Oordenking 16 September 2012
Stop 6: Oorwin die bose
“Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense.” (Romeine 12:17)
‘n “Nuwe jy” beteken ‘n nuwe lewenswyse. ‘n Lewenswyse wat volg op die ontdekking van die groot ontferming van God. Ja, God wat jou só lief het dat Hy vir jou laat glo in Jesus se redding. Nou vul die Heilige Gees jou voorheen nuttelose bestaan (onthou ‘n handskoen sonder ‘n hand in, is nutteloos), jy leer daagliks hoe om meer en meer jou lewe oor te gee as ‘n aanneemlike offer vir God, jy dink al hoe meer op ‘n nuwe manier oor jou lewe, maar ook oor ander se lewens. Jy word God se liefde ...
Maar ons word daagliks gekonfronteer met veral twee probleme, naamlik een: die wêreld waarin ons is, is vol boosheid; en twee: ons as gelowiges voer ‘n stryd met die sonde in ons.
Ten opsigte van die probleem met die boosheid: ons vyand, die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu (1 Petrus 5:8) en hy is die oorsprong van alle boosheid. Tog leer ons in die Bybel dat “die bose magte ontwapen” is (Kolossense 2:15) en veral in Openbaring leer ons van die beperkte invloed van die bose. Hoekom? Want vir elkeen van ons wat in Jesus glo, vul die Heilige Gees ons en is daar GEEN plek vir die duiwel of sy werk in ons lewe nie. Jesus het die Satan vir altyd verslaan met sy sterwe aan die kruis, en ons as gelowiges het volledig deel aan daardie oorwinning oor Satan. Hiermee is die Satan, die duiwel en alle boosheid vir ons verledetyd!
Ten opsigte van probleem twee met die sonde in ons: elkeen van ons wat glo, is nog nie volmaak en sonder sonde nie. Maar met die oopmaak van ons hele lewe vir die genadige werk van Gods Gees, word ons vergewe en kom skryf Hy sy wil op ons harte (Romeine 8:26-27). Sonde word minder lekker en dit word lekkerder om liewer goeie dinge in die plek daarvan te doen – die Gees help ons swak gees presies daarmee. Hierdie is ‘n wesentlike deel van die pad van vernuwing wat ons saam met ons Here en saam met mekaar loop.
Die resultaat van God se vernuwende werk in ons as sy gelowige kinders is ‘n nuwe lewenswyse: vol seën vir ander; liefde vir ander; respek vir mekaar; vol blydskap; sonder klagtes oor swaarkry; met gedurige bid; sonder baklei; sonder wraak; praktiese hulp aan alle vorme van nood; ens.
Geniet jou reis op Roete 12, die reis na geestelike vernuwing, tot ons as mede-pelgrims in God se volmaakte heerlikheid is!
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Thursday, September 13, 2012
Wednesday, September 5, 2012
Oordenking 9 September 2012
Oordenking 9 September 2012
Roete 12: STOP 5 Gemeenskap: `n Nuwe lewe voor die Here
“Die liefde moet opreg wees ...” (Romeine 12:9a)
Is ons nie maar almal bang dat ons nie aan God se standaarde voldoen nie? Ons het so gewoond geraak daaraan om te bid, kerk toe te gaan en miskien Bybel te lees, om daardeur te probeer om God tevrede te stel. Die probleem is dat hierdie verdienstelike pogings van ons kant af, dikwels vir ons verward en twyfelagtig laat.
Die groot deurbraak kom vir ons, wanneer ons ontdek wie ons eintlik in God se oë is, hoe sien Hy vir ons en wat verwag Hy regtig van ons. Ons is besig om in Romeine 12 te ontdek hoe die “nuwe jy” se daaglikse lewe kan lyk, en Paulus beskryf vir ons hoe God na ons kyk, hoe ons vir Hom lyk omdat Hy ons verander:
• Alle maskers en beste voetjie voorsit, is verby: dis die ware jy wat Hy sien;
• Hy wil sy koninkryk bou met liefde: Hy is liefde in jou;
• Hy gee sy hoogste prys, sodat jy sy allerbeste kan wees vir die Allerhoogste;
• Hy is 100% tevrede met elkeen wat in Christus vernuwe word: Hy leef in elke nuwe jy;
• Jou verhouding met Hom kan nie aan- en afgeskakel word nie: jy ís in Hom en Hy in jou, ALTYD!
• Jy het nie `n plaasvervanger nie: leef jou plek vol in God se plan met jou;
• Wees saam met elke ander een, saam met Hom, in sy span, ja, ons is een familie.
