Oordenking 27 Januarie 2013
God soek jóú erg!
“Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” (Johannes 4:14b)
Moet asseblief nie die grootste en mees algemene fout maak met hoe jy jou verhouding met die Here verstaan nie! Ons as gelowiges dink so maklik dit ons soeke na God wat bepalend is in die kwaliteit van ons verhouding met die Here – ja, met die klem op óns soeke. Ons dink: ék moet God soek, ék moet meer bid, ék moet meer Bybel lees, ék moet meer dit of dat om nader en meer intiem met God te lewe.
Kom ons kyk wat het by die fontein by Sigar tussen Jesus en die Samaritaanse vrou gebeur: Jesus, die Jood, loop die gevaarlike kort pad deur Samaria na Galilea; by die fontein by Sigar wil Hy rus en water drink; Hy doen die mees onaanvaarbare ding om by ‘n vrou, en dan nog ‘n vrou met ‘n slegte naam, water te vra; maar dan bied Jesus vir haar lewende water aan, water wat haar ewige dors sal les ... kom ons maak weer die sprong na vandag:
Wie verteenwoordig hierdie Samaritaanse vrou vandag? Dit kan diegene met ‘n slegte naam wees, wat dalk ‘n etiket dra van so en so wees. Dalk is dit jy wat voel daar is te veel verkeerd in jou lewe, Jesus is te goed om vir jou bedoel te wees. Miskien het daar iets groot verkeerd geloop in jou verlede, iets wat jy dink God nooit sal kan vergewe nie. Moontlik voel jy nog nie gereed dat Jesus jou lewe kom oormaak nie, jy voel jy wil nog eers dit of dat. Opgesom: die Samaritaanse vrou verteenwoordig vandag elkeen van ons wat dors en smag na iets nuut in ons lewe as Jesus-mense.
Wat bied Jesus vir jou vandag aan? Wat het Hy vir die vrou aangebied? Lewende water. Dit is die lewe wat deur die Heilige Gees aan iemand gegee word omdat Jesus as Verlosser aan die kruis gesterf het. Hierdie lewe-gawe van God maak jou so vol, dat dit oorloop in jou lewe en ook vir ander verandering en vernuwing bring.
Kom ons keer terug na die probleemstelling aan die begin, naamlik dat ons geneig is om te veel klem te plaas op óns soeke na God. In die gesprek tussen Jesus en die vrou leer ons dat die klem baie sterker val op Jesus se aanbod van lewende water.
Dit is Hý wat jou soek; dit is Hý wat na jóú dors; Hý gee die lewende water; Hý bewerk die vernuwing; Hý maak van jóú ‘n kanaal van lewende water na ander; dit is Hý, en nogmaals Hý!
Laat Hý jou ewige dors les!
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Tuesday, January 22, 2013
Wednesday, January 16, 2013
Oordenking 20 Januarie 2013
Oordenking 20 Januarie 2013
Het jy al gevra?
“Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan ‘n mens gebore word as hy al ‘n ou man is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?”” (Johannes 3:4)
Het jy al gevra?
Het jy al vir Jesus gevra?
Het jy al gevra dat jy weer gebore word?
Jesus-mense is wedergebore-mense. Dit is mense wat deur die Heilige Gees volgelinge word van die lewende mens, Jesus. Jesus-mense is nou al reeds in die koninkryk van God, al is hulle nog van vlees en bloed op hierdie tydelike aarde. Maar omdat hulle wedergebore is, is hulle reeds “gees”, dit wil sê, hulle is reeds Gees-vervuld, hulle het reeds deel aan die goddelike dimensie waarin God bestaan. Wedergebore Geesvervulde Jesus-mense sal nie verlore gaan nie, maar het reeds die ewige lewe. Want hulle glo, hulle glo in die enigste Seun van God. Want hulle ontvang deur die onverdiende guns van God, die gawe om in Hom te glo.
Twee geleerdes, twee leermeesters, twee Joodse Rabbi’s is in gesprek met mekaar oor die wondertekens wat die Een doen. Rabbi Jesus stuur die gesprek in die rigting van die koninkryk van God, en hoe om daar in te kom. Dan vra Rabbi Nikodemus uit oor hoe ‘n ou man weer gebore kan word. Rabbi Jesus verduidelik en sy verduideliking kan net verstaan word as dit reeds met jou gebeur het. “... elkeen wat uit die Gees gebore is” (Johannes 3:8 se einde) verstaan die reëls van die koninkryk van God. God bied ‘n nuwe lewe aan, en elkeen wat hierdie aanbod aanvaar, word ‘n nuwe inwoner van sy koninkryk. Maar daarmee is die nuwe lewenswyse nie afgehandel nie. Jy behoort weer te vra, en weer te vra, ja, tot vervelens toe te vra:
Wanneer laas het jy vir Jesus gevra?
