Oordenking 28 Oktober 2012
Besit jy of word jy besit
“Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” (Matteus 6:21)
Met die armoede wat nou tot op ons voorstoep kom, is dit nodig dat ons reguit met mekaar praat oor geld en besittings. Alle aanduidings is dat die gaping tussen ryk en arm net groter gaan word in die toekoms. En dan is die miljoen-rand-vraag: hoe hanteer ons as gelowiges ons geldsake?
Jesus praat in die bergrede in Matteus 5 tot 7 oor verskillende praktiese sake vir ons as Christene, ook oor geld en besittings. Hiermee help Hy ons met sekere beginsels wat steeds van toepassing is: die geestelike is belangriker as die materiële; wat ons sien, is bepalend hoe besitlik ons lewe; ek kan nie vir God en geld tegelyk dien nie; en ons Vader in die hemel ís besig om baie mooi vir ons te sorg, hou op bekommer!
Hieruit kan ons tot die gevolgtrekking kom dat dit nie verkeerd is om genoeg besittings te hê om gemaklik en sonder bekommernis te lewe nie. Hierdie aarde met al sy skeppingsprag, is vir ons om te geniet en te waardeer as ‘n gawe van God. Indien ek as gelowige in staat is om mooi goed te maak of mooi goed te koop, is dit deel van ons skeppingsopdrag om te werk en te heers.
Tog is daar groot gevare in geld en besittings: sodra dit my lewe oorheers, sodra dit God se plek in my lewe bedreig, sodra dit my selfsugtig maak, sodra dit ten koste van ander mense is, sodra dit die balans in my lewe versteur, sodra dit my tot oneerlikheid dryf, sodra dit my gierig maak, sodra dit my onbetrokke by armoede maak ...
Die antwoord is geleë in balans en eenvoud, met die uitdruklike en sigbare houding dat alles wat ek besit, kom van my Here af. Hy gee vir my gawes, vermoëns en geleenthede waarmee ek hard werk om vir myself én vir ander te kan sorg. Ek ontdek die vreugde en voorreg van uitdeel en sorg vir ander. Met Gods Gees in my, is dit vir my lekkerder om te gee as om te ontvang. Om die waarheid te sê, ek is daarop ingestel om alles waarsonder ek kan klaarkom, te deel met diegene wat nie het nie. Daar ís mense wat nie kan help dat hulle arm is nie!
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Wednesday, October 24, 2012
Wednesday, October 10, 2012
Oordenking 14 Oktober 2012
Oordenking 14 Oktober 2012
God is nie die oorsaak van enige verkeerde nie
“Dit is vir God werklik onmoontlik om verkeerd te doen ...” (Job 34:12a)
Daar is so baie dinge in ons land wat ‘n groot gemors is: die natuur wat opgefoeter word deur mynbou, die geldmorsery deur die regering, die onveiligheid in ons eie huise, die patetiese swak onderwys, die lewensgevaarlike toestande op ons paaie, die onsekerheid wat die politieke leiers veroorsaak oor die toekoms – dit lyk net nie asof ons vorder nie!
Is dit alles deel van God se plan met ons in hierdie land? Ons as kerkmense en gelowiges probeer dan ons beste om ‘n goeie lewe te lei - dit voel net asof ons nie hierdie gemors verdien nie. Ons het hierdie land help opbou en nou lyk dit asof dinge weer tot op die grond afgebreek word. Dit voel vir ons asof God onregverdig is om al hierdie gemors toe te laat.
Job is ook tot die uiterste beproef: die vroom en opregte Job verloor al sy besittings, en al sy kinders sterf in ‘n storm; sy drie vriende wil hom oortuig dat sy swaarkry die straf op sy sonde is; Job hou vol dat hy nie hierdie teenspoed verdien nie; in sy worsteling ontdek Job weer God se skepping, sy almag en sy wysheid; uiteindelik word Job weer voorspoedig.
Maar Elihu verskyn ook op die toneel met ‘n ander argument oor swaarkry: dit is nie om ons te straf nie, maar swaarkry is om ons reg te help en op die regte pad te hou. Daar is verseker ‘n groot waarheid in Elihu se argument, maar hy het ook gedwaal deur te sê dat swaarkry altyd tot herstel en voorspoed lei (33:23-30), en dat daar altyd ‘n verband tussen swaarkry en sonde is (34:11).
