Oordenking 29 Januarie 2012
Nuwe tye saam met Hom
“Op Hom is ons hoop gevestig: Hy sal ons ook verder red.” (2 Kor. 1:10b)
50 jaar gelede was die toekoms meer voorspelbaar. Dit het min of meer so verloop: werk hard op skool, sorg dat jy ‘n goeie kwalifikasie agter jou naam kry, vestig jouself in ‘n standvastige werk, en begin met ‘n gesin. Vandag is daar baie meer onsekerhede, sodat die toekoms baie minder voorspelbaar is. Harde werk op skool en ‘n goeie kwalifikasie, is nie meer ‘n waarborg van ‘n vaste werk nie. Jongmense bly langer saam voordat hulle trou en met ‘n gesin begin.
Die veranderinge vandag en die oorvloed van keuses wat deur die inligtingontploffing veroorsaak word, beteken nuwe uitdagings vir elke gelowige kind van die Here. Hierdie nuwe omstandighede het ook ‘n direkte invloed op die rol van ouers teenoor hulle kinders. Die hele samelewing, maar ook elke geloofsgemeenskap (dit is kerk), staan voor nuwe uitdagings wat op nuwe maniere aangepak moet word. In hierdie oordenking fokus ons op twee uitdagings vir vandag:
1. Die uitdaging om te bly hoop in die kerk:
Baie kerkmense is erg verward, want die kerk is besig om in ‘n nuwe samelewing te verander. Die uitgediende volkskerk word vervang met ‘n nuwe gemeenskap van gelowiges wat saam met God lewe in hierdie wêreld. Intellektuele eredienste word al hoe meer geleenthede wat konsentreer op die ontmoeting met God. Die formele strukture van gemeentebestuur word al hoe meer spontane deelname van soveel as moontlik lidmate aan die uitreik na buite. Die rol van gemeenteleiers verander van spesialiste wat antwoorde het op vrae, na mede-reisigers wat self leef met baie vrae.
Tog is daar die positiewe te midde van soveel onsekerhede: God verander nie. Hy is ons Vader, Hy ontferm Hom oor ons, Hy gee uitkoms in elke omstandigheid, Hy help in elke moeilikheid, Hy bemoedig ons te midde van lyding, Hy wek dooies op tot die lewe, Hy red uit groot doodsgevaar, Hy verhoor ons gebede, Hy seën ons. Ons bly hoop op Hom in hierdie nuwe tye!
2. Die uitdaging om te bly hoop as ouer:
Om kinders groot maak en om groot kinders te ondersteun, het ook drasties verander. Die afgelope klompie jare is daar al hoe meer volwasse kinders wat oorsee ‘n nuwe heenkome gaan soek. Tog is daar net so baie volwasse kinders wat al hoe meer terugtrek na hul ouerhuise. Daar is ‘n neiging dat jongmense volwasse-wording so lank as moontlik uitstel. Daar is sprake van ‘n nuwe lewensfase vir diegene tussen 18 en 30, naamlik ontluikende volwassenheid (“emerging adulthood”). Ouerskap beteken vandag nuwe uitdagings.
Die antwoord vir ouers: bly op dieselfde onveranderlike God vertrou!
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Tuesday, January 24, 2012
Thursday, January 19, 2012
Oordenking 22 Januarie 2012
Oordenking 22 Januarie 2012
Ons beleidsverklaring
“Ons verkondig die woord (van God) in opregtheid, in verbondenheid met Christus, in opdrag van God en in verantwoordelikheid aan God.” (2 Kor. 3:17b)
Die begin van ‘n nuwe jaar is ‘n goeie geleentheid om net weer seker te maak waarmee is ons besig en waarmee wil ons besig wees as gelowige kinders van die Here. Kom ons noem dit ons beleidsverklaring.
Paulus help ons baie hiermee in die betrokke Skrifgedeelte. Hy sê onder andere “die evangelie van Christus ... het die deure vir my wyd oopgemaak” (2 Kor. 3:12). Daar is steeds vandag onbeperkte geleenthede dat ons die goeie nuus oor die verlossing deur Christus alleen, kan versprei. Ja, sê Paulus, “deur ons versprei God die kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur.” (2 Kor. 3:14b) Ons word ook daarop voorberei dat almal nie ontvanklik is vir hierdie “geur wat versprei word” nie. Vir diegene wat Christus verwerp, is dit ‘n “doodsreuk”; en vir gereddes, is dit ‘n “lewensgeur”.
