Oordenking 3 Julie 2011
Mens-wees in aksie
“Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.” (Ef. 3:18)
Op die oog af lyk dit nie asof alle mense ewe ernstig na die sin van die lewe vra nie. Tog dink ek dat ons almal op een of ander stadium wonder oor die betekenis van ons hier-wees op aarde. Hoekom is ons hier? Wat maak ons hier? Wat is God se doel met ons hier op aarde? Doen ek die regte dinge vir Hom op hierdie moment van my reis op aarde? Wat kan ek doen om my aardse reis meer te geniet? Daar is verseker meer as een antwoord op die vraag na die sin van ons aardse lewe.
Een moontlike antwoord vir ons aardse reis, is geleë in die verstaan van ons mens-wees in God se oë. God dink so baie van die mens dat Hy hom as sy verteenwoordiger op aarde geplaas het (Gen. 1:27). Hy gaan nog verder wanneer Jesus as volledige mens op aarde gebore word (Matt. 1:18). En na Jesus se hemelvaart, sit God sy werk op aarde voort deur mense (Hand. 1:8). Om die waarheid te sê, die mens is net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak (Ps. 8:6). Ons Skepper het ‘n ordentlike wese gemaak in elke mens, Hy het nie ‘n fout gemaak nie, Hy maak nie foute nie.
Maar ongelukkig maak die mens foute. Die mens is met sy eie besluitnemingsvermoë gemaak. Dit is nog onverstaanbaar waarom God hierdie vryheid van keuse vir die mens gee. Alles wat verkeerd loop op aarde, het te doen met die mensdom wat verkeerde besluite neem. Niemand sal my oortuig dat God ‘n aandeel het aan die chaos wat daar op aarde heers nie. Miskien sal ons eendag verstaan waarom die mens nie vir ewig in die paradys kon bly nie. Moontlik is daar slim mense met redes hiervoor.
Weer terug by mens-wees in God se oë: Hy het die mens goed gemaak en Hy het die mens met foute en al baie lief. So lief dat Hy Jesus vir die redding van die hele mensdom gegee het. Hy wil sien dat alle mense gered word, maar alle mense kies nie sy Redder nie – en dit is hulle skuld, nie Syne nie! Jesus het sy lewe aan die kruis gegee vir alle mense, Hy het sy lewe vir mens-wees gegee. Dit was Jesus se mens-wees in aksie: Hy gee sy lewe vir ons! So wyd en ver en hoog en diep strek die liefde van Christus!
En hoe gee ons dan sin aan ons eie mens-wees? In ons eie mens-wees in aksie, kyk ons met God se oë as sy verteenwoordiger op aarde, na alle ander mense. Dit is deel van die evangelie: om met liefdevolle omgee na ander mense vol foute te kyk en my lewe te gee vir ander mense. Selfloos lewe ek as mens in belang van ander mense. Deur ons as geredde mense strek Jesus se liefde wyer, en verder, en hoër, en dieper na ander mense. So is ek saam met Jesus op reis op aarde – betekenisvol lewe ek dan eers!
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Thursday, June 30, 2011
Wednesday, June 22, 2011
Oordenking 26 Junie 2011
Oordenking 26 Junie 2011
‘n Vreemde, maar wonderlike reis
“In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.” (Efesiërs 3:12)
Dit kan maklik gebeur dat jy siek en ongelukkig voel oor jou persoonlike omstandighede omdat jy die verkeerde verwagting van die lewe het. Jy wou nou al ‘n lekker rustige lewe op ‘n veilige plek gehad het. Jy word omgekrap en ontsettend negatief oor elke klein dingetjie of dan selfs groot ding wat verkeerd loop in jou lewe. Jy sien moeilik die positiewe in jou of in ander se omstandighede. En om alles nog te vererger, lyk dinge in die kerk en in die land erg deurmekaar en op die afdraande pad.