Binne die dimensie waarin God onkeerbaar besig is sy hemelse plan uit te voer, het Hy vir my en jou gekies om elkeen ons plek in sy plan vol te staan. Hy gebruik die beste instrumente en die beste metodes en die beste tydsberekenig – ja, Hy gebruik vir ons 100% effektief presies volgens sy ontwerp en tydraamwerk.
Wat kan ons van Hom in ons verwag?
• Selflose en spontane doen en gee in die lewens van diegene wat in nood is;
• ‘n vriendelike leefruimte waarin almal welkom is;
• moeiteloos en deeglik word ander gehelp;
• bewustelike en onbewustelike ervaring van ‘n Jesus-leefwyse;
• elke sekonde, elke dag, elke jaar leef ons saam as een gelukkige hemelse huisgesin; en
• met ‘n positiewe en realistiese uitsien na vandag en more.
Welkom in ons Here se nuwe wêreld!

Wednesday, August 29, 2012
Oordenking 2 September 2012
Oordenking 2 September 2012
Ontdek jou ware self tussen ander
“Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie.” (Johannes 6:63a)
Jy is ‘n voortreflike kind van die Here! Dit is die grootste ontdekking wat enige kind van die Here kan maak! Hoekom? God verander jou, Hy maak jou nuut, Hy maak jou lewend. Begryp dit nou vir eens en vir altyd: JY KAN NIE SELF GEESTELIK VERANDER NIE!
Ontmoet vandag: “DIE NUWE JY!”
Hoe lyk jy?
• Jy is nie beter as ander kinders van die Here nie;
• Jy is nederig oor die vernuwing in jou;
• Jy aanvaar dat jy is wat God van jou maak;
• Jy het ‘n unieke persoonlikheid met unieke gawes in God se span;
• Jy het die guns van Hom ontvang om te doen wat Hy deur jou wil doen;
• Jy gee jou samewerking met die ander begenadigdes wat Hom dien; en
• Jy geniet wie jy is in God se oë.
Waarheen is God met jou en my oppad met sy vernuwing in ons?
• God Drie-enig kom lewe met sy lewensasem in ons;
• Ons word sy oë in hierdie wêreld;
• Ons hoor sy innerlike stem;
• Ons raak met sy hande aan die nood om ons;
• Ons loop met sy voete na die verlorenes;
• Ons word sy stem wat liedevol tereg wys en bemoedig; en
• Ons leef sy liefde, want Hy is liefde!
Wat kan jy verwag van “DIE NUWE JY”?
• Jy voel minder tuis in hierdie sondige wêreld;
• Jy maak nuwe “nuwe jy”-vriende;
• Jou lewe draai rondom ander, in plaas daarvan dat alles net om jou en jou dinge gaan;
• Jy spandeer jou tyd op God se dinge en op sy manier;
• Jou verhoudings met ander kry nuwe betekenis;
• Jou hele “JY” en al jou besittings, behoort nou alles aan die Here; en
• Jy is verbaas en verheug oor alles wat God deur jou vermag!
Wees dus voorbereid op ‘n geestelike avontuur waarop God jou gaan neem!

Wednesday, August 22, 2012
Oordenking 26 Augustus 2012
Oordenking 26 Augustus 2012
Roete 12: STOP 3: Laat God jou verander!
“... laat God julle verander...” (uit Romeine 12:2).
ἀνακαινώσει “to cause something to become new and different, with the implication of becoming superior”(Greek-English Lexicon, Louw & Nida). So word hierdie Goddelike verandering in Grieks omskryf waarvan ons lees in Romeine 12.
“Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.” (Efesiërs 4:23-24) “... en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.” (Kolossense 3:10)
God verander, nee, vervang ou mense met nuwe mense. En waar Hy dit doen, doen Hy dit so volledig dat hierdie nuwe mense “superior” word – dit is sigbaar uitstaan bo mense wat nie hulleself oorgee as lewende en heilige offers nie.
Hoe doen Hy dit? Op sy eie unieke manier in elke individuele uitverkorene. Hy werk nie met resepte wat Hy uitdeel om slaafs stap vir stap nagedoen te word nie. Dit sou neerkom op ‘n wettiese menslike poging tot vernuwing – hiervan is ons as gelowiges juis vrygemaak. Nee, Hy kom deur die transformerende en innige Geesvervulde werking en maak sy eie kinders innerlik nuut.
