Oordenking 24 Junie 2012
Hoe maak ek my kinders groot?
“Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee.” (Psalm 127:3)
Niemand van ons het opleiding gekry in ouerskap, en ouerskap is een van die moeilikste verantwoordelikhede wat daar kan wees. Ouers met selfvertroue laat toe dat hulle adolessente en jong volwassenes waag in die lewe, en so groei tot volwassenheid.
Moderne skrywers oor gesinne, stem saam dat daar vyf fases van ontwikkeling tot volwassenheid is:
Fase 1: Kinders kom in opstand teen ouerlike gesag: vanaf twaalfjarige ouderdom beweeg kinders tussen vaste grense en vryheid in hulle ontwikkeling. In hierdie normale fase leer ouers om hulle optrede teenoor hulle kinders aan te pas.
Fase 2: Kinders betree normale adolessente rebellie: in hierdie fase word huisreëls uitgedaag, is daar groter aangetrokkenheid tot hulle ouderdomsgroep, en word gesinswaardes bevraagteken.
Fase 3: Kinders begin werk of gaan studeer: in hierdie fase verlaat kinders normaalweg die huis, en is daar verlange en hartseer.
Fase 4: Gesinslede herdefinieer hulleself en hulle rolle in die gesin: ouers en kinders sien mekaar minder, met die gevolg dat ouers nuwe energie vind in nuwe dinge en kinders hulle eie waardes ontwikkel.
Fase 5: Volwasse-tot-volwasse-verhoudings ontwikkel: elke persoon word nou gesien as ‘n onafhanklike en gewaardeerde individu.
Daar is veral twee gevare wat hierdie normale ontwikkeling van kinders negatief beïnvloed:
• Oorbeskerming: alles word vir die kind gedoen en gegee, en die kind leer nooit selfstandigheid, harde werk of finansiële onafhanklikheid nie.
• Onbetrokkenheid: ouers is te besig of nie toeganklik nie, met die gevolg daar ontwikkel nooit ‘n passievolle liefdesverhouding tussen ouer en kind nie.
Die antwoord in suksesvolle ouerskap is geleë in daardie aspekte wat ons reg doen, en dan veral om dit nog beter te doen. Maar die heel belangrikste basis vir suksesvolle ouerskap is in ‘n ouer se positiewe liefdesverhouding met die kinders. Kinders se belangrikste behoefte is om te ervaar dat hulle word deur hulle ouers liefgehê.
Hoe lyk hierdie onontbeerlike ouerliefde? Dit is slegs moontlik vanuit die vaste verhouding wat beide ouers met die Here het. Dit is slegs die Here wat ouers kan help om met balans, met wysheid, met deernis en met geloof hulle kinders lief te hê. Op hierdie manier is daar kalmte, sekuriteit en geborgenheid in die gesin. Elke gesinslid geniet sy eie unieke plek in die huis, en gee ook ruimte vir mekaar se verskille en goeie karaktereienskappe.
Ouerliefde maak kinders reg groot!
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Wednesday, June 20, 2012
Wednesday, June 13, 2012
Oordenking 17 Junie 2012
Oordenking 17 Junie 2012
Pa-wees in 2012
“... watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” (Fil. 4:8c)
Om pa te wees in vandag se tyd, is geen grap nie. Daar is soveel druk op die huisgesin vandag met nuwe uitdagings wat daar nie in die verlede was nie. Pa en ma werk om ‘n sekere lewensstandaard daar te stel en dan te handhaaf, dat daar nuwe reëls geld vir ouerskap, en spesifiek vir pa-wees. Die moeders in elke huis sal vandag bietjie geduldig wees as ons spesifiek net aandag gee aan die vaders.
Man-wees het direk te doen met pa-wees. En man-wees het nie verander nie, maar die rol en plek van pa-wees het oor die afgelope drie dekades drasties verander. Pa is nie nou meer die enigste of primêre broodwinner in die huis nie – die huisgesin is ook afhanklik van ma se inkomste. Dan het die samelewing ook aan die vrou is baie meer prominente rol gegee as gelyke vennoot van die manlike geslag. En die tradisionele karaktertrek van man-wees, is dat mans wil graag voel hulle is in beheer as die fisies sterker geslag. Nou neem vrouens op baie plekke die rol van die man oor: dit gebeur by aanstellings in die professionele beroepsomgewing, dit gebeur in die kerk en dit gebeur in die huisgesin. En omdat man-wees hierdeur bedreig word, word pa-wees ook bedreig. En hier is dit nodig dat ons in die kerk volgens die Bybel weer die rol van pa-wees in die huisgesin uitklaar.