Ons verstaan nie dat ons nou nog op reis is na ons eintlike bestemming nie. Ons leef asof hierdie aardse lewe, en net hierdie lewe vol stryd en probleme die eindpunt is. Ons besef nie dat ons nie te veel luukses in hierdie lewe moet verwag nie. Ons geniet nie ons aardse reis met die regte benadering nie. Te veel kere gaan ons gesprekke oor hoeveel beter die verlede was. Indien ons nie ‘n lekker verlede het om na te verlang nie, dan verlang ons na ‘n beter toekoms. En in die proses mis ons die lekker van vandag.
Dan is daar ander van ons wat doodbang is vir die reis, omdat ons dink ons is alleen en moet in eie krag allerhande gevare en onsekerhede trotseer. Ons maak die slimste planne om nie van ander afhanklik te wees nie. As ek maar net genoeg geld bymekaar kan maak (en min mense weet wat genoeg is!), as ek maar net gesond genoeg kan bly, as ek maar net my kleinkinders kan sien groot word, as ek maar net ... My lewensleuse word “solank ek net self sonder ander kan ...”
Hoekom verstaan ons nie dat Jesus saam met ons op pad is nie? Hierdie Jesus-reis kan daarom op ‘n vreemde manier goed en aangenaam en wonderlik wees. Hy word al hoe meer die luukse vir my op hierdie onder weg wees. Dit is ‘n vreemde reis want as gelowige kind van Hom, is ek ‘n vreemdeling op aarde op pad na my ewige bestemming by God. Maar vandag wil Hy die reis vol lekkerte maak, dit is ‘n voorreg saam met Hom, die genot is nou en hier in Hom, want Hy is nou en hier by my!

Sunday, June 12, 2011
Oordenking 19 Junie 2011
Oordenking 19 Junie 2011
Respek vir pa en ma en ander
“Eer jou vader en jou moeder ...” (Eks. 20:12a)
Verbeter ander se lewe, maak ander ryker, gee betekenis aan almal om jou se lewe – dit is die heel belangrikste motivering agter die wet van die Here. Hoe meer die Gees jou laat groei in geloofsgehoorsaamheid, hoe lekkerder maak dit jou en almal om jou se lewe.
Die belangrikste oefenskool vir lewenswaarhede, is in die gesin. Binne die intieme eenheid van die gesin word geloof gevorm. Ouers en kinders leef hier in verantwoordelikheid teenoor God. Hier word die allerbelangrikste gesagsverhoudinge gevorm. Die gesin, waarvan die huwelik wesentik deel is, is die belangrikste verband in die samelewing. So, wanneer alles in die gesin gesond en in orde is, het dit ‘n direkte positiewe invloed in die samelewing.
Die woorde “eer, respek, ontsag, gesag” het almal te doen met die vyfde gebod, maar die vyfde gebod gaan oor baie meer as kinders wat aan hulle ouers gehoorsaam moet wees. Die hele samelewing is afhanklik van minderes wat respek moet toon aan meerderes. Hierdie lewenshouding is slegs moontlik waar die nuutgemaakte kind van God in voortdurende ontsag binne God se teenwoordigheid lewe. Waar ek as mens my nietigheid teenoor God se grootheid elke oomblik beleef, kan ek nie anders as om teenoor Hom met die hoogste respek te lewe nie.
Die belofte van die vyfde gebod, “dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee”, behels meer as die letterlike betekenis daarvan. In die konteks van die Bybel beteken dit ‘n gelukkige en vredevolle lewe vir jou en almal saam met jou. Wedersydse respek in die gemeenskap, beteken dat ons vir mekaar ruimte gee om elkeen gemaklik te kan lewe. Ja, selfloos is elkeen ingestel op ander se behoeftes en nood. Ons help mekaar waar nodig, ons deel met mekaar en ons deel uit. Naasteliefde en respek vir ander, is binne die christelike taal sinonieme.
