Oordenking 20 November 2011
Onverdiende genadige vergifnis feesvierend!
“Die koning het hom jammer gekry, hom laat gaan en sy skuld afgeskryf.” (Matteus 18:27)
‘n Koning besluit om na te gaan wie skuld hom geld en hoeveel skuld uitstaande is. So kom hy af op ‘n man wat hom ongeveer R5 miljoen skuld. Die grootste probleem is egter dat hierdie man glad nie in staat is om hierdie skuld terug te betaal nie. Selfs al sou alles wat hy besit verkoop word, sal dit geen noemenswaardige verskil maak aan sy totale skuld nie.
Die keerpunt in hierdie gelykenis is wanneer die skuldenaar in angs voor die koning neerval en om uitstel smeek. In sy hopelose omstandighede, doen die skuldige die enigste logiese en verstandige ding: hy smeek om genade. En dit werk: die koning kry hom innig jammer en skryf in ‘n genadige oomblik R5 miljoen se skuld af. Die skuldenaar word in ‘n genadige oomblik 100% vry van sy onbetaalbare skuld. In stryd met alle logiese denke, verander hierdie skuldige se benarde posisie. En dit is slegs moontlik gemaak deur die koning se buitengewone vrygewigheid.
Maar dan gebeur die onverwagse. Hierdie skuldvrye man se kop haak heeltemal uit toe hy oomblikke later weier om R8 wat iemand anders hom skuld, ook af te skryf. Ja, R5 miljoen teenoor R8 se skuld! Hierdie onaanvaarbare gedrag, verklaar die koning se woede. Kwytskelding behoort tot kwytskelding te lei. Die oomblik toe die koning se buitengewone vrygewigheid in sy gesig teruggegooi word, verloor die skuldenaar sy vryheid en moet hy boet vir sy onaanvaarbare optrede.
Wat leer ons uit hierdie gelykenis:
1. Ons kan onmoontlik vir ons sondeskuld teen God op enige wyse betaal – hou maar op om te probeer, niemand van ons gaan dit kan doen nie.
2. Ons Koning het reeds ons miljoene sondes se aanklag teen ons afgeskryf – waardeer dit.
3. Ons elkeen se bereidheid om ander se verkeerde optrede teenoor ons af te skryf, is die konkrete bewys dat ons iets verstaan van die vergifnis wat ons ontvang – bid vir ‘n vergewensgesindheid.
4. Ons is veronderstel om op alle moontlike maniere ons vergifnis en vryheid deur Jesus Christus se soenverdienste, te vier en uit te leef – leef feesvierend.
5. Ons word sonder verdienste uit genade vergewe en gered deur ons Here Jesus Christus – geniet dit!
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Wednesday, November 16, 2011
Wednesday, November 9, 2011
Oordenking 13 November 2011
Oordenking 13 November 2011
God se wiskunde van genade
“Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou.” (Matteus 20:14b)
Werkers word gehuur om in ‘n wingerd te werk vir die dag. Die eerste groep werkers begin 06:00, die tweede groep 09:00, nog ‘n groep 12:00, nog ‘n groep 15:00 en die laaste groep begin eers 17:00. Almal hou 18:00 op met werk. Die oomblik toe dit by betaling kom, word die laaste groep, wat slegs een uur gewerk het, eerste vir ‘n volle twaalf ure se werk betaal. En so word ook al die ander groepe vir ‘n hele dag se werk betaal, al het almal nie die volle twaalf ure gewerk nie.
‘n Loongeskil word verklaar deur die groep wat die hele twaalf ure in die warm son gewerk het. ‘n Baie mooi voorbeeld in die Bybel van ‘n onbillike arbeidspraktyk. Vir enige logies denkende mens, het hierdie werkers baie goeie rede om ongelukkig te wees. Veronderstel ‘n dagloon is R100, dan behoort die groep wat slegs een uur laatmiddag gewerk het, slegs R8,33 te kry.
Die kritiese punt van hierdie gelykenis, is die eienaar van die wingerd. Hy gaan huur die werkers op die markplein op verskillende tye van die dag. Hy kom slegs met die eerste groep ooreen vir die gewone dagloon. Vir die ander werkloses wat hy deur die loop van die dag huur, onderneem hy om wat billik is, te betaal – geen bedrag word genoem nie. Dit is eers by die oomblik toe dit by betaling kom, dat die voorman, in opdrag van die eienaar, vir almal ‘n gewone dagloon betaal.
In hierdie gelykenis, is die eienaar van die wingerd God en die werkers is die gelowige dienswerkers in sy koninkryk. Hier gaan dit oor God se manier van beloning. God gee die ewige lewe as “gewone dagloon” vir elkeen wat glo. En Hy gee ongeag hoe hard jy in sy koninkryk werk of hoe sterk jou geloof is. Op pad na die grootse beloning van die hemelse heerlikheid, gee Hy sy goedheid en genade in elkeen wat in Hom glo. Hy gee sonder verdienste, Hy gee meer as wat verdien kan word, Hy gee vir wie Hy wil net soos wat Hy wil, Hy gee ten spyte van wie ons is. God se optelsom van sy genade aan elkeen wat in Hom glo, wys vir ons wie Hy is!