Wanneer laas het jy vir Jesus gevra dat sy Gees intenser in jou sal werk?
En wanneer sy Gees intenser in jou werk, word Hy al hoe meer in jou. Die aardse dinge kry ‘n ander betekenis omdat Hy nou ook deel daarvan is. Die Jesus-mens leef volgens die waarheid wat die Gees in jou werk. Oorgemaakte mense lewe anders, al hoe meer anders. Ander mense word om ander redes belangrik. Ander aardse goed word belangrik. Ander lewenswaardes geld omdat jy oorskakel na God se waardes.
Jesus is jou antwoord, indien jy vra!

Wednesday, January 9, 2013
Oordeking 13 Januarie 2013
Oordenking 13 Januarie 2013
Tema: Ywer vir U
“Liefde en ywer vir u huis brand in my soos ‘n verterende vuur.” (Johannes 2:17 uit Die Boodskap)
Dit bly indrukwekkend om te sien hoeveel ywer, energie en toewyding suksesvolle sportmense kan insit. Die prysgawe van persoonlike gerief en die ure wat aan oefening en voorbereiding spandeer word, is vir baie sportmense die resep van sukses en prestasie. En hoe lekker is dit nie as jou span of jou sportheld wen nie!
Maar hoe funksioneer wen en presteer in God se koninkryk?
Kom ons gaan kyk hoe Jesus vir ons die reëls in God se koninkryk prakties kom wys het. Dis die groot Joodse Paasfees; baie besoekende Jode is in Jerusalem; geld word gewissel en diere-offers word gekoop en verkoop; dit gaan woes ... dan daag Jesus op: Hy jaag die verkopers uit die tempel en keer die geldwisselaars se tafels om. Jesus wys prakties hoe Hy voel oor die verontreiniging van die tempel. Die eer van sy Vader word direk aangetas met dit wat daar in die tempel gebeur het. En die Seun van God tree op in liefde vir sy Vader; die ontreiniging van die tempel is vir Hom soos ‘n verterende vuur in Hom. Hoe kan ons hiermee die sprong maak na vandag?
Jesus was en is en sal altyd dieselfde wees (Hebreërs 13:8). Hy voel vandag nog net so ernstig oor elke saak wat God se saak enige skade kan aanrig. Sy ywer en gefokusde toewyding vir God se saak is vandag nog 100% in plek. Hy neem steeds volle verantwoordelikheid daarvoor. Hy kan nie waag om die eer van God aan ons oor te laat nie, ons maak van nature ‘n gemors daarvan.
Maar die groot sprong na vandag, kom met die plek wat die tempel destyds vir Jode ingeneem het. Die tempel in Jerusalem was waar die God van Israel in sy heiligheid teenwoordig was, net daar, nie op ander plekke nie. Nou sê Jesus in Johannes 2 dat Hy die tempel sal afbreek en weer in drie dae sal bou. Vir die toegewyde Jode, is dit die hoogste daad van verraad teen die Jodedom. Maar Jesus verwys na sy eie dood en opstanding op die derde dag. Hy Self kom gee nuwe inhoud en betekenis aan die teenwoordigheid van God. Hy Self word deur Hul (Drie-enige) Gees die-altyd-Teenwoordige, die God met ons.
... en so het Jesus steeds vandag die liefde en ywer in Hom vir Hul saak “soos ‘n verterende vuur.” En hier kom die beste vir vandag: dieselfde liefde en ywer kom werk Hy in elkeen van ons wat glo! Hy Self sorg vir die wen en presteer in ons vir sy koninryk! Sy ywer vir God word ons ywer vir Hom!

Wednesday, November 28, 2012
Oordenking 2 Desember 2012
Oordenking 2 Desember 2012
Uiteindelik! Lig en lewe vir die mens!
“In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.” (Johannes 1:4)
‘n Baie ou boodskap, ‘n boodskap wat nooit oud sal word nie, ‘n boodskap wat steeds lewens verander, dit is die boodskap oor Jesus se mens-wording.
Sê nou maar net Kersfees 2012 beteken dat meer mense vir die ware Jesus as enigste Verlosser ontmoet; sê nou maar net hierdie Kersfees vind daar ‘n grootskaalse herlewing regoor ons land, ja, sommer regoor die hele wêreld plaas; sê nou maar net die herdenking van Jesus se eerste koms na ons aarde, beteken dat Hy deur sy Gees kragtiger in elkeen van ons kom lewe! Ja, dit kan: Jesus kan ons elkeen nuut laat ontdek, ons nuut maak – sy eerste koms waarborg lewe en lig, die belangrikste wat elke mens nodig het.
