Oordenking 29 Julie 2012
Bid vir die reis
“... bid ...dat julle Hom werklik kan ken.” (Efesiërs 1:17)
Ons is besig om gereed te maak om vanaf 5 Augustus 2012 ‘n geestelike reis van vernuwing aan te pak na aanleiding van Romeine 12 – ons gaan reis op Roete 12. Kom ons bid vir hierdie reis:
• Vir wie bid ons?
Ons bid vir ons mede-reisigers wat uitgeken word aan “geloof in die Here Jesus en liefde vir al die gelowiges” (Ef.1:15).
• Wanneer bid ons?
Ons hou nie op om God te dank vir die mede-reisigers nie (Ef.1:16).
• Tot wie bid ons?
“... die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie al die eer toekom, deur sy Gees ...” (Ef.1:17). Dit is God Drie-enig!
• Wat bid ons?
Dat God aan ons die wysheid gee en Hom so aan ons openbaar dat ons “Hom werklik kan ken” (Ef.1:17).
• Wat kan ons verwag as hierdie gebed verhoor word?
Dat Hy ons “geestesoë so sal verhelder” dat ons kan weet:
1. “watter hoop sy roeping inhou”;
2. “watter rykdom ... vir die gelowiges bestem is”; en
3. “hoe groot sy krag ...in ons” is (Ef.1:18 en 19a).
• Hoe kragtig is hierdie gebed se uitkoms in ons?
“Dit is dieselfde ... mag waarmee Hy Christus opgewek het en Hom ...aan sy regterhand laat sit het ...” (Ef.1:19b en 20).
• Kan ons deur hierdie gebed die bose oorwin?
Ja, deur die goddelike werking van God in ons, deel ons in die mag “hoog bo alle bose magte en enige ander vorm van gesag ...” (Ef.1:21a).
• Wanneer sal hierdie gebed van ons verhoor word?
“... nie net in hierdie bedeling nie maar ook in die bedeling wat kom.” (Ef.1:21b)
• Wat is die kernrede vir ons gebed?
Dat God aan Christus “alles sal onderwerp, Hom bo alles sal verhef en Hom aanstel as hoof van die kerk.” (Ef.1:22)
• Wat is die rol van die kerk in hierdie gebedsreis?
Die kerk laat Jesus “volledig wees wat Hy is.” (Ef.1:23 uit Die Boodskap)
Geniet die reis!
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Thursday, July 26, 2012
Wednesday, July 18, 2012
Oordenking 22 Julie 2012
Oordenking 22 Julie 2012
Kies self vir al die hemelse voorregte
“... die Vader ... het ons in Christus Jesus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.” (Efesiërs 1:3)
Kom ons maak ‘n lys van al die hemelse voorregte wat daar is:
1. Die voorreg om uitverkies te wees (Ef.1:4);
2. Die voorreg om heilig en onberispelik voor God te wees (Ef.1:4);
3. Die voorreg om deur sy liefde en genade, Jesus se kinders te wees (Ef.1:5);
4. Die voorreg van sy groot genade wat Hy vrylik aan ons gee (Ef.1:6);
5. Die voorreg om deur die bloed van Jesus verlos en vergewe te wees (Ef.1:7);
6. Die voorreg van die ryke genade van God wat so oorvloedig aan ons gegee word (Ef.1:8);
7. Die voorreg dat Hy die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak het (Ef.1:9);
8. Die voorreg dat Christus God se wil presies op die regte tyd vir ons uitgevoer het (Ef.1:10a);
9. Die voorreg om onder Christus verenig te wees (Ef.1:10b);
10. Die voorreg om deel van die volk van God te wees (Ef.1:11a);
11. Die voorreg om te weet dat alles volgens God se raadsbesluit gebeur (Ef.1:11b);
12. Die voorreg om die grootheid van God te prys (Ef.1:12,14c);
13. Die voorreg dat ons deur die waarheid van die evangelie tot geloof kom (Ef.1:13a);
14. Die voorreg dat ons deur die Heilige Gees gemerk word as eiendom van God (Ef.1:13b);
15. Die voorreg dat ons alles sal ontvang wat God belowe (Ef.1:14a);
16. Die voorreg van die waarborg dat almal wat aan Hom behoort, verlos sal word (Ef.1:14b);
17. ... en al die ander voorregte wat in God se Woord, aan ons belowe word.
God gee wat Hy vra; Hy gee meer en beter as wat ons van Hom vra; Hy gee meer as wat ons verstaan; Hy gee sonder dat ons dit verdien; Hy gee onvoorwaardelik; Hy gee wat ons die nodigste het; Hy gee in oorvloed ...
