Oordenking 18 September 2011
Herskeppende teenswoordige Regeerder
“Ek het gesien daar staan ‘n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand.” (Op. 4:2b)
Die deur na die hemel word op ‘n klein skrefie vir ons oopgemaak. In Johannes se simboliese taal, beskryf hy in Openbaring 4 die sogenaamde “troontoneel”. Daar is ‘n troon met Iemand op, rondom die troon is 24 ouderlinge en 4 lewende wesens. Wat beteken dit vandag vir ons?
Die Iemand op die troon, is God wat die wêreld beheer. Hy regeer vanuit die hoogste posisie. Hy is in volle beheer van alle gebeure wat Hom en sy koninkryk raak. Te midde van watter politieke en ekonomiese woelinge daar ookal op aarde gebeur, God is op die troon en Hy is in beheer. Te midde van al die aardse boosheid en goddeloosheid, word God steeds erken as die Een wat die bosemagte sal oorwin. Die sittende Een op die troon voer heerskappy oral en altyd en in alle opsigte. Die heerlikheid straal soos pragtige gekleurde edelgesteentes uit Hom.
Die 24 ouderlinge rondom die troon is die totale, verloste, klaar verheerlikte kerk op aarde, reeds rein gewas en toegerus om dienswillig instrumenteel in God se hand, te regeer. Deur die volheid (simbolies sewe) van die Heilige Gees, is God herskeppend besig om vandag deur sy kerk hierdie aarde geestelik nuut te maak. Die 4 lewende wesens (afgelei uit Eseg.1 en Jes.6) is simbolies die hele lewende skepping en het die vermoë om met spoed God se wil uit te voer.
Wat beteken dit vandag vir ons?
Die belangrikste is om vandag te ervaar Wie God werklik is:
Hy is die heilige verlossende Herskepper en die herskeppende teenswoordige Regeerder!
Hoe raak dit ons vandag?
As rein gewaste kinders van God, is Hy besig om deur ons hierdie deurmekaar aarde geestelik nuut te maak. In hierdie laaste dae wat ons op aarde is, is ons deel van God se regeringsmag oor alle bosemagte en goddeloosheid. Hy is besig om te wen, en dit beteken, ons is besig om te wen.
Terwyl ons terugkyk na wat God reeds gedoen het en ons kyk vorentoe na wat Hy nog gaan doen, kry ons moed vir vandag.
Kom ons dink na oor:
1. Watter alledaagse voorbeelde is daar van God wat in beheer is?
2. Hoe kan ons in die kerk deel wees van God se heerskappy?
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Wednesday, September 14, 2011
Thursday, September 8, 2011
Oordenking 11 September 2011
Oordenking 11 September 2011
Ek maak die deur weer en weer oop
“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.” (Openbaring 3:20)
Ek bly oortuig, eenmaal ‘n kind van die Here, altyd ‘n kind van die Here. Maar dan is ek ook oortuig, dat ons nie net kinders van die Here moet bly nie, maar geleentheid het om te groei tot volwassenes in die Here. Volwassenes in die Here het die geleentheid om meer wysheid, inniger liefde en groter invloed binne God se koninkryk te bekom. Hoe?
Deur die deur van jou hart weer en weer oop te maak vir die Een wat klop. Om die deur oop te maak vir die Een wat klop, is om tot bekering te kom. Toewyding aan die Een wat klop en voortgaande herhaalde bekering is nodig in Gods koninkryk. Ek hoef nie telling te hou oor hoeveel keer ek al tot bekering gekom het nie of hoeveel keer ek die deur al oopgemaak het nie. As ek enigsins daaroor twyfel, dan kan ek bid en vra en verwag om tot bekering te kom. Dit maak ook nie saak hoe en wanneer ek die eerste keer tot bekering kom nie, maar dit maak saak of ek werklik tot bekering gekom het.
Hoe kom ek tot bekering, of hoe kom ek weer tot bekering?
Maak jou lewe (weer) oop vir God se Gees om geloof in Hom in jou te werk.
Die bewys van bekering is vir ons baie belangrik. Elke bekeerde kind van die Here wil graag weet of hy/sy werklik die Een wat klop ingelaat het. Hier is moontlike bewyse dat jy reeds ‘n kind van die Here, ja, ‘n volwassene in die Here is:
• Jy beleef al hoe meer jou totale afhanklikheid van God se Gees se werking in jou;
• Jy ontwikkel ‘n spontane liefde vir jou medemens in nood;
• Jy kan nie meer stil bly oor die verlossingsboodskap wat jou lewe verander nie;
• Jy ervaar die lewende God as groter werklikheid in jou daaglikse lewe; en
• Jy voel al meer vreemd met die goddeloosheid in ons wêreld vandag.
