak tussen jou en die Here as
jy gee. Net jy sal self weet of jy met ‘n ruim hart en skoon gewete
onvoorwaardelik gee waar daar nood is.
·
Dan ons sleutelteks: “Waar
jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” (Matteus 6:21) Jesus-mense is in
die groeiproses om al hoe meer los te kom van die tydelike en aardse lewe se
beheptheid met besittings, en al hoe meer na binne ingestel op die ewige en blywende
waarde van die geestelike lewe.
·
“Julle kan nie God én Mammon dien nie.” (Matteus 6:24) Geld is nie jou baas nie. Laat die Gees jou lewe beheer, ook jou
daaglikse besluite van hoe jy graag ander wil help, selfs ten koste van
jouself.
·
Totale vryheid en regte
lewenskwaliteit gewaarborg in Jesus se woorde: “... beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil
van God, dan sy Hy julle ook al hierdie dinge gee.” (Matteus 6:33)
Gee..... Want....
daarom met jou hart
wat aan Jesus behoort, dis
nodig.
in liefde sonder om
iets terug te verwag, dis
lekker.
met ‘n mooi
gesindheid, dis
bevredigend.
sonder om somme te
maak, dis
die regte ding om te doen.
sodat dit ‘n
verskil maak, ander
het dit nodig.
meer as wat gevra
word, meeste van ons kan gee.
iets van jouself, ons
ALLES behoort aan Hom!
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.