Ons ontvang genade, liefde, redding, vergifnis, heiliging, lewe, waarheid, blydskap, vrede ... ja, al die hemelse seëninge wat daar in Jesus Christus vir ons gewaarborg word, word aan ons gegee!
Maak jou hart oop; maak jou lewe oop; maak jou denke oop ...
Kies self; kies verseker; kies nou; kies altyd; kies Jesus; kies lewe; kies vrede; kies liefde ...

Thursday, June 28, 2012
Oordenking 1 Julie 2012
Oordenking 1 Julie 2012
Goddelike ouerliefde: wat is dit?
“Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God, want God is liefde.” (1 Johannes 4:8)
Die veiligste en beste plek binne enige gesin, is die onderlinge liefde in die gesin. Hierdie liefde in die gesin is slegs moontlik waar Goddelike liefde eg teenwoordig is in die gesin.
Tog gebeur dit dat volwasse kinders ander waardes uitleef as die waardes wat in hulle ouerhuis gegeld het. Dan kan ouers maklik voel dat hulle misluk het in die opvoeding van hulle kinders. Ouers moet egter onthou dat hulle steeds ‘n positiewe invloed vir hulle volwasse kinders kan wees. Christen-ouers moet daaraan vashou dat God se liefde vir ons beteken dat Hy ons nooit verlaat nie, en dat Hy gereed is om in elke moontlike situasie te help, of dit nou goed of sleg is.
Ouers moet onthou dat volwasse kinders kan steeds verander. Dit gebeur baie keer dat kinders wegdryf van die gesinswaardes in die fase wat hulle uit die huis gaan. Juis dan moet ouers nie moedeloos word nie, maar steeds volhardend bid vir hulle jong volwasse kinders. Omgee-ouers behoort te weet dat die positiewe invloed wat hulle vir hulle kinders is, is veral in die voorbeeld wat hulle steeds vir hulle kinders stel. Deur getrouheid teenoor God te demonstreer aan hulle kinders, word hulle rolmodelle van ‘n goeie lewe. Om deurlopend hulle lojaliteit teenoor God uit te leef, is die kragtigste manier om steeds hulle volwasse kinders te beïnvloed.
Daar is goeie nuus vir ouers wie se volwasse kinders weggedryf het van die goeie gesinswaardes wat in hulle ouerhuis gegeld het. Dikwels sal hierdie kinders se lewens verander sodra hulle self kinders het. Hierdie nuwe ouers besef dan die enigste betekenisvolle waardesisteem, is dié een wat gebaseer is op egte geloof en vertroue in Jesus Christus. Dan keer hulle terug na die waardesisteem wat gebou is op genade en vergifnis. Daarom is dit uiters belangrik dat jong volwasse kinders vashou aan hulle geestelike nalatenskap, nie net ter wille van hulleself nie, maar ook ter wille van hulle kinders en hulle kleinkinders.
Goddelike ouerliefde bestaan dus in die aktiewe uitleef van die liefde van God wat deur Jesus gedemonstreer is met sy verlossingswerk. Elke gelowige ouer het die geleentheid om sy kinders deur al hulle ontwikkelingsfases te begelei in volledige afhanklikheid van God se liefde. God self is die kragtigste en betroubaarste ouerleiding wat daar kan wees – en Hy help so verskriklik graag!

Wednesday, June 20, 2012
Oordenking 24 Junie 2012
Oordenking 24 Junie 2012
Hoe maak ek my kinders groot?
“Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee.” (Psalm 127:3)
Niemand van ons het opleiding gekry in ouerskap, en ouerskap is een van die moeilikste verantwoordelikhede wat daar kan wees. Ouers met selfvertroue laat toe dat hulle adolessente en jong volwassenes waag in die lewe, en so groei tot volwassenheid.
Moderne skrywers oor gesinne, stem saam dat daar vyf fases van ontwikkeling tot volwassenheid is:
Fase 1: Kinders kom in opstand teen ouerlike gesag: vanaf twaalfjarige ouderdom beweeg kinders tussen vaste grense en vryheid in hulle ontwikkeling. In hierdie normale fase leer ouers om hulle optrede teenoor hulle kinders aan te pas.
Fase 2: Kinders betree normale adolessente rebellie: in hierdie fase word huisreëls uitgedaag, is daar groter aangetrokkenheid tot hulle ouderdomsgroep, en word gesinswaardes bevraagteken.
Fase 3: Kinders begin werk of gaan studeer: in hierdie fase verlaat kinders normaalweg die huis, en is daar verlange en hartseer.
Fase 4: Gesinslede herdefinieer hulleself en hulle rolle in die gesin: ouers en kinders sien mekaar minder, met die gevolg dat ouers nuwe energie vind in nuwe dinge en kinders hulle eie waardes ontwikkel.
Fase 5: Volwasse-tot-volwasse-verhoudings ontwikkel: elke persoon word nou gesien as ‘n onafhanklike en gewaardeerde individu.