INNERLIK ja, jou eie menslike gees en jou gedagtes word herskep deur die Herskepper! Die veranderde en nuwe mens lyk binnekant anders: jy dink anders oor hierdie lewe, jy voel al hoe meer ontuis in hierdie tydelike wêreld, jy kyk met nuwe oë na die mense om jou, jy luister fyner na God se stem (in sy Woord), jy ervaar God duideliker en meer gereeld in jou lewe, jou prioriteite in besig om meer in lyn te kom met God se wil ... (en net God weet presies wat Hy in jou verander)!
Wat kan ek doen sodat God my verander?
• Dalk eers so min as moontlik, bedoelende dat ek van nature selfsugtig en vernietigend is in my doen en late. Ek kies baie makliker om “aan hierdie sondige wêreld gelyk te word” (Romeine 12:2a).
• Ek huiwer om te sê wat om dan wel te doen, want dit kan soos ‘n plig of soos ‘n resep verstaan word. Maar dit is eintlik eerder geleentheid wat ek vir God gee om my te verander: loop saam verder op Roete 12; wees ingestel op moontlike Gees-vervulde gewaarwordinge in jou daaglikse doen en late; maak tyd om alleen met die Here te wees ... wees net oop vir Hom!

Thursday, August 16, 2012
Oordenking 19 Augustus 2012
Oordenking 19 Augustus 2012
Roete 12: STOP 2: Hoe om vir God te gee wat Hy soek
“En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesentlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.” (Romeine 12:1).
Die verstommende genade van God, die verbasende goedheid van Hom, die onverdiende guns wat Hy aan ons bewys, “the amazing grace of God” – alles pogings om die groot ontferming van God te probeer beskryf, al weet ons, ons woorde kan dit nie volledig beskrywe nie. Sonder dat ons by was om te vra, baie lank gelede, is die grootste weldaad in die mens se geskiedenis, aan ons gedoen toe Jesus Christus in liefde die volledige straf vir ons onberekenbare baie sonde gedra met sy kruisdood.
En as deel van God se ewige volmaakte plan vir elkeen van ons, ontvang elke uitverkorene wat glo die hemelse rykdom van God. Die omvang en die waarde van hierdie God-gegewe rykdom is onberekenbaar tydens ons aardse reis. Tog is die besit van hierdie rykdom gewaarborg op grond van wie Jesus as Middelaar en Heelmaker is – Hy bevestig die besitreg in ons deur sy Gees. Op hierdie stadium van ons geloofsreis verstaan ons hierdie rykdom wat ons besit in menslike woorde soos liefde, vrede, goedheid, mededeelsaamheid, selfloosheid, blydskap, ens.
Maar die sonde in elkeen van ons, kom staan in die pad van hierdie vernuwende werk van die Heilige Gees. En dit is nie net klein klippies wat ons self in die pad pak sodat ons nie kan vorder op die reis na vernuwing nie. Ons bou sommer self 50 meter hoë betonmure wat 10 meter dik is, waaroor ons nie kan klim nie, en nog minder ‘n gat deur kan kap. Dit is moeilik om vir ander te besluit wat hierdie mure is wat in die pad staan van God se werk in ons. En as ek voorbeelde noem, sal dit baie kan verskil van gelowige sondaar tot sondaar. Om aan die sluit by bogenoemde teksvers, ons moet die dooie en onheilige goed deur God laat verwyder.
Voorbeelde kan wees: my beroep om soveel as moontlik geld te maak, my sport om soveel as moontlik plesier te kan hê, my seksuele fantasieë wat ek vertoetel vir eie genot, my selfvernietigende strewe na roem, ens. Ons kan dit baie name gee, dit is afgode wat in die pad staan van God se werk in my. En ek het ‘n keuse, ‘n eie vrywilligheid waar ek self besluit hoeveel energie ek insit om hierdie mure in die pad te bou.
Waarop kom hierdie selfprysgawe ter wille van “lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is”, neer? Ek moet my prioriteitslysie in my lewe herskryf! My reaksie op die groot ontferming van God, is nie om sterretjies in die hemel te verdien nie. Ek neem self die besluit dat God my lewe kan verander om te wees soos Hy dit wil hê.

Wednesday, August 8, 2012
Oordenking 12 Augustus 2012
Oordenking 12 Augustus 2012
Hoe om vandag jou Bybel te lees
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer ...” (2 Timoteus 3:16a)
Hoe om vandag jou Bybel te lees, is een van die wonderlikste geleenthede vir ons as gelowiges. Maar dan is dit belangrik hoe ek dit doen. Hoe verstaan ek die Bybel en hoe weet ek dat ek dit reg verstaan. Die ingewikkelste hiervan is dat daar nie net een korrekte manier is om die Bybel te verstaan nie. Hier is ‘n paar uitgangspunte oor die Bybel wat bepaal hoe ek vandag die Bybel lees:
• Die Bybel is nie ‘n volmaakte boek wat uit die hemel geval het nie.