“In Hom was daar lewe... “ Jesus is soos elkeen van ons as mens gebore. Hy moes mens word soos ons, om ons Verlosser te kan wees. Hy was sondelose mens wat net soos ons op hierdie aarde gelewe het met al die gewone daaglikse behoeftes van kos en klere, met emosies van hartseer en woede, met liefde vir swaarkry-mense. Hy het gelewe soos ons, maar in Hom is daar ook lewe. Hy moes sterwe, sodat ons kan lewe. Die sondelose Een moes sterwe, sodat sondaars die ewige lewe kan ontvang. Hy moes eers dood wees om daarna uit die dood op te staan. En so word sy lewe na die dood, vir ons ook die enigste geleentheid om weer lewendig te word: geestelik met bekering, en fisies lewendig tydens die opstanding uit die dood.
“... en dié lewe was die lig vir die mense.” Maar dié lewe wat slegs deur die Jesus-kind moontlik geword het, is ook die lig vir elke mens wat in die donker van die boosheid lewe. Donkerte en duisternis is in die Bybel die lewe buite die lig van God, dit is die lewe in die boosheid van hierdie goddelose wêreld. Jesus se aardse koms het ‘n einde kom maak aan die invloed en werk van die boosheid vir elkeen wat die lewe in Christus ontvang.
Maak oop jou arms, meld aan as ontvanger van lewe en lig. Maak jou hele lewe en jou hele menswees oop vir die nuut-wordende lewe wat God se Gees in jou wil bring. Verlaat finaal die donker bestaan, kom finaal vry van alle boosheid.
Sê nou maar net jy lewe hierdie Kersfees in die ware lig van Jesus!

Wednesday, November 21, 2012
Oordenking 25 November 2012
Oordenking 25 November 2012
Ewige bouwerk aan my geestlike huis
“Die fondament is Jesus Christus.” (1 Korintiërs 3:11b)
In die gejaagde tyd waarin ons leef met soveel kitsoplossings, word kwaliteit al hoe skaarser. Ordentlike bouwerk het ‘n luukse geword. Brouwerk met die bou van huise, geboue en ander strukture is gedurig in die nuus. In ons lewende verhouding met ons enigste Here en Verlosser, vind daar ook voortgaande bouwerk plaas. In hierdie geestelike bouwerk, is dit uiters belangrik dat daar kwaliteit sal wees. Hoe kan ek weet dat my geestelike groei uit kwaliteit bestaan?
Eerstens is dit krities belangrik dat ek baie goed sal begryp dat elke fasset van kwaliteit in my geestelike bouwerk, SLEGS van God af kan kom. Die ellendige sonde in elkeen van ons, veroorsaak soveel permanente skade aan my gees, dat daar geen manier is waarop ek dit self kan herstel nie. Hoe langer ek al leef in ‘n verhouding met my Here, hoe meer ontdek ek my eie onvermoë om die sonde in my te oorwin. Ek ontdek juis meer sondes en dit pla my al hoe meer. Ek besef dat ek self verantwoordelik is vir die gemors in my lewe. Ek is en bly in die moeilikheid by God.
Tweedens ontmoet ek en ontdek ek die volmaakte en almagtige werk van God in my. Sy Gees kom maak my eie brouwerk heel. Om die waarheid te sê, Hy begin heel voor. Hy lê eers ‘n nuwe fondament vir my geestelike huis. Hy laat my Christus Jesus ontmoet as my enigste Verlosser. In hierdie ontmoeting met Jesus (wat uit wedergeboorte en bekering bestaan), begin God se bouwerk in my. Jesus word vir my die enigste antwoord: deur Hom alleen leer ek God ken; Hy sluit die lewenspoorte vir my oop; ja, Hy sluit die hemelpoorte vir my oop; Hy word ‘n lewende werklikheid in my daaglikse lewe, al het ek Hom nog nooit gesien nie; Hy word die vertrekpunt, die fondament vir my geestelike groei.
Derdens kom vul Jesus self my geestelike huis met nuwe meubels, met nuwe inhoud. Die Gees van God woon en werk nou in die tempel wat ek vir Hom is. Die alledaagse tydelike lewe op aarde kry nou reeds nuwe betekenis en nuwe inhoud. Die oomblikke wat ek van Hom bewus raak, raak meer en meer intens. My prioriteite verander, my vriende verander, my familie verander, my gesondheid verander, my finansies verander ... elke fasset van my lewe, my geestelike huis word deur God se Gees verander.
Laat God toe om te belê in bouwerk in jou!

Tuesday, November 13, 2012
Oordenking 18 November 2012
Oordenking 18 November 2012
My wenslysie vir die Here
“Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.” (Filippense 3:10 – 11)
Ek wil beweer dat ons tans die grootste omwenteling in die Christendom beleef sedert die groot Hervorming in die 18e eeu. Die hoofstroom Christelike kerke het vanuit die Hervorming ontwikkel tot ‘n deurdenkte dogmatiese gerigtheid op ‘n suiwer Bybelse interpretasie van kerk-wees. Dit het tot gevolg gehad dat kerke baie wetties en na binne gerig was. In hierdie nuwe omwenteling in die kerk, ontdek ons wat dit is om baie meer vry onder die genade van God te leef en meer na buite gerig te wees. Wat beteken hierdie nuwe omwenteling vir elkeen van ons wat bely dat ons glo in Jesus Christus?