Paulus gee riglyne vir die Christelike lewenswandel. Natuurlik geld hierdie riglyne ook vir die vrou en die ma. Maar wanneer die pa van die huis dit weer herontdek en toepas om voor te loop in die uitleef van die Christelike deugde, sal dit ‘n direkte positiewe effek hê in die hele gesin. Pa behoort sy Bybel getrou te lees sodat hy die voorbeeld kan stel in alles wat waar, wat edel, wat reg, wat rein, wat mooi, wat prysenswaardig is. Pa’s kan weer hulle rol as hulle manne van die Woord binne die nuwe omstandighede van vandag, herontdek.
Suksesvolle pa-wees beteken dat die pa in die huis ‘n sigbare, lewende en vaste verhouding met die Here het. Ons behoort baie ernstig te bid vir die bekering van pa’s. Ma’s en kinders behoort met groot toewyding vir pa’s die ruimte te gee om priester in die huis te wees.

Wednesday, June 6, 2012
Oordenking 10 Junie 2012
Oordenking 10 Junie 2012
My familie dien die Here
“Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” (Josua 24:15c)
Daar is soveel negatiewe tendense rondom huwelike, gesinne en families die afgelope klompie jare. Om ‘n paar te noem: die geweldige hoeveelheid egskeidings, kindermolestering wat aan die lig kom, gebroke en hersaamgestelde huisgesinne, en die toename in bejaardes wat versorg moet word. Hoe ver moet die pendelum nog swaai na die negatiewe kant voordat dit weer begin terugswaai na die positiewe?
Daar is ‘n nuwe geslag ouers nodig en die kerk bied die ideale geleentheid om hierdie nuwe geslag ouers toe te rus en te bemagtig om deel van die ommekeer te wees. Binne die liefdesgemeenskap van gelowige kinders van die Here, kan ons mekaar help en kan die ouer geslag vir die jonges leer uit hulle foute van die verlede. Dan is daar nog die nuwe eise wat aan ouerskap gestel word in die veranderende omstandighede wêreldwyd. Hier kan ons dink aan die ontploffing van inligting deur die tegnologie, die ekonomiese insinking wêreldwyd, die uitdagings van klimaatsverandering en die krisis in ons onderwysstelsel.
Christen-gelowige ouerskap vorm die sleutel vir ‘n gesonde samelewing. Ouers wat verstaan en toepas dat hulle die primêre rolmodelle vir hulle kinders is. Kinders wat die liefde en sekuriteit ervaar van ouers wat openlik lief is vir mekaar en Christelike waardes toepas in die opvoeding van hulle kinders. Daarom het ons die geleentheid om in die kerk met mekaar te praat oor die waarde van gelukkige huwelike. Ons kom hier met mekaar ooreen oor die beginsels wat ons aan ons kinders wil oordra.
Josua lei die volk Israel die beloofde land in. Die Israeliete het in die woestyntog met ander volke in aanraking gekom, en so ook met die afgode van die ander volke. Josua tree namens die Here op en stel die Israeliete voor ‘n keuse: kies wie julle wil dien, die gode van die ander volke, of die Here. Josua het klaar besluit: “Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” (Josua 24:15c) Te maklik en te vinnig reageer die Israeliete: “Ook ons sal die Here dien. Hy is ons God.” (Josua 24:18b) Josua is bekommerd oor hoe erntig die volk is in hulle keuse: “As julle die Here verlaat ..., sal Hy ... ‘n end aan julle maak.” (Josua 24:20) Dan gebruik Josua ‘n klip as getuie wat alles gehoor het wat die volk belowe het.
Wie wil jy en jou familie dien?

Wednesday, May 23, 2012
Oordenking 27 Mei 2012
Oordenking 27 Mei 2012
Goddelike heerlikheid vir ons vandag!
“...sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het...” (Johannes 17:24)
Hoor net hoe aanloklik klink die volgende: uitnemende skoonheid, toestand van volmaaktheid, geluksaligheid. Hierdie is almal woorde wat die HAT gebruik om “heerlikheid” te beskrywe. In Johannes 17 bid Jesus dat ons, wat sy uitverkore eiendom is, juis hierdie heerlikheid sal sien. Hoe sien ons dit?
Hy bid daarvoor in die woorde “dat waar Ek is, hulle ... ook by My moet wees” (ook uit vers 24). Hoe kan ons by Hom wees, Hy is dan in die verheerlikte posisie aan Gods regterhand? Hy bid ook dáárvoor in die woorde “sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle” (vers 26).