Tog praat Elihu verseker die waarheid oor God: “Dit is vir God werklik onmoontlik om verkeerd te doen ...” Hy is nie die oorsaak van al die gemors in ons land nie. Ons en ander sondaarmense net soos elkeen van ons, is die oorsaak. Die swaarkry wat ons ervaar, is ons eie skuld en ook die skuld van die algemene boosheid in hierdie tydelike wêreld.
Swaarkry kan soms straf op sonde wees, maar nie noodwendig altyd nie. So is voorspoed ook nie altyd die beloning vir ‘n goeie lewe nie. Ons wat vir God se liefde gekies het, is nie gevrywaar van moeilikheid nie. Al kan ons nie altyd al die verkeerde dinge verstaan nie, kan dit ons help om God beter te ken.

Tuesday, October 2, 2012
Oordenking 7 Oktober 2012
Oordenking 7 Oktober 2012
Dit is teen sy sin dat ons swaarkry
“... want sy liefde is groot: dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.” (Klaagliedere 3:32c-33)
Daar is baie hartseer en swaarkry onder ons. Huwelike wat onder spanning is, spanning binne huisgesinne, gesondheidsprobleme in families, kinders en kleinkinders wat probleme het, hartseer rondom die verlies van geliefdes, werksomstandighede wat onseker is, onsekerheid by ons jongmense oor hul toekomsplanne ... en so kan die lysie aangaan met die swaarkry van ons tyd.
Wat is ons Here se rol in tye van swaarkry? Wat kan ons van Hom verwag? Hoekom voel dit soms in swaarkrytye asof Hy afwesig is?
Jeremia het dieselfde vrae gevra. In Klaagliedere 3 lees ons: “Ek is die man wat ellende belewe het.” (vers 1) “Al roep ek en al smeek ek om hulp, Hy weier om my gebed te verhoor.” (vers 8) “Ek word uitgelag deur my hele volk, hulle sing heeldag spotliedjies oor my.” (vers 14) “Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas.” (vers 19-20)
Die volk Israel was onder ellendige omstandighede toe Jerusalem en die tempel deur die Babiloniërs verwoes is. Die honger was so groot dat vrouens selfs hulle eie kinders geëet het (Klaagliedere 2:20). Baie mense is doodgemaak, die vroue is in die strate verkrag en die soldate het alles moontlik gedoen om die volk te verneder. Die tempel van God is vernietig en al die heilige toerusting is gebuit. Selfs die koning, die gesalfde van die Here, is doodgemaak.
Maar Jeremia gee nie vir ons hol antwoorde en leë beloftes dat alles skielik net weer sal goed gaan nie. “Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here...” (vers 25-26) “Laat hy in sy eensaamheid geduldig bly as God hom die las opgelê het, laat hy hom diep verootmoedig – miskien is daar hoop ...” (vers 28-29) “Die Here verstoot ‘n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor ‘n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer ...” (vers 31-32)
Bly dus aan God vashou, hou aan om met Hom te praat in en oor jou swaarkry, wag geduldig dat Hy help op sy manier, want Hy ís getrou, Hy kán help, Hy wíl help, Hy sál uiteindelik help! Hoekom? Want Hy ís God! Dit teen sy sin dat ons swaarkry.

Wednesday, September 26, 2012
Oordenking 30 September 2012
Oordenking 30 September 2012
Ons elkeen is die kerk
“Dit is tog duidelik dat julle ‘n brief van Christus is ... geskrywe ... met die Gees van die lewende God...” (2 Korintiërs 3:3)
Ons kan onsself voorberei vir opwindende nuwe tye met groot uitdagings in die toekoms. En as ek van “ons” praat, dan bedoel ek elke gelowige kind van die Here. Op hierdie pad van totaal nuwe dinge wat daar in ons huidige wêreld op ons wag, gaan ons mekaar as gelowiges baie nodig hê. En die kerk as versameling van kinders van die Here, wil vir ons ‘n geleentheid bied om saam hierdie nuwe uitdagings te hanteer. Maar dan moet ons mooi verstaan wie of wat die kerk is.
Die kerk is nie die gebou nie. Om die waarheid te sê, dit lyk asof die kerkgeboue soos ons dit vandag het, heeltemal anders gaan lyk in die toekoms – dit sal eerder plekke wees wat al sewe dae van die week ‘n funksie het vir die gemeenskap waarin dit is. Die kerk is ook nie die sinode of kerklike vergaderings nie. Nee, outokratiese leierskap in die kerk is klaar besig om plek te maak vir ‘n dienende leierskap – soos wat Jesus vir ons die voorbeeld kom stel het. Die kerk is ook nie al die mense wie se name op die lidmaatregisters aangeteken is nie – die nuwe geslag jongmense steur hulle reeds nie hieraan nie. Die kerk is ook nie al die mense wat hulleself as Christene laat aanteken as daar ‘n sensus gedoen word nie – die meerderheid van hierdie “sensus-Christene” kom nie meer naby aan ‘n kerk nie, selfs nie eers vir hulle begrafnis nie.