• Dit is deur gewone mense soos ek en jy geskrywe onder baie spesifieke omstandighede – baie lank gelede.
• God het hierdie sondaarmense gebruik dat hulle menslike woorde goddelike woorde word.
• Die skrywers het nie geweet dat hulle besig is om ‘n Bybel vir alle tye te skryf nie.
• Die Gees van God help my om te glo dat hierdie menslike woorde Woord van God vir my is.
• Verskillende skrywers het verskillende boeke in ‘n verskeidenheid van literatuursoorte geskrywe.
• Byvoorbeeld: geen Bybelskrywer was teenwoordig by die skepping nie – daarom behoort die skeppingsverhale anders gelees te word as die Boek Handelinge.
• Tog praat God met sy kinders deur die Woord sonder dat ons presies weet waar elke deel van die Bybel vandaan kom.
• Die Bybel vertel vir my dat Jesus Christus die weg en die waarheid en die lewe is – ek glo dit!
• My geloof is gebou op kernwaarhede in die Bybel, naamlik Jesus se geboorte, kruisiging en opstanding.
• Die Here kan ons lei om die Bybel in ons tyd anders te verstaan as voorheen. Voorbeelde is slawerny, vroue op die preekstoel, apartheid, homoseksualiteit.
• Soos wat God se verhouding met die destydse Bybelskrywers en hulle omstandighede, ‘n rol gespeel het in wat hulle geskrywe het, net so speel God se verhouding met vandag se lesers en hulle omstandighede ‘n rol in die verstaan van die Bybel.
• Daar is baie onbeantwoorde vrae van gelowiges waarop die Bybel nie antwoorde het nie. En net soos daar baie vrae oor God is, is daar baie vrae oor sy Woord. Dit is só, en só sal dit bly, aanvaar dit.
Lekker Bybellees, lekker lees oor God, dit is sý Woord vandág aan jóú!

Wednesday, August 1, 2012
Oordenking 5 Augustus 2012
Oordenking 5 Augustus 2012
Roete 12: STOP 1: Ken jy die groot ontferming van God?
“En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God ...” (Romeine 12:1a). “God is vír ons ...” (Romeine 8:31b)
Elkeen van ons wil weet dat daar ander mense is wat van ons hou. Maar die belangrikste vraag van jou lewe is: hou God van my? Hy is die invloedrykste Persoon in die heelal. Hoe God oor jou voel, bepaal jou totale lewenskwaliteit én jou ewige lewe.
Maar hier is die goeie nuus: “God is vír ons...” Jy hoef nie te twyfel nie. Jy hoef nie te wonder nie. Paulus gee die redes hoekom ons kan weet dat God vir ons is?
Hy het sy eie Seun nie gespaar nie...
Hy skenk uit genade ons al die ander dinge...
God self spreek ons vry...
Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit, Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.
Die boek van Romeine spel in detail uit wat God alles VIR ONS is: die wese van vryspraak (hfst. 3); die oorwinning oor sonde (hfst. 6); die werk van die Gees (hfst. 8); die krag van die uitverkiesing (hfst. 9-11).
Paulus weet dat daar slegte gebeurtenisse is, wat ons laat twyfel (Rom. 8:35 “... lyding,benoudheid, vervolging, honger, naaktheid, gevaar, swaard”). Maar ek hoef nooit te twyfel aan die groot ontferming van God nie, want NIKS “... kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” (Rom.8:38 en :39)
Verstaan jy die groot ontferming van God? Gryp dit jou, roer dit jou, laat dit jou ‘n triomflied sing? Of het jy al gewoond geraak aan hierdie wonderlike wete?
Hierdie reeks gaan slegs sin vir jou hê, as jy dit eers snap. Wil jy nie vandag eers stil word en daardie wete diep in jou hart kom toe-eien nie? En as jy dit nog nooit beleef het nie – dink jy nie vandag is juis die dag waarop die Here jou roep om dit jou eie te maak nie?
Kom!
Neem Hom aan!
Hy roep jóú.
Maak die invloedrykste Persoon in die heelal deel van jou lewe.
God hou van jou!
Hy wil die beste vir jou gee.
Kom loop Roete 12 saam met Hom!

Subscribe to:
Comments (Atom)