In hierdie gebed van Jesus is daar soveel verskillende beskrywings van ons, as uitverkorenes, se verhouding met Hom: “...almal wat U (die Vader) Hom (Jesus) gegee het(vers 2); dat hulle U ken (vers 3); aan U behoort (vers 6); hulle het geglo (vers 8); aan My behoort (vers 10); ens. Hierdie verhouding is vas, stewig, innig, persoonlik, liefdevol, uniek, ewig, beskermend, vervullend, bevrydend, oorwinnend, ja, volledig wat ons nodig het om “in Hom” te wees.
En die skoonheid en volmaaktheid en die geluksaligheid van hierdie verhouding met Hom, verbeter en ontwikkel deur die mate waarin ons as uitverkorenes ons gestuurdheid in die wêreld uitleef. Jesus is deur ons heilige en regverdige Vader gestuur om die werk te voltooi wat Hy vanuit die hemel ontvang het. Nou is sy magte aan die uitverkorenes oorgedra om vandag die hemelse werk voort te sit.
Hierdie hemelse werk word in een woord beskryf, “liefde”. Jesus bid oor die liefde wat ons Vader al voor die skepping van die wêreld, vir Hom gehad het (vers 24, 26). Nou bid Hy dat daardie selfde liefde van ons Vader, ook in die uitverkorenes sal wees. En die Goddelike liefde is vir ons gedemontreer deur Jesus self, maar Jesus self omvorm ons ook met daardie liefde, en stel ons in staat om soos Hy lief te hê.
Hemelse-Jesus-liefde ken die enigste ware God, word gestuur na die wêreld, verheerlik God deur sy werk te doen, bewaar teen die Bose en het onvoorwaardelik lief soos wat God vir Jesus liefhet. Ons geliefde uitverkorenes is in hierdie wêreld sodat ons liefde sal bewys aan diegene na wie toe Hy ons stuur.

Wednesday, May 16, 2012
Oordenking 20 Mei 2012
Oordenking 20 Mei 2012
Jesus gee die ewige lewe
“... die volmag ... om die ewige lewe te gee.” (woorde uit Johannes 17:2)
In Johannes 17 vind ons om verskeie redes die heel belangrikste gebed van Jesus wat in die Bybel opgeteken is: Jesus bid hierdie gebed aan die einde van sy aardse bediening; dit is ‘n lang en volledige gebed wat handel oor Jesus se werk op aarde en die voortgang daarvan; hierdie gebed is intiem, persoonlik, verrykend en verykend; en daar was nog nooit weer en sal ook nooit weer, so ‘n gebed gebid word nie. Waarvoor bid Jesus in hierdie gebed?
Die eerste en die belangrikste: Luister baie mooi, Jesus is besig om te bid oor die volmag wat Hy vanaf sy Vader gekry het, om aan almal wat die Vader Hom gegee het, die ewige lewe te gee!
Wie is hierdie almal wat die Vader vir Jesus gegee het? Dit is die uitverkorenes. Wie is die uitverkorenes? Dit is elkeen wat glo dat Jesus die ware en enigste Verlosser van alle tye en vir alle mense is. Wie is dit wat dit glo? Dit is elkeen wat deur die kragtige werk van die Heilige Gees die genadegawe en voorreg ontvang om in Jesus te glo. Wat moet ek doen om dit te glo? Ek kan my hele lewe oop stel en ontvanklik wees dat die Heilige Gees in my werk. Hoe weet ek dat die Heilige Gees so in my werk? Ek weet dit nie altyd deur ‘n bonatuurlike gevoel of gebeurtenis nie, maar ek kan God op sy beloftes in sy Woord neem. Wat belowe God vir my in sy Woord? God belowe dat Hy niemand sal wegwys wat in opregtheid na Hom kom en mooi vra dat die Heilige Gees in hom sal werk nie.
En neem kennis: Jesus het nog nooit ophou bid soos wat Hy in Johannes 17 bid nie. Hy is steeds lewend en aktief vandag besig om te bid en deur die Gees te werk dat meer en meer mense die ewige lewe ontvang. God se koninkrykswerk gaan steeds elke dag voort deurdat verlore sondaars tot bekering kom, en dan “die enigste ware God, en Jesus Christus” ken (vers 3) en al hoe beter leer ken. En dit is die ewige lewe wat reeds begin het vir elkeen wat glo in Jesus.
Jesus bid vandag vir jou.
Jesus bid vandag dat jy God sal ken.