Ons elkeen is die kerk. Ons elkeen wat God leer ken, wat glo dat Jesus ons enigste Verlosser is, en wat op Hom vertrou vir die lewe nou én hierna. Soos Paulus in ons teks sê, ons is briewe wat deur die Gees geskrywe is. Briewe wat ander kan lees en deur ons kan ontdek wie God is. Ons Here neem verantwoordelikheid om só deur sy Gees in en deur ons te werk, dat ander wat Hom nie ken nie, Hom in en deur ons kan ken én dan in Hom glo. Hiervoor het Hy sy Gees in ons gegee wat lewend maak, sodat die dooie wet nuwe betekenis vir ons kry. Hy kom skryf sy wet op ons harte sodat ons al hoe meer leef soos Jesus geleef het.
Ons is God se woonplek op aarde – Hy woon deur sy Gees in ons. Ons is besig om sy hande en voete te wees in ‘n stukkende en verlore wêreld. Ons word Jesus se liefde in elke situasie waarin Hy ons nodig het.

Wednesday, September 19, 2012
Oordenking 23 September 2012
Oordenking 23 September 2012
God sal altyd wees wie Hy is!
“Ook hierná is Ek nog God.” (Jesaja 43:13a)
Onseker tye en moeilike omstandighede gee vir ons die geleentheid om God beter te ken. Die onsekerheid in die politiek, die slegte ekonomiese klimaat en/of jou eie persoonlike stryd, laat elkeen van ons weerloos en broos en uitgelewer aan ons omstandighede ...OF!!!
Ja, OF ons ontdek weer, OF vir ‘n eerste keer, wie God is.
In Jesaja 43 beleef die volk Israel onseker tye tydens die ballingskap – die sterkstes onder die volk is weggevoer uit hulle eie land na ‘n vreemde land, Babel. Hulle is verswak omdat hulle verdeel en versprei het, hulle het hulle kosbare “beloofde land” verloor. Nuwe reëls geld en daar is ander vreemde leiers, ook hulle godsdiens word bedreig. En juis nou praat die profeet Jesaja met die weggevoerdes oor wie God is ... en Hy is nog dieselfde God!
Hy is steeds ...
• die Een wat jou geskep het;
• wat jou verlos;
• jy is Syne;
• Hy is by jou tydens enige moeilikheid;
• jy is so kosbaar vir Hom, dat Hy enige iets sal doen of gee ter wille van jou behoud;
• Hy sorg steeds vir jou kinders en elke volgende geslag;
• selfs die goddeloses sal sien wie Hy is en wat Hy doen;
• Hy het geen gelyke onder die gode nie;
• net Hy is God;
• niemand of niks het meer mag as Hy nie;
• niks of niemand kan sy werk ongedaan maak nie;
• Hy het jou uitverkies, sodat ...
... ons Hom kan ken, in Hom kan glo en kan besef dat Hy die Here is!
Kry Hom aan jou kant, wees aan sy kant en bly aan sy kant ... want Hy is steeds Wie Hy is!
Doom Charl
NS Hy is die heel beste Afrigter van heel beste span!

Thursday, September 13, 2012
Oordenking 16 September 2012
Oordenking 16 September 2012
Stop 6: Oorwin die bose
“Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense.” (Romeine 12:17)
‘n “Nuwe jy” beteken ‘n nuwe lewenswyse. ‘n Lewenswyse wat volg op die ontdekking van die groot ontferming van God. Ja, God wat jou só lief het dat Hy vir jou laat glo in Jesus se redding. Nou vul die Heilige Gees jou voorheen nuttelose bestaan (onthou ‘n handskoen sonder ‘n hand in, is nutteloos), jy leer daagliks hoe om meer en meer jou lewe oor te gee as ‘n aanneemlike offer vir God, jy dink al hoe meer op ‘n nuwe manier oor jou lewe, maar ook oor ander se lewens. Jy word God se liefde ...
Maar ons word daagliks gekonfronteer met veral twee probleme, naamlik een: die wêreld waarin ons is, is vol boosheid; en twee: ons as gelowiges voer ‘n stryd met die sonde in ons.