Daar is veral twee gevare wat hierdie normale ontwikkeling van kinders negatief beïnvloed:
• Oorbeskerming: alles word vir die kind gedoen en gegee, en die kind leer nooit selfstandigheid, harde werk of finansiële onafhanklikheid nie.
• Onbetrokkenheid: ouers is te besig of nie toeganklik nie, met die gevolg daar ontwikkel nooit ‘n passievolle liefdesverhouding tussen ouer en kind nie.
Die antwoord in suksesvolle ouerskap is geleë in daardie aspekte wat ons reg doen, en dan veral om dit nog beter te doen. Maar die heel belangrikste basis vir suksesvolle ouerskap is in ‘n ouer se positiewe liefdesverhouding met die kinders. Kinders se belangrikste behoefte is om te ervaar dat hulle word deur hulle ouers liefgehê.
Hoe lyk hierdie onontbeerlike ouerliefde? Dit is slegs moontlik vanuit die vaste verhouding wat beide ouers met die Here het. Dit is slegs die Here wat ouers kan help om met balans, met wysheid, met deernis en met geloof hulle kinders lief te hê. Op hierdie manier is daar kalmte, sekuriteit en geborgenheid in die gesin. Elke gesinslid geniet sy eie unieke plek in die huis, en gee ook ruimte vir mekaar se verskille en goeie karaktereienskappe.
Ouerliefde maak kinders reg groot!

Wednesday, June 13, 2012
Oordenking 17 Junie 2012
Oordenking 17 Junie 2012
Pa-wees in 2012
“... watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” (Fil. 4:8c)
Om pa te wees in vandag se tyd, is geen grap nie. Daar is soveel druk op die huisgesin vandag met nuwe uitdagings wat daar nie in die verlede was nie. Pa en ma werk om ‘n sekere lewensstandaard daar te stel en dan te handhaaf, dat daar nuwe reëls geld vir ouerskap, en spesifiek vir pa-wees. Die moeders in elke huis sal vandag bietjie geduldig wees as ons spesifiek net aandag gee aan die vaders.
Man-wees het direk te doen met pa-wees. En man-wees het nie verander nie, maar die rol en plek van pa-wees het oor die afgelope drie dekades drasties verander. Pa is nie nou meer die enigste of primêre broodwinner in die huis nie – die huisgesin is ook afhanklik van ma se inkomste. Dan het die samelewing ook aan die vrou is baie meer prominente rol gegee as gelyke vennoot van die manlike geslag. En die tradisionele karaktertrek van man-wees, is dat mans wil graag voel hulle is in beheer as die fisies sterker geslag. Nou neem vrouens op baie plekke die rol van die man oor: dit gebeur by aanstellings in die professionele beroepsomgewing, dit gebeur in die kerk en dit gebeur in die huisgesin. En omdat man-wees hierdeur bedreig word, word pa-wees ook bedreig. En hier is dit nodig dat ons in die kerk volgens die Bybel weer die rol van pa-wees in die huisgesin uitklaar.
Paulus gee riglyne vir die Christelike lewenswandel. Natuurlik geld hierdie riglyne ook vir die vrou en die ma. Maar wanneer die pa van die huis dit weer herontdek en toepas om voor te loop in die uitleef van die Christelike deugde, sal dit ‘n direkte positiewe effek hê in die hele gesin. Pa behoort sy Bybel getrou te lees sodat hy die voorbeeld kan stel in alles wat waar, wat edel, wat reg, wat rein, wat mooi, wat prysenswaardig is. Pa’s kan weer hulle rol as hulle manne van die Woord binne die nuwe omstandighede van vandag, herontdek.
Suksesvolle pa-wees beteken dat die pa in die huis ‘n sigbare, lewende en vaste verhouding met die Here het. Ons behoort baie ernstig te bid vir die bekering van pa’s. Ma’s en kinders behoort met groot toewyding vir pa’s die ruimte te gee om priester in die huis te wees.

Wednesday, June 6, 2012
Oordenking 10 Junie 2012
Oordenking 10 Junie 2012
My familie dien die Here
“Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” (Josua 24:15c)
Daar is soveel negatiewe tendense rondom huwelike, gesinne en families die afgelope klompie jare. Om ‘n paar te noem: die geweldige hoeveelheid egskeidings, kindermolestering wat aan die lig kom, gebroke en hersaamgestelde huisgesinne, en die toename in bejaardes wat versorg moet word. Hoe ver moet die pendelum nog swaai na die negatiewe kant voordat dit weer begin terugswaai na die positiewe?
