Oordenking 24 Februarie 2013
In Jesus-mense wórd gedoen
“Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is.” (Hebreërs 13:21b)
Uiteindelik kom ons by Jesus-mense se doen-lysie. MAAR dit is ‘n heel anderste doen-lysie as wat ons oor die algemeen dink. Ons doen-lysie is eintlik altyd God se doen-lysie. Hy is met en in ons besig om te doen. Natuurlik is daar dinge wat ons kan doen, sodat Hy makliker en meer in ons kan doen. Maar eers wil ons verstaan waarmee is Hy steeds en reeds in ons besig. Kom ek verduidelik:
Hy het al baie lank terug, ja, reeds by die skepping met ons en in ons begin doen: Hy het ons sy verteenwoordigers na sy beeld gemaak. Reeds daar het Hy volledig en volmaak gedoen, daar is nie fout met wat Hy gedoen het nie. Ons is ongelukkig geneig om sy goeie werk op te voeter. Maar daarvoor het Hy ook ‘n plan: met ons Jesus se bloed word ‘n ewige ooreenkoms met ons aangegaan en is Hy uit die dood teruggebring – die twee grootste doen-dinge van God vir ons. En net om dubbel seker te maak, doen Hy deur die Gees wat ons die nodigste het: Hy word die lewe in ons! En die lewe wat Hy gee, het direk te doen met alles wat Hy nodig vind om in alle tye in ons as Jesus-mense te doen.
So word die Gees se doen-dinge in ons, stadig maar seker, ons doen-lysie:
• om te glo in die enigste ware lewende God;
• om met God-liefde te leef in verskillende verhoudings;
• om sy Stem te hoor in sy Woord op so ‘n manier dat dit ons manier van lewe beïnvloed;
• om so van sy teenwoordigheid in ons bewus te wees, dat ons geen vrees vir Hom het nie;
• om sy wil te ken en te doen verskaf ons groot blydskap én vryheid;
• om aangenaam, aanneemlik, aanvaarbaar vir ander en almal te wees; en
• om met verlange uit te sien na en saam te doen aan die voltooiing van sy werk in ons.
Ja, ja, ek weet, die Gees kan hierdie doen-dinge net in my doen wanneer ek in gebed met Hom kontak hou, en/of wanneer ek my Bybel lees, en/of wanneer ek saam met ander gelowiges Hom aanbid, en/of wanneer ek na die Skepper oplet in die natuur, en/of wanneer ek aan Hom uitgelewer voel in ‘n krisis, en/of wanneer ookal. Maar nie een hiervan is plig, of las, of my bydrae, of deur my opoffering nie. God se Gees doen in en deur my, eintlik ten spyte van my.
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Wednesday, February 20, 2013
Wednesday, February 13, 2013
Oordenking 17 Februarie 2013
Oordenking 17 Februarie 2013
Jesus-mense weet net Hy kán (PUNT)
“... sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.” (1 Johannes 5:13)
In die beginjare na my bekering, het ek dikwels gehoor van geloofsekerheid. Daardie tyd het ek verstaan dat my geloof in die Here Jesus sal groei en dat ek met verloop van tyd al hoe meer sekerheid sal hê oor my verlossing. Maar toe gebeur daar iets baie vreemd (volgens my): ek twyfel met tye erg, en die dinge wat sekerheid moet gee, bring eerder onsekerheid. Dit is dinge soos dat ek sukkel om sekere sondes te laat staan. Dit is dinge soos dat ek getroue kerkmense wil vertrou as ek swaarkry, en dan tot my teleurstelling ontdek, ek kan selfs op hulle nie staat maak nie. Ek het al hoe meer gesukkel met geloofsekerheid, veral omdat materiële dinge steeds vir my belangriker is as geestelike dinge.
Maar genadiglik het ek aanhou soek na antwoorde, ek wou al hoe beter verstaan wat dit is om ‘n kind van die Here te wees, ek wil God beter ken en dan ook beter dien. In my soeke het ek wyd gelees, met baie gepraat en verskriklik baie gedink (of eerder geworstel). En groot was my verbasing: ek het al hoe meer ontdek dat die vrae is meer as die antwoorde; ek sal altyd in myself en in ander as kinders van die Here teleurgesteld wees; God sal ek nooit volledig kan ken nie; en Hy is nie afhanklik daarvan dat ek Hom beter dien nie!
En baie geleidelik het my fokus begin verskuif: al hoe weg van myself en al hoe meer gerig op Hom; minder van die dinge wat ek kan en meer van die dinge wat Hy kan; minder skuldig voel oor al my tekortkominge en al hoe meer beïndruk deur sy volmaaktheid; al hoe minder pogings om Hom te beïndruk en al hoe meer oorgawe dat Hy beheer neem; al hoe minder vasgevang in die materiële en al hoe meer oorgeneem deur die Gees; ens. ens.
