“Vir
sover julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van My gedoen
het, het julle dit aan My gedoen.” (Matteus 25: 40)
Stephan Joubert skryf in die Beeld van 12
Januarie 2016: “God is steeds oral hoorbaar, voelbaar en sigbaar. Ons moet maar
net naby genoeg aan Jesus loop dat die stof van sy voete ook op ons begin spat,
dan sien ons Hom op 10 000 plekke raak.”
‘n Beter lewe vir jouself, ‘n beter lewe vir
mense wat op jou pad kom en ‘n beter lewe vir almal in hierdie wêreld, begin by
die naleef van Jesus se voorbeeld. Tydens Jesus se relatiewe kort fisiese
optrede hier op aarde, baie lank gelede, het Hy kom wys hoe Jesus-mense lewe.
Na sy fisiese vertrek met die hemelvaart, het Hy met die uitstorting van die
Heilige Gees ‘n manier geskep om deur meer mense op meer plekke oor alle tye
wat kom, sy voorbeeld voort te leef.
Kom ons noem net kortliks wat ons by Jesus
leer:
·
Hy breek weg van alle valse vorme van
godsdienstigheid en verdienstelikheid deur wetsgehoorsaamheid;
·
Hy vereenselwig Homself met mense
wat swaarkry, met mense wat minderbevoorreg is en met mense wat deur die
samelewing eenkant gestoot word;
·
Hy kom leer vir sy volgelinge vir
alle tye wat sou kom, hoe om werklik bevrydend en met liefde gevul, te lewe;
·
Op ‘n nederige én vernederende
manier bewerkstellig Hy eenmalig die redding van alle mense van alle tye wat in
Hom glo;
·
Hy leer sy volgelinge dat sy
Goddelike terrein, waar Hy alomteenwoordig is, op ‘n misterieuse én fantastiese
wyse deur Hom beheer word;
·
Hy kies aktief om voort te leef
deur sy Gees in elkeen wat bewustelik kies om in Hom te glo en Hom te dien; en
·
Hy is elke sekonde steeds besig om
elkeen wat aan Hom behoort, voor te berei vir die ewigheid wat ons saam met Hom
gaan deurbring.
Wat beteken hierdie Jesus-lering vandag vir my
en vir jou?
1.
Jesus is ons enigste Verlosser;
2.
Jesus leef voort in ons deur sy
Gees; en
3.
Jesus is besig om in ons ‘n beter
lewe te skep!
Leef Jesus dus raak in 10 000 plekke ...
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.