Met hierdie agtergrond, kan ons nou ons fokusteks gebruik om ons beleidsverklaring op te stel:
1. Ons verkondig die woord van God in opregtheid:
- hiervoor wil ons die woord leer ken;
- ons wil eerlik en getrou die woord hanteer;
- ons vertel vir ander omdat ons graag wil.
2. Ons verkondig die woord van God in verbondenheid met Christus:
- ons het ‘n lewende, persoonlike verhouding met die Here;
- ander kan sien en beleef dat ons kinders van God is;
- ons werk saam met die Here in sy koninkryk.
3. Ons verkondig die woord van God in opdrag van God:
- ons verstaan dat ons een groot geleentheid het om deel van God se werk te wees;
- dit is vir ons lekker om God se opdragte uit te voer;
- Christen-wees maak ons vry van die las van godsdienstigheid.
4. Ons verkondig die woord van God in verantwoordelikheid aan God:
- ons huil saam met ons Here oor die verlorenes;
- ons besef dat ons met ‘n dubbele maat gemeet word;
- ons leef met ‘n skoon gewete voor die Here.

Wednesday, December 7, 2011
Oordenking 11 Desember 2011
Oordenking 11 Desember 2011
Jesus – nog altyd Eerste
“Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.” (Kol. 1:15b)
Kersfees het te doen met die begin van God se verlossingsplan vir ons, en vir ons is die begin die geboorte van Jesus. Tog leer ons in die Bybel dat God se plan baie ouer is as Jesus se heilswerk op aarde, dit het voor die Ou Testament al begin. God se plan het al voor die skepping begin, dit het by die Eersgebore Seun van God begin – by Hom wat nie geskep is nie, maar reeds van alle tye af bestaan. Dit is uiters belangrik dat ons verstaan dat Jesus nie eers by sy menswording op aarde begin bestaan het nie, Hy is van altyd af, ja, sonder enige begin – net soos God geen begin het nie.
Om dit net eenvoudig te verduidelik: God Drie-enig bestaan nog altyd, Hy skep die aarde en alles daarmee saam vir Homself, Hy is self die doel van die skepping. En steeds ter wille van Wie Hy is, maak Hy die mens deel van sy herskeppingsplan. So word Jesus as mens gebore om nie net Skepper te wees nie, maar ook Herskepper. Jesus is Enigste en Eerste Verlosser. Hy is die Enigste mens wat gebore is wat volledig ook God is. Daarom word Hy ook die Enigste en Eerste Gekruisigde en Opgewekte mens wat God bly.
Hierdie agtergrond is krities belangrik vir elkeen van ons om die volgende rede. Soos wat die skepping ter wille van God en sy Seun begin het, het die herskepping ook ter wille van God plaasgevind. En die beste van dit alles is dat elke wedergebore kind van God is deel van die herskepping. En die herskepping is deel van die voltooiing van God se verlossingsplan. Jesus is die sleutel tot die suksesvolle uitvoering van die herskepping. Alles is onderweg na die nuwe aarde en die nuwe hemel. En ‘n nie-weglaatbare gebeurtenis in hierdie plan, is die geboorte van Jesus en tegelyk die wedergeboorte van elke kind van God.
Jesus se koms na/geboorte op aarde beteken dus onder andere vir ons:
• In Jesus sien ons wie God werklik is;
• Jesus tree namens God op; en
• Ons deel in die groot voorreg van wie Jesus is.

Wednesday, November 30, 2011
Oordenking 4 Desember 2011
Oordenking 4 Desember 2011
Jesus die Enigste
... sodat ... elkeen ... die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” ... (Fil. 2:10-11)
Sê nou maar net hierdie oordenking kan:
1. Iemand tot bekering laat kom; en/of
2. Bekeerdes se lewenswyse totaal omkeer; en/of
3. Gebruik word deur bekeerdes om ander tot bekering te lei!
Dit kan gebeur, die kragtige Gees van God kan en wil dit laat gebeur!