Wednesday, November 2, 2011
Oordenking 6 November 2011
Oordenking 6 November 2011
WIE IS ONS GOD?
... volgens Handelinge 17:
1. Paulus, die praatjiesmaker:
“... ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is.” (:22b)
Vandag se bekende afgode soos geld, mag en selfsug, beroof ons mensdom van ‘n ware lewe van totale oorgawe aan die lewende en opgestane Here en God.
2. Die onbekende god:
“God, wat ...alles ... gemaak het ... woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.” (:24)
Dit is moontlik om in alle opsigte baie godsdienstig te wees, sonder dat ‘n mens die ware en enigste Skeppergod ken en aanbid.
3. Die Versorger:
“... dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.” (: 25b)
Daar is net een ware God wat Versorger van die mens is: Hy sorg uit genade vir die ewige lewe deur Christus; Hy sorg vir die fisiese, aardse en tydelike lewe op aarde; Hy sorg dat die mens alle tydelike behoeftes op aarde kan kry.
4. Ons is die soekers:
“God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind.” (: 27)
Dinge wat nie vir ons uitwerk soos ons dit soek nie, laat ons dikwels sukkel om God raak te sien in ons omstandighede. Soms kry ons wat en Wie ons soek.
5. Die naby-God:
“... deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.” (: 28a)
Deur Hom, in Hom, by Hom, saam met Hom, uit Hom, vir Hom, as gevolg van Hom, ter wille van Hom, tot voordeel van Hom, te danke aan Hom ... lewe ons, beweeg ons en bestaan ons!
Ons God is ons alles !

Wednesday, October 26, 2011
Oordenking 30 Oktober 2011
Oordenking 30 Oktober 2011
Leef positief !
“Laat julle as lewende stene opbou tot ‘n geestelike huis, om ‘n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.” (1 Petrus 2:5)
Hoe kan jy elke dag positief lewe?
1. Laat julle as lewende stene opbou:
• Haat soos die Here alle verkeerde dinge
• Die Here sorg vir die goeie dinge in jou
• Hy is die lewende hoeksteen waarop jy gebou word
2. Wees deel van ‘n geestelike huis:
• Voed jouself met vaste geestelike kos
• Bid, leer, vertel, dien meer en meer
• Bou jou lewe op die lewende Steen
3. Wees deel van ‘n heilige priesterdom:
• Doen God se soort dinge vir ander
• Wees God se goeie hand in ander
• Heiligwording is ‘n lewenswyse
4. Bring geestelike offers:
• Streef na daardie dinge wat God gelukkig maak
• Dien die Here elke oomblik van jou lewe
• Gee en offer jouself
5. Laat alles vir God welgevallig wees:
• Jesus is die belangrikste steen in jou geestelike huis
• God is die Meesterbouer
• Doen dit alles deur jou oë op God te hou

Wednesday, October 19, 2011
Oordenking 23 Oktober 2011
Oordenking 23 Oktober 2011
Om gereed te wees
Hy wat dit alles getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus!
Die boek Openbaring, en dus die Bybel ook, word afgesluit met die herhaling drie keer van “Kyk, Ek kom gou!”. Hierdie driedubbele uitroep vorm die hoogtepunt van die einde van alles. Die klem val op hierdie dringende oproep en uitnodiging van Jesus – sy koms is baie naby. Sterker as in die res van Openbaring, word die nabyheid van die wederkoms van Christus onderstreep. Dit staan vas, Hy kom gou weer.
Die dringendheid en die gereedheid waarmee Jesus weer verwag word, maak die lewe vir die gelowige die moeite werd. Die spanning waarmee die wederkoms verwag word, motiveer die gelowige om met baie groter ywer Jesus te bly volg. Die gelowige kry ‘n waarborg dat alles onder beheer is, al lyk dinge hoe deurmekaar – die Here God, die Lam en sy Gees is self die waarborg dat alles onder beheer is.
Die nabyheid van die Lam se wederkoms beklemtoon dat die gelowiges gereed moes wees om Hom binne die vier mure van die nuwe Jerusalem te ontmoet. Hierdie gereedheid het alles te doen met die lewende en aktiewe teenwoordigheid van God deur die volheid van sy Gees in die lewe van die gelowige. Die aanwesige hier-wees van Hom in ons as gelowiges, is nou al en sal altyd wees. Ons dringende en innige verlange na die wederkoms, is ‘n verlange na die voltooiing van die volmaakte teenwoordigheid van God.
Ons kry vandag hoop op ‘n beter toekoms waarin ons Christus se teenwoordigheid ten volle sal beleef. So skep ons moed vir vandag en more, want ons kry die waarborg dat God in beheer bly van begin tot einde.
Watter toekoms voorspel die boek Openbaring?
• God sal in beheer bly!
• Die goddeloses en goddeloosheid sal verdwyn!
• Die gelowige navolgers van die Lam van God sal oorwinnend bly lewe!
Kom ons dink na oor:
1. Watter tekens is daar dat die wederkoms van Jesus naby is?
2. Wat kan die gelowiges verwag in die toekoms?
3. Hoe dink jy gaan Jesus weer kom?