Kom ons dink na oor:
1. Hoekom sien ons nie meer van bekering in ons kerk nie?
2. Omskryf ‘n volwasse kind van die Here.

Wednesday, August 31, 2011
Oordenking 4 September 2011
Oordenking 4 September 2011
Leef in die aanwesigheid van die Almagtige
“Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige. (Openbaring 1:8)
Ons lewe in die eindtyd – dit is die tyd tussen Jesus se eerste koms na die aarde en sy tweede koms waarop ons wag. Hoe gereed is jy dat Hy weer kan kom? Jou gereedheid vir Jesus se wederkoms word direk bepaal deur jou daaglikse ervaring van sy teenwoordigheid in jou lewe.
Die boek Openbaring wil die lesers voorberei op Jesus se wederkoms. In die volgende paar weke gaan ons met hierdie doel deur die boek Openbaring blaai. In die tipiese Griekse briefstyl, lees ons dat die hooftema van Openbaring is Christus se wederkoms aan die einde van die tyd.
Daniël 7:13 en Sagaria 12:10 word gekombineer deur die skrywer om die triomferende verskyning van Christus en die vyandige respons van die wêreld daarop, te beskryf. Binne die Joodse denke verskyn die Messias “met die wolke” (Eks. 13:21; 16:10; Matt. 17:5; Hand. 1:9).
Alle mense sal Jesus sien verskyn, en nie net die Jode en die Romeine wat Hom gekruisig het nie. Almal sal weeklaag in selfverwyt en in berou – dit is ook moontlik dat daar skulderkenning by die volke sal wees. In Op. 22:20 word die koms van Christus op soortgelyke wyse beklemtoon.
In Op. 1:8 kom God self aan die Woord in die eerste persoon. Binne die Joodse denke beteken dit dat God nie net die begin en die einde is nie, maar dat Hy ook alles tussenin is – alles in almal en in alles. Hy omvat die hele bestaande werklikheid. In Op. 21:6 word die Alfa en die Omega aangevul met die Begin en die Einde. Hiervolgens is daar geen deel van die geskiedenis waar God uitgesluit kan word nie – die volle historiese verloop is binne sy almag.
Niemand kan die goddelike en magtige teenwoordigheid van Christus ontkom nie – almal sal Hom sien en reageer daarop. Maar dit gaan nie in Openbaring net oor Christus se wederkoms aan die einde van die tyd nie, maar is sy verskyning onder mense in die teenswoordige tyd ingesluit. God is in sy almag aanwesig binne die verloop van die hele geskiedenis.
Kom ons dink na oor:
• Watter tekens sien jy raak dat ons in die eindtyd lewe?
• Verduidelik jou eie gereedheid vir Jesus se wederkoms.

Wednesday, August 24, 2011
Oordenking 28 Augustus 2011
Oordenking 28 Augustus 2011
Jý is God se oplossing!
Daar is so baie moedeloosheid onder ons. Dit is asof ons hoop verloor het. Te veel goed loop verkeerd: die misdaad bly baie erg; die korrupsie is baie hoog; die onderwys sukkel al hoe meer; armoede neem toe – alles negatiewe goed, en ons verlang na uitkoms.
En eintlik het jý die antwoord ... in God se Woord ... ‘n splinternuwe uitnodiging:
“Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.” (Jesaja 55:1)
Die oplossing is gratis en verniet, so verniet dat diegene wat daarvoor wil betaal, gespot word. Waarom wil jy probeer betaal vir iets wat nie gaan help nie. Ons betaal klaar ‘n prys met al ons negatiewe praatjies. Ons verloor die bietjie hoop wat ons nog het deur na antwoorde te soek op die verkeerde plekke. Die antwoord is nie positiewe ekonomiese groei nie. ‘n Nie-korrupte en puik regering sal nie die armoede laat verdwyn nie. Geld kan nie jou geluk koop nie. ‘n Model onderwysstelsel gaan nie skoolkinders rolmodelle sonder probleme maak nie.
Die uitnodiging, en daarom die antwoord, is in die aanbod van ‘n lewende verhouding tussen jóú en God. Die probleem is dat die klakouse glad nie daarin die oplossing vir ons probleme sien nie.