Daar is veral twee goed wat gebeur: Eerstens vind daar ‘n suiwering in die hoofstroom kerke plaas. In die NG Kerk self word al hoe meer gepraat in die rigting van dat dit slegs dié lidmate is wat getrou meeleef met die kerklike aktiwiteite, wat werklike lidmate is. En tweedens is dit juis hierdie “werklike” kinders van die Here, wat spontaan Jesus se liefde prakties uitleef in hulle alledaagse lewe. Hoekom kan dit as ‘n nuwe omwenteling in die kerk gesien word?
Daar is ‘n radikale nuwe fokus op Jesus self! Hy het vir ons die pad kom oopmaak na ons Vader (Johannes 14:6), en ons is een met Hom en die Vader (Johannes 17). Hy wat Jesus is, is dus die dryfkrag en motivering vir ‘n totale omkeer en herlewing in die kerk van Jesus Christus. Sy voorbeeld, sy leefwyse, sy lering, sy selflose offer, sy alles soos geopenbaar deur sy Gees en in sy Woord, verander ons denke oor wie Hy is vandag!
Daarom Paulus se wenslysie: om Christus te ken, en een met Hom te word in sy lyding en in sy opstanding uit die dood. Hierdie wenslysie van Paulus het ‘n direkte invloed op ons verwagtinge in ons lewende verhouding met Hom. Hoe beter ons vir Jesus leer ken vir wie Hy werklik vandag in elkeen van ons wil wees, hoe meer verander Hy ons uitkyk op die lewe. Nou word ons selfs gewillig om swaar te kry (want Hy het die ergste lyding vir óns deurgegaan). Nou loop ons lewendig uit ‘n geestelike doodsheid wat in die kerk ingesluip het. Ja, ons begin al hoe meer soos Jesus wees in hierdie stukkende, verwarde en goddelose wêreld. Maar ons glo ook vas dat ons soos Jesus lewendig in die hemel sal inloop na ons aardse dood.
Mag God se Gees ons elkeen se wenslysie nuwe inhoud gee, ja, ons lewe in Hom nuwe inhoud gee!

Wednesday, November 7, 2012
Oordenking 11 November 2012
Oordenking 11 November 2012
Die enigste pad na die ware God
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” (Johannes 14:6)
Ek het eers onlangs ontdek hoe ‘n GPS verskillende paaie na een plek kan bereken. Nou wil dit ook lyk asof daar vandag verskillende paaie is om by God uit te kom. So is die gevaar dat die verskillende godsdienste gesien word as verskillende maniere om by dieselfde God uit te kom. En dit is glad nie waar nie!
Jesus is die enigste pad na God, na die Vader toe, Hy sê dit self. Jesus is een met die Vader, en daarom kan ons deur Hom die Vader leer ken en by die Vader uitkom. Daarom sê Jesus: “Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het.” (Johannes 12:44) Daar is slegs EEN Jesus wat as mens na ons aarde toe gekom het, en deur sy kruisiging en opstanding het Hy vir ons die ENIGSTE ingang na ons hemelse Vader geword.
Daar sal nooit ‘n “ander Jesus” gestuur word omdat die goddelose wêreld die enigste Jesus verwerp nie. In die Johannes Evangelie kry ons ontwikkelde denke oor ons verhouding met Jesus en die Vader: “Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.” (Johannes 17:21)
Jesus Christus is ook die enigste waarheid ten opsigte van verlossing. Hy onderskei alle Christene se ware God van al die ander gode wat deur ander godsdienste aanbid word. Al is daar ander godsdienste wat Jesus as profeet erken, is dit slegs die Christelike geloof waar Jesus tegelyk as God en mens aanbid word. Hierdie waarheid, naamlik dat Jesus waarlik God is, kan nie bewys word nie, dit kan net geglo word.
So is geloof in Jesus dan ook die enigste manier om te lewe. Die sonde bring die dood vir elke mens op aarde, maar Jesus se sterwe vir elke gelowige uitverkorene se sonde, beteken lewe vir ons. So word Jesus die Lewegewer in ons, Hy gee nie lewe nie, Hy ís die lewe in ons. “Soos die Vader die lewe in Homself het, het Hy die lewe ook aan die Seun gegee om dit in Homself te hê.” (Johannes 5:26)
Kies nou, kies weer, kies beslis: KIES JESUS – die enigste weg en die enigste waarheid en die enigste lewe!

Subscribe to:
Comments (Atom)