Ten opsigte van die probleem met die boosheid: ons vyand, die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu (1 Petrus 5:8) en hy is die oorsprong van alle boosheid. Tog leer ons in die Bybel dat “die bose magte ontwapen” is (Kolossense 2:15) en veral in Openbaring leer ons van die beperkte invloed van die bose. Hoekom? Want vir elkeen van ons wat in Jesus glo, vul die Heilige Gees ons en is daar GEEN plek vir die duiwel of sy werk in ons lewe nie. Jesus het die Satan vir altyd verslaan met sy sterwe aan die kruis, en ons as gelowiges het volledig deel aan daardie oorwinning oor Satan. Hiermee is die Satan, die duiwel en alle boosheid vir ons verledetyd!
Ten opsigte van probleem twee met die sonde in ons: elkeen van ons wat glo, is nog nie volmaak en sonder sonde nie. Maar met die oopmaak van ons hele lewe vir die genadige werk van Gods Gees, word ons vergewe en kom skryf Hy sy wil op ons harte (Romeine 8:26-27). Sonde word minder lekker en dit word lekkerder om liewer goeie dinge in die plek daarvan te doen – die Gees help ons swak gees presies daarmee. Hierdie is ‘n wesentlike deel van die pad van vernuwing wat ons saam met ons Here en saam met mekaar loop.
Die resultaat van God se vernuwende werk in ons as sy gelowige kinders is ‘n nuwe lewenswyse: vol seën vir ander; liefde vir ander; respek vir mekaar; vol blydskap; sonder klagtes oor swaarkry; met gedurige bid; sonder baklei; sonder wraak; praktiese hulp aan alle vorme van nood; ens.
Geniet jou reis op Roete 12, die reis na geestelike vernuwing, tot ons as mede-pelgrims in God se volmaakte heerlikheid is!

Wednesday, September 5, 2012
Oordenking 9 September 2012
Oordenking 9 September 2012
Roete 12: STOP 5 Gemeenskap: `n Nuwe lewe voor die Here
“Die liefde moet opreg wees ...” (Romeine 12:9a)
Is ons nie maar almal bang dat ons nie aan God se standaarde voldoen nie? Ons het so gewoond geraak daaraan om te bid, kerk toe te gaan en miskien Bybel te lees, om daardeur te probeer om God tevrede te stel. Die probleem is dat hierdie verdienstelike pogings van ons kant af, dikwels vir ons verward en twyfelagtig laat.
Die groot deurbraak kom vir ons, wanneer ons ontdek wie ons eintlik in God se oë is, hoe sien Hy vir ons en wat verwag Hy regtig van ons. Ons is besig om in Romeine 12 te ontdek hoe die “nuwe jy” se daaglikse lewe kan lyk, en Paulus beskryf vir ons hoe God na ons kyk, hoe ons vir Hom lyk omdat Hy ons verander:
• Alle maskers en beste voetjie voorsit, is verby: dis die ware jy wat Hy sien;
• Hy wil sy koninkryk bou met liefde: Hy is liefde in jou;
• Hy gee sy hoogste prys, sodat jy sy allerbeste kan wees vir die Allerhoogste;
• Hy is 100% tevrede met elkeen wat in Christus vernuwe word: Hy leef in elke nuwe jy;
• Jou verhouding met Hom kan nie aan- en afgeskakel word nie: jy ís in Hom en Hy in jou, ALTYD!
• Jy het nie `n plaasvervanger nie: leef jou plek vol in God se plan met jou;
• Wees saam met elke ander een, saam met Hom, in sy span, ja, ons is een familie.
Binne die dimensie waarin God onkeerbaar besig is sy hemelse plan uit te voer, het Hy vir my en jou gekies om elkeen ons plek in sy plan vol te staan. Hy gebruik die beste instrumente en die beste metodes en die beste tydsberekenig – ja, Hy gebruik vir ons 100% effektief presies volgens sy ontwerp en tydraamwerk.
Wat kan ons van Hom in ons verwag?
• Selflose en spontane doen en gee in die lewens van diegene wat in nood is;
• ‘n vriendelike leefruimte waarin almal welkom is;
• moeiteloos en deeglik word ander gehelp;
• bewustelike en onbewustelike ervaring van ‘n Jesus-leefwyse;
• elke sekonde, elke dag, elke jaar leef ons saam as een gelukkige hemelse huisgesin; en
• met ‘n positiewe en realistiese uitsien na vandag en more.
Welkom in ons Here se nuwe wêreld!

Subscribe to:
Comments (Atom)