Jesus gee graag vandag vir jou die ewige lewe!

Wednesday, May 9, 2012
Oordenking 13 Mei 2012
Oordenking 13 Mei 2012
Gebedsverhoring
“As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?” (Matteus 7:11)
Elke gelowige kind van die Here kan moontlik vertel van gebede wat nie verhoor is nie. Hoeveel van ons het nie al met die grootste erns en opregtheid vir ‘n verdienstelike saak gebid, en dan geen duidelik antwoord of verhoring van daardie gebed gekry nie.
Laat ons dit saam lees met Jakobus 4:3: “As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.” Hieruit is dit vir my duidelik dat die inhoud van ons gebede, bepaal die uitkoms daarvan. Waarvoor bid ek die graagste en die maklikste – gewoonlik my eie persoonlike behoeftes en begeertes. Tog is dit belangrik om te besef dat gebed is nie primêr bedoel om met groot versoeke of lang lyste van versoeke, by die Here hulp te soek nie. Gebed is hoofsaaklik daardie intieme kontak met God waarin ek my verwondering oor en aan Hom verwoord. Aansluitend daarby, gee gebed my die geleentheid om vir die Here dankie te sê, dankie vir onverdiende genadige verlossing en die hele pakkie wat daarmee saam gaan.
Met aanbiddende en bedankende gebed as fondament van ‘n gebedslewe in intieme kontak met Hom, groei my versoeke in my gebede al hoe meer in lyn met sy wil en sy koninkryk. Hoe beter en intiemer ek met God saam leef, hoe beter is die harmonie tussen my gebedslewe en ‘n Geesvervulde lewe. God se Gees neem my hele bestaan so oor, dat ek al beter lewe en daarom al hoe beter bid, volgens sy wil. Sake van sy koninkryk soos my eie Geesvervulde lewe, ander se redding, die uitbou en opbou van sy koningsgebied, en sy verheerliking, word al hoe meer die inhoud van my gebede.
En waar sy Saak (en Hy) al hoe belangriker word vir my, en my eie saak al hoe minder belangrik raak, bid ek al hoe meer volgens sy wil en word my gebede verhoor. Gebedsverhoring het direk te doen met jou eie geestelike groei. Anders gestel, hoe meer jy groei in wie God in jou lewe is, bid sy Gees in jou. En waar Godsgees bid, is Hy besig om te werk, en bid en werk Hy soos wat Hy die beste weet.

Wednesday, May 2, 2012
Oordenking 6 Mei 2012
Oordenking 6 Mei 2012
Gebed is ook dankie
“Sing vir die Here ‘n danklied ...” (Psalm 147:7a)
Waarvoor kan ons alles dankie-bid of dankie-sing volgens Psalm 147:
Dankie dat ons tot lof van God kan sing;
Dankie dat dit lekker is om die loflied te sing wat Hom toekom;
Dankie dat die Here opbou wat stukkend is;
Dankie dat Hy die afgedwaaldes weer terugbring;
Dankie dat Hy stukkende harte gesond maak;
Dankie dat Hy wonde genees;
Dankie dat Hy weet hoeveel sterre daar is en waar elkeen is;
Dankie dat Hy groot en magtig is;
Dankie dat sy kennis onbeperk is;
Dankie dat Hy die hulpeloses weer laat opstaan;
Dankie dat Hy die goddeloses verneder;
Dankie vir wolke wat Hy gee vir koelte;
Dankie vir die reën wat Hy op die aarde laat val;
Dankie vir die gras wat Hy laat groei op die berge;
Dankie dat Hy weiding gee aan die diere;
Dankie dat Hy vir al die voëls kos gee;
Dankie dat Hy sterker is as die krag wat ‘n perd het;
Dankie dat Hy sterker as ‘n frisgeboude soldaat is;
Dankie dat dit vir die Here belangrik is dat ons Hom dien;
Dankie dat dit vir Hom belangrik is dat ons ons hoop op Hom plaas;
Dankie dat Hy ons beskerm van aanvalle van buite;
Dankie dat Hy elkeen wat by Hom skuiling soek, seën;
Dankie dat Hy vrede gee waar ons woon;
Dankie dat Hy sorg dat ons nie honger ly nie;
Dankie dat Hy enige opdrag kan gee en dit dan vinnig kan laat gebeur;
Dankie dat Hy die natuurelemente en die weer beheer;
Dankie dat Hy sy wil en woord bekend maak aan sy volgelinge;
Dankie dat die Here is Wie Hy is!

Subscribe to:
Comments (Atom)