Dit kan só gebeur vir die onbekeerde en die bekeerde:
• Bewuswording van sonde, en daarom van totale verlorenheid;
• Geroep tot inkeer en omkeer;
• Gewillig om te verander en om verander te word;
• Ontdekking en begrip van die volledigheid van Jesus Christus se verlossingswerk vir alle sondaars en alle sondes;
• Die bewustelike persoonlike oopstel en in ontvangs neem van God se genadewerk deur Christus vir elke sondaar;
• Gereed én bereid om al hoe meer verander te word soos God jou wil maak;
• Jou hele bestaan en lewe te wy aan God se eer.
Bekering, herlewing, vernuwing begin by elkeen van ons.
Gee aan jouself die beste en grootste Kersgeskenk moontlik:
neem Jesus (weer) aan as jou Enigste!

Wednesday, November 23, 2011
Oordenking 27 November 2011
Oordenking 27 November 2011
JESUS - die Brenger van genade
Toe sê die eienaar van die wingerd: “Wat moet ek nou doen? Ek sal my geliefde seun stuur. Miskien sal hulle hom ontsien.” (Lukas 20:13)
Jesus vertel ‘n gelykenis oor die betekenis van sy koms na die aarde:
Die eienaar van ‘n stuk grond plant ‘n wingerd aan en verhuur dit aan boere. Nadat die eienaar vir ‘n lang tyd weggegaan het, stuur hy met oestyd ‘n slaaf om sy deel van die oes te gaan haal. Die boere slaan die slaaf en stuur hom met leë hande weg. So word ‘n tweede en ‘n derde slaaf elke keer meer en meer mishandel wanneer hulle die eienaar van die wingerd se deel van die oes moet gaan haal.
Dan kom die keerpunt in die gelykenis: die eienaar stuur sy enigste seun, want hy redeneer dat die boere hom met ontsag sal behandel. Skielik is die gedeelte van die oes wat die eienaar soek, nie meer belangrik nie. Wanneer hy sy seun stuur, gaan dit eintlik nie meer om die oes nie, maar gaan dit nou oor die lewe van die boere. Dalk sal die boere anders optree teenoor die erfgenaam van die wingerd. Dalk sal die boere meer respek toon vir die lewe van die geliefde seun. Maar nee, die geliefde seun word doodgeslaan. En daarom word die oorspronklike boere ook deur die eienaar van die wingerd om die lewe gebring. En die wingerd word aan ander mense gegee.
‘n Moontlike uitleg van hierdie, wat ek noem, Kersfeesgelykenis:
• Die eienaar van die wingerdgrond, is God self.
• Die boere is die Joodse volk van ouds.
• Die oes wat God oor al die jare soek, is gehoorsaamheid.
• Die slawe wat mishandel word wanneer hulle die eienaar se deel van die oes kom haal, is die boodskappers/profete van God.
• Die geliefde seun is Jesus wat mens kom word het op ons goddelose aarde.
• So het die Joodse leiers aan wie Jesus hierdie gelykenis oorspronklik vertel het, Hom buite die stadsmure op Golgota gekruisig.
• Die ander mense aan wie die wingerd gegee word, is ons wat erfgename is van Jesus se verlossende genade.
Die R1 miljoen-vraag: wat maak ons as nuwe eienaars met Jesus se verlossende genade? Dink vir ‘n oomblik oor die praktiese implikasies van God se genade aan jou.

Wednesday, November 16, 2011
Oordenking 20 November 2011
Oordenking 20 November 2011
Onverdiende genadige vergifnis feesvierend!
“Die koning het hom jammer gekry, hom laat gaan en sy skuld afgeskryf.” (Matteus 18:27)
‘n Koning besluit om na te gaan wie skuld hom geld en hoeveel skuld uitstaande is. So kom hy af op ‘n man wat hom ongeveer R5 miljoen skuld. Die grootste probleem is egter dat hierdie man glad nie in staat is om hierdie skuld terug te betaal nie. Selfs al sou alles wat hy besit verkoop word, sal dit geen noemenswaardige verskil maak aan sy totale skuld nie.
Die keerpunt in hierdie gelykenis is wanneer die skuldenaar in angs voor die koning neerval en om uitstel smeek. In sy hopelose omstandighede, doen die skuldige die enigste logiese en verstandige ding: hy smeek om genade. En dit werk: die koning kry hom innig jammer en skryf in ‘n genadige oomblik R5 miljoen se skuld af. Die skuldenaar word in ‘n genadige oomblik 100% vry van sy onbetaalbare skuld. In stryd met alle logiese denke, verander hierdie skuldige se benarde posisie. En dit is slegs moontlik gemaak deur die koning se buitengewone vrygewigheid.