Hoe gebeur dit? Net Hy kán dit laat gebeur. Net Hy kán my laat glo. Net Hy kán die eie-ek in my kruisig. Net Hy kán besluit om beheer te neem in my lewe. Net Hy kán van my sy kind maak. Net Hy kán my ‘n beter kind van Hom maak. Net Hy kán vir my ‘n doen-lysie laat doen om in Hom te groei. Net Hy kán my aan Hom gehoorsaam maak. Ens. Ens.
Net Hy kán ... PUNT

Wednesday, February 6, 2013
Oordenking 10 Februarie 2013
Oordenking 10 Februarie 2013
Jesus-mense is nie bang vir God nie
“Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld leef ons reeds deur die liefde net soos Jesus.” (1 Johannes 4:17)
Jesus-mense het reeds begin om die nuwe hemelse taal te praat, want volgens Johannes, het die hemel reeds begin die dag waarop Jesus-mense wedergebore is. Hierdie taal is God se taal, en God se taal is liefde, en liefde en God en Jesus-mense verstaan mekaar, hulle praat die nuwe hemelse taal. Die Herder se skape ken sy stem en volg Hom.
En wat is die inhoud van hierdie hemelse liefdestaal? Dat ons Here Jesus vir ons so ontsettend lief het, ja, Hy het ons eerste liefgehad en met volmaakte liefde. Ons soek mos altyd bewyse vir alles. Daar kan nie ‘n beter bewys van Jesus se volmaakte liefde wees, as dat Hy sy lewe vir ons afgelê het nie! (Johannes 3:16 en 1 Johannes 3:16)
Hoe kan ons hierdie volmaakte liefde verstaan? Die sonde wat in hierdie goddelose wêreld is, kan God nie verdra nie – Hy haat sonde, ook die sonde wat elke mens doen, ja, ook die sonde wat Jesus-mense nog elke dag mee sukkel. En ons regverdige God word kwaad vir die liefdeloosheid wat die mens van nature kies. En hierdie liefdeloosheid móét God straf. En elke selfsugtige mens weet dat hy in die moeilikheid is by God en dat God die sonde en die sondaar straf – en hiervoor is die sondaar baie bang, want ...
God se straf vir die sonde is die ewige dood, dit is om finaal en vir altyd van liefde verwyder te word. Simbolies is dit om in die vuurpoel gegooi te word (Openbaring 20:15) of om in die doderyk in pyn te verkeer (Lukas 16:23). En elke sondaar het rede om baie bang te wees vir hierdie moontlike uiteinde van sy lewe. En omdat elke mens van nature weet dat hy in die moeilikheid is by God (Romeine 1: 18-19), is die mens baie bang vir Hom. Behalwe ...
“... ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin.” (1 Johannes 4:16a) Jesus het sover gegaan dat Hy eenmalig die volledige straf vir die haatlikheid in alle mense op Hom geneem het (Hebreërs 10:14) – dit is die enigste volmaakte liefde wat daar kan wees! Met hierdie liefde van Jesus maak ons die tydsprong na vandag: Hy is steeds Wie Hy is, Hy is God-liefde in ons en ons in Hom. Ons is nie bang vir God se straf nie (Jesus is klaar in ons plek gestraf) én ons is nie bang vir God nie (Hy is dan in ons deur sy Gees).

Wednesday, January 30, 2013
Oordenking 3 Februarie 2013
Oordenking 3 Februarie 2013
Jesus-mense weet liefde kom van God
“... want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God.” (1 Johannes 4:7)
• Jesus-mense ontdek dat Jesus ‘n regte mens is wat self hierdie aardse lewe ervaar het (dit het ons Kersfees gehoor).
• Jesus-mense het die voordeel van Jesus se wondermag aan hulle kant (daarom doen Jesus wondertekens).
• Jesus-mense se ywer vir God is soos ‘n verterende vuur (onthou die tempelreiniging).
• Jesus-mense is wedergebore deur die Heilige Gees (dit het Nikodemus by Jesus gehoor).
• Jesus-mense se dors word deur die Lewende Water geles (die Samaritaanse vrou by Jakob se fontein het dit ontvang).
Nou kan ons beter verstaan:
NB Jesus-mense bestaan in liefde!
Liefde wat van God kom, is ‘n integrale deel van Jesus-mense. Almal wat die guns in God se oë vind om te glo dat Jesus se sterwe en opstanding vir ons die ewige lewe waarborg, word verander in liefde. Hulle begryp wat God-liefde is:
God-liefde word nie aan- en afgeskakel nie; dit is ‘n permanente goddelike bestaansvorm deur die krag van die Heilige Gees; dit is ‘n voelbare en sigbare lewenswyse; dit is ‘n bevrydende en vernuwende manier van lewe; dit is onvoorwaardelik; dit ken geen begin of einde; dit kan nie uitgeput raak nie; dit kan nie met die menslike verstand volledig begryp word nie; dit het geen gelyke in die geskape werklikheid nie; dit kan nie nou al volledig beskrywe word nie...