Hierdie respek begin in die huis by elke ouer. Waar pa en ma oor God met ontsag praat, in die huwelik mekaar met liefdevolle eer hanteer, self hulle kinders met respek opvoed, en elke ander vorm van gesag herken, word dit aan die kinders oorgedra. Vanuit die Vaderskap van God, het gelowige ouers die geleentheid om as God se hande teenoor hulle kinders op te tree.
Prakties positief:
• Ouers, ook enkelouers, praat mooi voor alle kinders oor God, die Bybel en die kerk;
• Wees ‘n voorbeeld in die hantering van alle vorme van gesag;
• Pa en ma is die ouers van hul kinders, nie hulle maats nie (daar is ‘n verskil!);
• Oupas en oumas se invloed in kleinkinders se lewenshouding is van groot belang;
• Alledaagse optrede teenoor alle ander mense wat ons pad kruis, dwing respek af;
• Wedersydse respek geld regdeur al die lewensfases van elkeen in die huisgesin;
• Om mekaar te eer, is om God te eer!
Doom Charl
NS Gelukkige vadersdag

Tuesday, June 7, 2011
Oordenking 12 Junie 2011
Oordenking 12 Junie 2011
Pinksterkerk in 2011
“En onthou: Ek is by julle al die dae ...” (Matt. 28:20b)
Hoor, glo en leef dit – God is met sy Gees altyd by ons, ook in Junie 2011!
• Hoor dat ons aan die magtigste kerk in alle tye behoort, want ons het die Almagtige by ons!
• Glo dat Christus self sý kerk laat herlewe, want Hy het sý eie lewe daarvoor opgeoffer!
• Leef deur die opstandingskrag van die Heilige Gees wat in sý wedergebore kerkmense uitgestort is!
Hoe sal ons graag wil sien dat sý pinksterkerk ná pinkster 2011 lyk?
1. God, in sy liefde en grootheid, is alles in sý kerk;
2. Niemand binne of buite sý kerk, voel uitgesluit van sý liefdesruimte in sý kerk nie;
3. Almal in sý kerk geniet die voorreg om saam sý dienswerk te doen!
Te idealisties? Menslik gesproke is so ‘n kerk vandag onmoontlik. Tog is die teenwoordige lewendmakende volmaakte Gees van God nog altyd juis hierheen met sý kerk oppad!
Hoe help die magtige Gees ons as sý kerk na die einddoel?
• Hy rus gewilliges toe met sý bekwaamheid en sý bewoëndheid;
• Hy maak die deure van sý kerk oop vir stukkende twyfelaars;
• Hy maak sý kerk se oë en harte oop vir die nood van buitestaanders;
• Hy wil jou baie graag in sý kerk gebruik net soos Hy jou wil hernuwe;
• Hy stort sý liefde uit, om oor te loop uit sý kerk uit, na ander;
• Hy stuur sý kerk met sý lig, in die donkerte in, om nuwe lewe te bring;
• Hy sorg vir sy eie eer in sý kerk totdat Hy weer kom!
Geniet elke oomblik van pinksterkerk wees waar Hy alles in almal wil wees!

Tuesday, May 31, 2011
Oordenking
Oordenking 5 Junie 2011
Saam met Jesus op die berg ... nagedink oor die kerk
Jesus sê: “Aan My is alle mag gegee ... Ek is by julle ...” (Matteus 28: 18a en 20b)
Die kerk is in die moeilikheid: die kerk loop leeg en die kerk verduur al hoe meer kritiek. Met kerk word alle erkende kerke met ‘n Christelike belydenis bedoel. Statistiek wys daar daar ‘n dalende tendens is in die getal mense wat op die kerk se boeke is. Dit is veral in die ouderdomsgroep van 18 tot 35 wat jongmense weggedryf het uit die kerk uit, die kerk word al hoe meer ‘n oumens-kerk. Saam met hierdie dalende getalle is daar die modder gooiery in die media na die kerk se kant. Die debatte in die kerk word deur die media as sensasie misbruik en skep verwarring binne die kerk.