Wednesday, October 12, 2011
Oordenking 16 Oktober 2011
Oordenking 16 Oktober 2011
Om volmaak by God te wees
“Kyk, die woonplek van God is nou by die mense.” (Openbaring 21:3b)
Die simboliek van die nuwe Jerusalem in Openbaring 21, wil vir ons help om beter te verstaan wat belangrik gaan wees aan die einde van alles hier op aarde. Die stad daal uit die hemel neer, dit beteken dit het ‘n goddelike oorsprong. Die oue word deur God met die nuwe vervang. Letterlik word ‘n nuwe paradys vir die verloste mens gegee om in te woon.
In die Ou Testament was God teenwoordig in die allerheiligste van die tempel. In die Nuwe Testament het God na ons toe gekom deur sy Seun, en leer ons so meer van God. In die tyd waarin ons leef na Jesus se eerste koms na die aarde, het God reeds deur sy Gees volledig in ons kom woon. Tog is die volmaakte belewenis van God in en by ons, iewers in die toekoms. In die hemel sal ons eers volmaak by God wees, al leef ons reeds in sy teenwoordigheid.
• Waarna sien jy die meeste uit in die hemel?
Moontlik gaan God se heerlikheid en teenwoordigheid in die hemel so onbeskryflik fantasties wees, dat dit vir ons minder belangrik gaan wees vir wie ons daar sal erken.
• Wat sal die heel lekkerste ervaring in die hemel wees?
Daar gaan geen boosheid, sonde of probleme wees nie.
• Hoekom wil ek graag hemel toe gaan as ek op aarde sterwe?
Sodat ek God volledig en volmaak sal beleef!
Met my bekering hier op aarde, betree ek God se ewige heerlikheid. Die volle genot en vreugde van Christus se teenwoordigheid, bereik voltooiing met die wederkoms van Christus. Die vernuwing waarmee God in ons besig is, omvat volmaakte geluk, ware lewe, volkome sekuriteit, intieme verhoudingsherstel en ewige heerlikheid. By God word die mens se diepste nood beantwoord, nou en vir altyd.
Jy word hartlik uitgenooi om vandag die ruimte van God se majesteit te betree en dit te geniet!

Tuesday, October 4, 2011
Oordenking 9 Oktober 2011
Oordenking 9 Oktober 2011
Is jou naam in die boek van die lewe?
“As daar gevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi.” (Openbaring 20:15)
Bekering is ‘n reaksie op die goeie nuus aangaande Jesus as enigste Verlosser. Die evangelie is ‘n uitnodiging tot die ware lewe in Christus. Dit is nie reg om mense met die hel te dreig of bang te praat nie. Tog is die finale oordeel ‘n baie groot deel van die boek Openbaring. Aan die een kant is daar die verlossing in die eindtyd, en aan die ander kant is daar die oordeel oor die bose. Beide verlossing en oordeel word aan die einde van Openbaring tot ‘n klimaks gevoer.
In ooreenstemming met Daniël 7, beskryf Johannes weer in Openbaring 20 die troon as simbool van mag en van goddelike teenwoordigheid. Volgens die konteks van die toneel, is dit God wat op die troon sit om te oordeel en wat die laaste woord spreek. Die aarde en die hemel verdwyn as teken van die sondige bedeling wat voor God wyk. Anders gestel, aan die einde van alles, sal alle sonde vir die gelowiges verdwyn.
Die oordeel is regverdig, want die goddelose word geoordeel volgens sy lewe soos dit opgeskryf is. Die vuurpoel is die beeld van die ewige voltrekking van God se oordeel – dit word die tweede dood genoem. Dit beteken die goddelose sal nie net die eerste fisiese dood sterf nie, maar ook die tweede ewige geestelike dood. Dit is sommer twee maal dood! Die oordeel sal finaal, beslissend en regverdig van God af kom.
Die mens se verwerping van die Lam, of die gelowige aanvaarding van die Lam, bepaal of hy met die finale oordeel in die poel van vuur sal brand, en of hy die teenwoordigheid van God in die nuwe Jerusalem sal betree (volgende week meer oor die nuwe Jerusalem). Net so bepaal die mens se eie wilsbesluite of sy naam in die boek van die lewe opgeteken is. Die gelowige se besluit om die Lam te volg, maak dat die tweede dood hom nie sal tref nie. Die opteken van jou naam in die boek van die lewe, val saam met jou besluit om ‘n kind van die Here te wees.
Vrae om oor na te dink:
• Het God vooraf besluit wie se name in die boek van die lewe opgeskrywe gaan word?
• Waarom twyfel jy soms of jou naam in die boek van die lewe is?

Subscribe to:
Comments (Atom)