... want dié liefde, is God self!
En Jesus het vir ons kom wys wie God is. Hoe het Hy dit gedoen?
Hy het die hemelse heerlikheid verlaat, Hy het sy lewe gegee, Hy het die hoogste offer gebring, Hy het die volledige prys vir ons sondevergifnis betaal, Hy het na drie dae uit die dood opgestaan, Hy het opgevaar hemel toe, sy Gees is uitgestort op Pinksterdag ...
Hy het deur sy Gees tot binne-in Jesus-mense gekom, Hy sit God-liefde voort in elkeen van ons wat ons lewens oopmaak vir Hom!
Hierdie God-liefde is wie God is.
Hierdie God-liefde is wie Jesus is.
Hierdie God-liefde is ons Jesus-mense!

Tuesday, January 22, 2013
Oordenking 27 Januarie 2013
Oordenking 27 Januarie 2013
God soek jóú erg!
“Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” (Johannes 4:14b)
Moet asseblief nie die grootste en mees algemene fout maak met hoe jy jou verhouding met die Here verstaan nie! Ons as gelowiges dink so maklik dit ons soeke na God wat bepalend is in die kwaliteit van ons verhouding met die Here – ja, met die klem op óns soeke. Ons dink: ék moet God soek, ék moet meer bid, ék moet meer Bybel lees, ék moet meer dit of dat om nader en meer intiem met God te lewe.
Kom ons kyk wat het by die fontein by Sigar tussen Jesus en die Samaritaanse vrou gebeur: Jesus, die Jood, loop die gevaarlike kort pad deur Samaria na Galilea; by die fontein by Sigar wil Hy rus en water drink; Hy doen die mees onaanvaarbare ding om by ‘n vrou, en dan nog ‘n vrou met ‘n slegte naam, water te vra; maar dan bied Jesus vir haar lewende water aan, water wat haar ewige dors sal les ... kom ons maak weer die sprong na vandag:
Wie verteenwoordig hierdie Samaritaanse vrou vandag? Dit kan diegene met ‘n slegte naam wees, wat dalk ‘n etiket dra van so en so wees. Dalk is dit jy wat voel daar is te veel verkeerd in jou lewe, Jesus is te goed om vir jou bedoel te wees. Miskien het daar iets groot verkeerd geloop in jou verlede, iets wat jy dink God nooit sal kan vergewe nie. Moontlik voel jy nog nie gereed dat Jesus jou lewe kom oormaak nie, jy voel jy wil nog eers dit of dat. Opgesom: die Samaritaanse vrou verteenwoordig vandag elkeen van ons wat dors en smag na iets nuut in ons lewe as Jesus-mense.
Wat bied Jesus vir jou vandag aan? Wat het Hy vir die vrou aangebied? Lewende water. Dit is die lewe wat deur die Heilige Gees aan iemand gegee word omdat Jesus as Verlosser aan die kruis gesterf het. Hierdie lewe-gawe van God maak jou so vol, dat dit oorloop in jou lewe en ook vir ander verandering en vernuwing bring.
Kom ons keer terug na die probleemstelling aan die begin, naamlik dat ons geneig is om te veel klem te plaas op óns soeke na God. In die gesprek tussen Jesus en die vrou leer ons dat die klem baie sterker val op Jesus se aanbod van lewende water.
Dit is Hý wat jou soek; dit is Hý wat na jóú dors; Hý gee die lewende water; Hý bewerk die vernuwing; Hý maak van jóú ‘n kanaal van lewende water na ander; dit is Hý, en nogmaals Hý!
Laat Hý jou ewige dors les!

Wednesday, January 16, 2013
Oordenking 20 Januarie 2013
Oordenking 20 Januarie 2013
Het jy al gevra?
“Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan ‘n mens gebore word as hy al ‘n ou man is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?”” (Johannes 3:4)
Het jy al gevra?
Het jy al vir Jesus gevra?
Het jy al gevra dat jy weer gebore word?
Jesus-mense is wedergebore-mense. Dit is mense wat deur die Heilige Gees volgelinge word van die lewende mens, Jesus. Jesus-mense is nou al reeds in die koninkryk van God, al is hulle nog van vlees en bloed op hierdie tydelike aarde. Maar omdat hulle wedergebore is, is hulle reeds “gees”, dit wil sê, hulle is reeds Gees-vervuld, hulle het reeds deel aan die goddelike dimensie waarin God bestaan. Wedergebore Geesvervulde Jesus-mense sal nie verlore gaan nie, maar het reeds die ewige lewe. Want hulle glo, hulle glo in die enigste Seun van God. Want hulle ontvang deur die onverdiende guns van God, die gawe om in Hom te glo.