Dit bring ons by die ou vraag: wie of wat is die kerk? Dit is nie die gebou nie; dit is nie die sinode nie; dit is nie die dominee of die kerkraad nie; dit is selfs nie diegene wat sonder ‘n bekeerde lewe eredienste bywoon nie. Die kerk is die lewende stene in die gebou (simbolies); die kerk is elkeen wat vrygekoop is deur die bloed van Jesus Christus; die kerk is die Geesvervuldes; en nog vele ander beskrywings, soos:
Die kerk lewe met God se mag altyd binne God se teenwoordigheid !
· Toe Jesus opgevaar het hemel toe, het Hy sy mag oor alles en almal bevestig én belowe dat Hy altyd by ons is – deur die Heilige Gees.
· Om saam met Jesus op die berg te wees, is simbolies om altyd in sy teenwoordigheid te lewe.
· Die enigste manier om suiwer kerk te wees, is om saam met Hom op die berg te wees; of nog beter: Jesus IS altyd saam met die ware kerk op die berg.
· Dit is ‘n vreemde kerk: vol foute en met gebroke, sondige mense, maar gelowiges wat Hom getrou wil dien.
· Gedóóp in sý Naam, die teken en seël van sý besitreg, van sý eienaarskap, maak van ons sý kerk, die kerk wat aan Jesus behoort.
· Waarmee hou sý kerk hul besig? “Leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” So bid ons in pinkstertyd dat die Heilige Gees ons in hierdie waarheid sal lei.
· “Alle mag” van Hom vul sý kerk: alles fokus in die kerk op Hom, want Hy vul die kerk met sy mag – Hy neem verantwoordelikheid vir ‘n wen-wen.
· Sý magtige kerk word gestuur om prakties, plaaslik, in die alledaagse lewe van elke dag, met woord en daad, met getuienis en diens, ander te help om ook dissipels van Hom te wees.
· Want sý kerk het die troos en versekering dat Hy altyd by ons is deur die Heilige Gees. Hoor, glo en leef dit weer, want dit is pinkster!
Sý kerk kan nie in die moeilikheid kom nie, want Hy kan nooit in die moeilikheid wees nie – aan Hom is alle mag in hemel en op aarde gegee, en Hy is met ons, nou en elke dag, ja, vir altyd!

Thursday, May 19, 2011
Oordenking 22 Mei 2011
Oordenking 22 Mei 2011
Lewendmakende Lewende Een
“Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe ...” (Esegiël 37: 14a)
Hoe meer ek worstelend nadink oor my eie gebrekkige geestelike groei en die min geestelike vrug wat ek in mede-kerkmense sien, hoe meer besef ek dat die “self” ons grootste struikelblok bly. Die vraag bly dus: hoe kom ek verby selfloosheid, eie belang en selfsug?
Daar is net een manier: die Selflose Een maak vry van selfloosheid! Dit bring ons by, wie is die Selflose Een? Weer soek ek woorde wat minder bekend is om Hom te probeer beskryf. Ons is so gewoond, te gewoond, aan Here, God, Jesus, Christus, Verlosser, Vader, Heilige Gees, ens. Hy is baie meer as net sy Bybelse aanspreekvorme of titels. En indien ons ander woorde kry of uitdink om meer van Hom te omskryf, bly dit menslike woorde om die Onverganklike, Onsienlike, Almagtige, Alwyse, Ewige, Aanbiddelike Een te beskryf. Kom ons waag dit ‘n millimeter nader aan die Allerheiligste Een!
Ja, nader aan Hom en verder weg van selfloosheid. Hoe nader ons aan Hom kan kom, hoe beter ons Hom ken, hoe vryer word ons van die self, hoe beter kom ons weg van eie belang. Hy maak ‘n onbeperkte aantal maniere beskikbaar om nader aan Hom te kom: deur sy Woord praat Hy oor Homself, deur die skoonheid van sy skepping leer ons Hom ken, deur stilte raak ons bewus van Hom, deur tye van beproewing bly Hy by ons, en op nog vele ander maniere kan ons nader aan Hom kom. Opstandingstyd wat oorgaan in Pinkstertyd, Heilige Gees-tyd, gee vir ons die geleentheid om dit nader aan Hom te waag.