Daar is ‘n nuwe geslag ouers nodig en die kerk bied die ideale geleentheid om hierdie nuwe geslag ouers toe te rus en te bemagtig om deel van die ommekeer te wees. Binne die liefdesgemeenskap van gelowige kinders van die Here, kan ons mekaar help en kan die ouer geslag vir die jonges leer uit hulle foute van die verlede. Dan is daar nog die nuwe eise wat aan ouerskap gestel word in die veranderende omstandighede wêreldwyd. Hier kan ons dink aan die ontploffing van inligting deur die tegnologie, die ekonomiese insinking wêreldwyd, die uitdagings van klimaatsverandering en die krisis in ons onderwysstelsel.
Christen-gelowige ouerskap vorm die sleutel vir ‘n gesonde samelewing. Ouers wat verstaan en toepas dat hulle die primêre rolmodelle vir hulle kinders is. Kinders wat die liefde en sekuriteit ervaar van ouers wat openlik lief is vir mekaar en Christelike waardes toepas in die opvoeding van hulle kinders. Daarom het ons die geleentheid om in die kerk met mekaar te praat oor die waarde van gelukkige huwelike. Ons kom hier met mekaar ooreen oor die beginsels wat ons aan ons kinders wil oordra.
Josua lei die volk Israel die beloofde land in. Die Israeliete het in die woestyntog met ander volke in aanraking gekom, en so ook met die afgode van die ander volke. Josua tree namens die Here op en stel die Israeliete voor ‘n keuse: kies wie julle wil dien, die gode van die ander volke, of die Here. Josua het klaar besluit: “Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” (Josua 24:15c) Te maklik en te vinnig reageer die Israeliete: “Ook ons sal die Here dien. Hy is ons God.” (Josua 24:18b) Josua is bekommerd oor hoe erntig die volk is in hulle keuse: “As julle die Here verlaat ..., sal Hy ... ‘n end aan julle maak.” (Josua 24:20) Dan gebruik Josua ‘n klip as getuie wat alles gehoor het wat die volk belowe het.
Wie wil jy en jou familie dien?

Wednesday, May 23, 2012
Oordenking 27 Mei 2012
Oordenking 27 Mei 2012
Goddelike heerlikheid vir ons vandag!
“...sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het...” (Johannes 17:24)
Hoor net hoe aanloklik klink die volgende: uitnemende skoonheid, toestand van volmaaktheid, geluksaligheid. Hierdie is almal woorde wat die HAT gebruik om “heerlikheid” te beskrywe. In Johannes 17 bid Jesus dat ons, wat sy uitverkore eiendom is, juis hierdie heerlikheid sal sien. Hoe sien ons dit?
Hy bid daarvoor in die woorde “dat waar Ek is, hulle ... ook by My moet wees” (ook uit vers 24). Hoe kan ons by Hom wees, Hy is dan in die verheerlikte posisie aan Gods regterhand? Hy bid ook dáárvoor in die woorde “sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle” (vers 26).
In hierdie gebed van Jesus is daar soveel verskillende beskrywings van ons, as uitverkorenes, se verhouding met Hom: “...almal wat U (die Vader) Hom (Jesus) gegee het(vers 2); dat hulle U ken (vers 3); aan U behoort (vers 6); hulle het geglo (vers 8); aan My behoort (vers 10); ens. Hierdie verhouding is vas, stewig, innig, persoonlik, liefdevol, uniek, ewig, beskermend, vervullend, bevrydend, oorwinnend, ja, volledig wat ons nodig het om “in Hom” te wees.
En die skoonheid en volmaaktheid en die geluksaligheid van hierdie verhouding met Hom, verbeter en ontwikkel deur die mate waarin ons as uitverkorenes ons gestuurdheid in die wêreld uitleef. Jesus is deur ons heilige en regverdige Vader gestuur om die werk te voltooi wat Hy vanuit die hemel ontvang het. Nou is sy magte aan die uitverkorenes oorgedra om vandag die hemelse werk voort te sit.
Hierdie hemelse werk word in een woord beskryf, “liefde”. Jesus bid oor die liefde wat ons Vader al voor die skepping van die wêreld, vir Hom gehad het (vers 24, 26). Nou bid Hy dat daardie selfde liefde van ons Vader, ook in die uitverkorenes sal wees. En die Goddelike liefde is vir ons gedemontreer deur Jesus self, maar Jesus self omvorm ons ook met daardie liefde, en stel ons in staat om soos Hy lief te hê.
Hemelse-Jesus-liefde ken die enigste ware God, word gestuur na die wêreld, verheerlik God deur sy werk te doen, bewaar teen die Bose en het onvoorwaardelik lief soos wat God vir Jesus liefhet. Ons geliefde uitverkorenes is in hierdie wêreld sodat ons liefde sal bewys aan diegene na wie toe Hy ons stuur.

Subscribe to:
Comments (Atom)