Twee geleerdes, twee leermeesters, twee Joodse Rabbi’s is in gesprek met mekaar oor die wondertekens wat die Een doen. Rabbi Jesus stuur die gesprek in die rigting van die koninkryk van God, en hoe om daar in te kom. Dan vra Rabbi Nikodemus uit oor hoe ‘n ou man weer gebore kan word. Rabbi Jesus verduidelik en sy verduideliking kan net verstaan word as dit reeds met jou gebeur het. “... elkeen wat uit die Gees gebore is” (Johannes 3:8 se einde) verstaan die reëls van die koninkryk van God. God bied ‘n nuwe lewe aan, en elkeen wat hierdie aanbod aanvaar, word ‘n nuwe inwoner van sy koninkryk. Maar daarmee is die nuwe lewenswyse nie afgehandel nie. Jy behoort weer te vra, en weer te vra, ja, tot vervelens toe te vra:
Wanneer laas het jy vir Jesus gevra?
Wanneer laas het jy vir Jesus gevra dat sy Gees intenser in jou sal werk?
En wanneer sy Gees intenser in jou werk, word Hy al hoe meer in jou. Die aardse dinge kry ‘n ander betekenis omdat Hy nou ook deel daarvan is. Die Jesus-mens leef volgens die waarheid wat die Gees in jou werk. Oorgemaakte mense lewe anders, al hoe meer anders. Ander mense word om ander redes belangrik. Ander aardse goed word belangrik. Ander lewenswaardes geld omdat jy oorskakel na God se waardes.
Jesus is jou antwoord, indien jy vra!

Wednesday, January 9, 2013
Oordeking 13 Januarie 2013
Oordenking 13 Januarie 2013
Tema: Ywer vir U
“Liefde en ywer vir u huis brand in my soos ‘n verterende vuur.” (Johannes 2:17 uit Die Boodskap)
Dit bly indrukwekkend om te sien hoeveel ywer, energie en toewyding suksesvolle sportmense kan insit. Die prysgawe van persoonlike gerief en die ure wat aan oefening en voorbereiding spandeer word, is vir baie sportmense die resep van sukses en prestasie. En hoe lekker is dit nie as jou span of jou sportheld wen nie!
Maar hoe funksioneer wen en presteer in God se koninkryk?
Kom ons gaan kyk hoe Jesus vir ons die reëls in God se koninkryk prakties kom wys het. Dis die groot Joodse Paasfees; baie besoekende Jode is in Jerusalem; geld word gewissel en diere-offers word gekoop en verkoop; dit gaan woes ... dan daag Jesus op: Hy jaag die verkopers uit die tempel en keer die geldwisselaars se tafels om. Jesus wys prakties hoe Hy voel oor die verontreiniging van die tempel. Die eer van sy Vader word direk aangetas met dit wat daar in die tempel gebeur het. En die Seun van God tree op in liefde vir sy Vader; die ontreiniging van die tempel is vir Hom soos ‘n verterende vuur in Hom. Hoe kan ons hiermee die sprong maak na vandag?
Jesus was en is en sal altyd dieselfde wees (Hebreërs 13:8). Hy voel vandag nog net so ernstig oor elke saak wat God se saak enige skade kan aanrig. Sy ywer en gefokusde toewyding vir God se saak is vandag nog 100% in plek. Hy neem steeds volle verantwoordelikheid daarvoor. Hy kan nie waag om die eer van God aan ons oor te laat nie, ons maak van nature ‘n gemors daarvan.
Maar die groot sprong na vandag, kom met die plek wat die tempel destyds vir Jode ingeneem het. Die tempel in Jerusalem was waar die God van Israel in sy heiligheid teenwoordig was, net daar, nie op ander plekke nie. Nou sê Jesus in Johannes 2 dat Hy die tempel sal afbreek en weer in drie dae sal bou. Vir die toegewyde Jode, is dit die hoogste daad van verraad teen die Jodedom. Maar Jesus verwys na sy eie dood en opstanding op die derde dag. Hy Self kom gee nuwe inhoud en betekenis aan die teenwoordigheid van God. Hy Self word deur Hul (Drie-enige) Gees die-altyd-Teenwoordige, die God met ons.
... en so het Jesus steeds vandag die liefde en ywer in Hom vir Hul saak “soos ‘n verterende vuur.” En hier kom die beste vir vandag: dieselfde liefde en ywer kom werk Hy in elkeen van ons wat glo! Hy Self sorg vir die wen en presteer in ons vir sy koninryk! Sy ywer vir God word ons ywer vir Hom!

Subscribe to:
Comments (Atom)