Maar dan gebeur die onverwagse. Hierdie skuldvrye man se kop haak heeltemal uit toe hy oomblikke later weier om R8 wat iemand anders hom skuld, ook af te skryf. Ja, R5 miljoen teenoor R8 se skuld! Hierdie onaanvaarbare gedrag, verklaar die koning se woede. Kwytskelding behoort tot kwytskelding te lei. Die oomblik toe die koning se buitengewone vrygewigheid in sy gesig teruggegooi word, verloor die skuldenaar sy vryheid en moet hy boet vir sy onaanvaarbare optrede.
Wat leer ons uit hierdie gelykenis:
1. Ons kan onmoontlik vir ons sondeskuld teen God op enige wyse betaal – hou maar op om te probeer, niemand van ons gaan dit kan doen nie.
2. Ons Koning het reeds ons miljoene sondes se aanklag teen ons afgeskryf – waardeer dit.
3. Ons elkeen se bereidheid om ander se verkeerde optrede teenoor ons af te skryf, is die konkrete bewys dat ons iets verstaan van die vergifnis wat ons ontvang – bid vir ‘n vergewensgesindheid.
4. Ons is veronderstel om op alle moontlike maniere ons vergifnis en vryheid deur Jesus Christus se soenverdienste, te vier en uit te leef – leef feesvierend.
5. Ons word sonder verdienste uit genade vergewe en gered deur ons Here Jesus Christus – geniet dit!

Wednesday, November 9, 2011
Oordenking 13 November 2011
Oordenking 13 November 2011
God se wiskunde van genade
“Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou.” (Matteus 20:14b)
Werkers word gehuur om in ‘n wingerd te werk vir die dag. Die eerste groep werkers begin 06:00, die tweede groep 09:00, nog ‘n groep 12:00, nog ‘n groep 15:00 en die laaste groep begin eers 17:00. Almal hou 18:00 op met werk. Die oomblik toe dit by betaling kom, word die laaste groep, wat slegs een uur gewerk het, eerste vir ‘n volle twaalf ure se werk betaal. En so word ook al die ander groepe vir ‘n hele dag se werk betaal, al het almal nie die volle twaalf ure gewerk nie.
‘n Loongeskil word verklaar deur die groep wat die hele twaalf ure in die warm son gewerk het. ‘n Baie mooi voorbeeld in die Bybel van ‘n onbillike arbeidspraktyk. Vir enige logies denkende mens, het hierdie werkers baie goeie rede om ongelukkig te wees. Veronderstel ‘n dagloon is R100, dan behoort die groep wat slegs een uur laatmiddag gewerk het, slegs R8,33 te kry.
Die kritiese punt van hierdie gelykenis, is die eienaar van die wingerd. Hy gaan huur die werkers op die markplein op verskillende tye van die dag. Hy kom slegs met die eerste groep ooreen vir die gewone dagloon. Vir die ander werkloses wat hy deur die loop van die dag huur, onderneem hy om wat billik is, te betaal – geen bedrag word genoem nie. Dit is eers by die oomblik toe dit by betaling kom, dat die voorman, in opdrag van die eienaar, vir almal ‘n gewone dagloon betaal.
In hierdie gelykenis, is die eienaar van die wingerd God en die werkers is die gelowige dienswerkers in sy koninkryk. Hier gaan dit oor God se manier van beloning. God gee die ewige lewe as “gewone dagloon” vir elkeen wat glo. En Hy gee ongeag hoe hard jy in sy koninkryk werk of hoe sterk jou geloof is. Op pad na die grootse beloning van die hemelse heerlikheid, gee Hy sy goedheid en genade in elkeen wat in Hom glo. Hy gee sonder verdienste, Hy gee meer as wat verdien kan word, Hy gee vir wie Hy wil net soos wat Hy wil, Hy gee ten spyte van wie ons is. God se optelsom van sy genade aan elkeen wat in Hom glo, wys vir ons wie Hy is!

Subscribe to:
Comments (Atom)