En deur wat Hy die graagste DOEN in selflose sondaars, ken ons Hom en is ons nader aan Hom. Hy is die enigste Een wat Lewendmaker is, Hy is die enigste Lewe-doener, Lewegewer, Lewe-bewerker. Hy is die Gees wat lewe bring in bene sonder vleis en senings. Hy laat selfsugtige mense uit hulle grafte kom sodat hulle selfloos kan lewe. Waarlik lewe, lewe in en deur die Lewendmaker, gefokus lewe vir die Lewe-doener, die opstandingslewe leef vir die Opgestane Een! Hoe meer Hy Doener van Lewe in my is, hoe nader is ek aan Hom en hoe meer word Hy in my!
Geestelike groei en geestelike vrug in Pinkster en in die tye wat kom, is die doen-ding van die Lewendmakende Lewende Een:
· ... laat sy Gees in jou kom;
· ... sodat jy (selfloos) kan lewe;
· ... Hy sal dit doen (Hy belowe dit swart op wit)!
“Dan sal julle besef dat Ek die Here is. Ek het dit gesê en Ek sal dit doen,” sê die Here. (Eseg. 37:14c,d)

Wednesday, May 11, 2011
Oordenking 15 Mei 2011
Selflose opstandingslewe
“Hierdie redding kom nie uit julleself nie ... Dit kom nie deur julle eie verdienste nie ... om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” (frases uit Ef.2:8-10)
Ons raak so gewoond aan sekere woorde wat ons oor baie jare in die kerk hoor, dat ons dit nie reg verstaan nie en dat dit nie ons lewe positief verander nie. Om hierdie rede hou ek daarvan om na ander woorde te soek, wat nuut op die oor klink en wat ‘n impak op ons lewenswyse kan maak. So het ek afgekom op die erkende Afrikaanse woord “selfloos” wat in die Verklarende Woordeboek omskryf word as “onselfsugtig; sonder om aan eie belange te dink”.
Selfloosheid is vir my een van die heel belangrikste sigbare eienskappe van gelowiges wat die opstandingskrag van Jesus Christus deur die Heilige Gees in hulle lewenswandel besit. ‘n Ware opstandinsglewe word vry van al die “ek”-pogings tot redding en ‘n heiliger lewe. Dit dink nie eers aan eie belange nie. Dit is ‘n lewe gerig op God in die eerste plek, maar dit is ook ‘n 24 uur sewe dae gerigtheid op my naaste (soos in die samevatting van die liefdesgebod). Selfsug vernietig juis ‘n liefdevolle lewenswyse; terwyl onselfsugtigheid verhoudings met God en ander kragtig opbou.
Klink alles so teoreties, so onmoontlik? Ja, uit onsself totaal onmoontlik, maar ons aangehaalde teksvers hierbo wys, dat dit is waarvoor God ons bestem het. Hy bewerk ons redding, Hy gee geloof, Hy stroop ons van eie verdienste, Hy maak ons vry om selfloos te wees, Hy doen sy goeie werk deur ons, Hy maak ‘n impak in ons en in ander. Dit is God se werk waarmee Hy die graagste besig is: om van ons selflose heiliges te maak!
Kom ons raak nou baie prakties (nie wetties nie!). ‘n Selflose opstandingslewe beteken:
· Bel of SMS iemand van wie jy niks hou nie wat pyn of hartseer ervaar;
· Gee vir ‘n minderbevoorregte R100 wat dit glad nie van jou sal verwag nie;
· Gee ‘n opregte kompliment aan iemand wat jou irriteer;
· Bewys ‘n guns aan iemand wat baie aan jou verskuldig is;
· Maak vrede met ‘n persoon wat jou te nagekom het.
... sodat ander meer van die opgestane Een in jou kan sien, Hy wil dit baie graag doen!

Subscribe to:
Comments (Atom)