Hierdie aanbod geld nóú, vandag – gister is verby en môre kan te laat wees! God is vandag reg vir ‘n splinternuwe verbintenis met Hom. Hy wil in die teenswoordige tyd ‘n totaal nuwe verhouding met jou aanknoop. Moenie uitstel nie! Moenie wag nie! Moenie maak asof jy dit nie nodig het nie!
Moenie die fout of die probleem of die antwoord of die oplossing by ander of op ‘n ander plek soek nie. God wil by jóú begin asof jý die enigste mens op hierdie aarde is. Die Slimste, die Magtigste en die Liefste Een wil hierdie wêreld deur jóú ‘n beter plek maak. Hy wil vandag by jóú begin om die moedeloosheid weg te dryf. Hy het nie ‘n ander oplossing nie, jý is die antwoord op vandag se hooploosheid!
Vanuit die splinternuwe verhouding wat God met jóú vandag aanknoop, wil Hy deur jóú wondere verrig. “In die plek van ‘n doringbos sal daar ‘n sipres opskiet ...” (Jes. 55:13a) Wees gereed dat jý vandag groot dinge in sy Naam sal doen. In die ervaring wie Hy in jóú is, word jý in staat gestel om positief sy Koningsheerskappy op aarde te vestig. Hy sorg daarvoor, want sý eer is op die spel. Die toets vir hoe eg Hy in jóú is, sal wys deur jóú lewe vandag! Hoe bereid is jý, dat God deur jóú, werk?
Kom ons dink na oor die volgende:
• Beskryf die splinternuwe verhouding tussen jóú en God.
• Watter positiewe bydrae wil God deur jóú lewer?

Wednesday, August 17, 2011
Oordenking 21 Augustus 2011
Oordenking 21 Augustus 2011
Die veiligste plek op aarde
“Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al
die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.” (Ef. 1:3)
Wie sal nie belangstel om op die veiligste plek op aarde te wees nie?
‘n Tyd gelede lees ek van beeldspraak oor die veiligste plek op aarde. En dit het my sedertdien
gehelp om anders te dink oor my lewe hier op aarde. Ons lewe op aarde word simbolies beskryf as ‘n
bestaan in ‘n huis met twee vertrekke, ‘n onderste kamer en ‘n boonste kamer.
In die onderste kamer is ek self in beheer oor alles wat daar gebeur. Die eie selfsugtige ek bepaal waar
die meubels staan. Die sondige natuur wat in elke individu is, is hier in beheer en onder druk om te
presteer. Hier staan ek onder die wet, en lewe in vrees en onsekerheid of ek goed genoeg is. Hier is my
vleeslike begeertes oorheersend en beleef ek ‘n stryd met dit wat in die boonste kamer gebeur.
In die boonste kamer is die Heilige Gees in beheer oor alles wat gebeur. Hier bepaal die Gees waar die
meubels staan. Hier skep die Gees in my ‘n passie om te groei, om God te aanbid, om Hom te vertrou
en is dit vir my ‘n vreugde om in gehoorsaamheid aan God te lewe. Hier word ek reeds bederf “met al
die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.” Hier hoor ek God se stem, voel Hy naby (in) my,
ervaar ek sy genade, en is ek binne God se wil.
Duskant die graf, spandeer ek meeste van die tyd in die onderste vertrek. Ander kant die graf, sal ek vir
die ewigheid in die boonste vertrek vir altyd bly voortbestaan. Oppad hemel toe is vlees en Gees gedurig
in stryd met mekaar. “Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op
die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede.” (Rom. 8:6).
Die veiligste plek op aarde is om gedurig in die teenwoordigheid van God te lewe, “voor die aangesig van God” (ou Afrikaanse vertaling). Hier is ek vry om te dien en leef ek vry in die Lig van God. Ek leef met my probleme, met my hartseer, met my bekommernis en met my onsekerhede onder beheer van die dinamika van die Gees. My blydskap, my genot, my voorregte, my kalmte, my rus en nog vele meer beleef ek eerstehands uit God se hand.
Kom dink saam met my:
1. Wat laat jou onveilig voel in jou huidige omstandighede?
2. Beskryf iets van jou eie stryd teen die begeertes van jou sondige natuur.
3. Noem voorbeelde van ervaringe in die boonste vertrek van jou aardse lewe.

Wednesday, August 10, 2011
Oordenking 14 Augustus 2011
Oordenking 14 Augustus 2011
Godsdienstig of wedergebore?
“Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat graag wil nie.” (Gal. 5:17)
Twee kontraste:
x Godsdienstig: √ Wedergebore:
x verpligte gewoontes as kerkmens √ spontane lewenswyse as kerkmens
x doen wat sondige natuur begeer √ word gelei deur die Gees
x help ander as ‘n plig √ doen graag iets aan ander se nood
x twyfel of goeie Christen is √ voel vry om net kind van God te wees
x lees Bybel as ‘n vereiste √ Bybel as inspirasie om vry te leef
x bid is ‘n ritueel √ gebed is om in kontak met God te wees
x gee dankoffers as plig teenoor kerk √ gee onvoorwaardelik liefdegawes
x glo ter wille van eie redding √ glo ter wille van wie Jesus is
x stagneer as Christen √ word getransformeer as kind van God
x eie behoeftes is belangrikste √ fokus op die Here se behoeftes
x wil dit so maklik as moontlik hê √ bereid om swaar te kry om te groei
x selfgesentreerd √ selfloos
Daar is baie goeie godsdienstige mense en die kenmerke van godsdienstigheid is baie goeie waarde vir almal. Tog is die wedergebore Christene beskeie en nederig afhanklik van God se genadige werking deur sy Gees in ons.
Waardeur word jou lewe gekenmerk?
Doom Charl
Wednesday, August 3, 2011
Oordenking 7 Augustus 2011
Oordenking 7 Augustus 2011
“Wow”-oomblikke as beloning
“Op die laaste dag wanneer al sy kinders daar voor Hom bymekaar is, wag daar ‘n groot geskenk vir jou van God self.” (Lukas 14:14 uit Die Boodskap)
Ek loop al vir baie jare rond met die vraag oor beloning en vergoeding vir kinders van die Here wat opreg en met ‘n oop hand na ander uitreik. Hoekom dit vir my ‘n probleem is, is die feit dat dit so ‘n wesentlike deel van ons gereformeerde belydenis is, naamlik dat ons sonder enige verdienste gered word. Tog is daar verskeie Skrifgedeeltes wat beloning vir die goeie en vrygewige gelowiges verseker.
In die kort gelykenis in Lukas 14: 12 – 14, word die gasheer daarop gewys dat diegene wat net mense vir ete nooi, wat weer dieselfde guns kan terug bewys, reeds deur mense vergoed is. Dit is mos ‘n soort sosiale patroon, dat mense net aan ander iets gee as hulle dieselfde of meer terug kan ontvang. Maar eintlik moet die gasheer se uitnodiging eerder wees aan almal wat arm is en niks het om te eet nie, aan die siekes en diegene met liggaamlike gebreke. Want dit is hierdie minderbevoorregtes wat niks in ruil kan teruggee nie, aan wie kinders van die Here goeie dinge doen.
Dan kom die vorm van beloning en vergoeding ter sprake. As jy goed doen sonder om iets terug te verwag, sal God self vergoed waar mense dit nie doen nie. Hierin is daar ‘n fyn lyn van onderskeiding wat ons nie so goed verstaan nie. Diegene wat gee om dieselfde terug te verwag, verwag dit maar eintlik tog uit en uit terug van mense (kom ons noem hulle die “gawe mense”). Dan is daar weer diegene wat gee sonder om iets terug te verwag, wat deur God self beloon word op sy tyd en volgens sy manier (kom ons noem hulle die “goeie mense”). Dus bepaal God self die aard van die vergoeding aan die goeies.
Volgens hierdie gelykenis, wag die groot geskenk van God eers aan die einde van ons aardse lewe. So, alhoewel ons sonder verdienste (slegs op grond van ons geskenkte geloof in Christus se verdienste), gered word, sal die hemelse heerlikheid soos ‘n groot geskenk wees. Natuurlik net baie groter en beter as wat ons onsself kan indink.
Moet die goeies dan so lank wag vir beloning? Nee, deur geestelike groei word die hemelse heerlikheid reeds gedeeltelik deel van my lewe hier op aarde. Iets van die waarde en omvang van God se groot geskenk word nou al, wat ek graag noem, “wow”-oomblikke. Hierdie “wow’-oomblikke beteken geluk en nog meer geluk vir diegene wat selfloos ander minderbevoorregtes se lewens verryk. Hemelse rykdom is om nou reeds op aarde, bederf-oomblikke van God se goedheid te ervaar.
• Is jy werklik gasvry indien jy slegs mense nooi vir ete wat dieselfde guns aan jou kan bewys?
• Dink aan praktiese uitvoerbare gebare aan minderbevoorregtes en gaan oor tot aksie.
• Het jy al “wow”-oomblikke as deel van jou selflose geestelike reis beleef?

Subscribe to:
Comments (Atom)