Oordenking 1 April 2012
Jesus se finale woorde volgens Lukas (6)
Hy sê vir hulle: “Dit is soos julle sê: Ek is!” (Lukas 22: 70b)
εγώ είμι Dit is die Grieks vir Jesus se woorde “Ek is”. Verseker die kragtigste uitspraak wat daar in die Bybel is oor Jesus se ware karakter. Hierdie “Ek is”-uitspraak neem ons terug na die God van die Ou Testament en dit leer ons meer van Christus in die Nuwe Testament. Reeds in Eksodus 3:14 stel God Homself aan Moses voor as “Ek is wat Ek is”. En in Johannes kom ‘n hele versameling “Ek is”-uitsprake voor, soos onder andere “Ek is die weg en die waarheid en die lewe” (Joh. 14:6).
Hier in Lukas 22 verklaar Jesus ondubbelsinnig teenoor die Joodse godsdienstige leiers: “Ek ís die Seun van God! Ek ís die lank verwagte Messias!” Hierdie twee uitsprake, wat vir ons geloofswaarhede is, word teen Jesus gebruik as godslastering. Nadat Hy self godslasterlik behandel is deur diegene wat Hom gevange geneem het, word Hy van godslastering beskuldig deur die Joodse leiers. Sonder dat die Joodse leiers werklik besef met wie hulle te doen het, al sê Hy dit uitdruklik vir hulle, is hulle tevrede dat hulle ‘n rede gevind het om Hom skuldig te vind.
Moontlik vra jy ook: “Wie is u, Jesus?” Dan antwoord Hy:
• Ek is die Een wat in liefde vir JOU na hierdie aarde toe gekom het!
• Ek is die Een wat onskuldig tot die DOOD veroordeel is in jou plek!
• Ek is die Een wat die lydensweg na Golgota geloop het vir AL jou sondes!
• Ek is die Een wat aan die kruis gesterf het om vir ALTYD oorwinning oor alle boosheid te bewerk!
• Ek is die Een wat op die derde dag uit die dood opgestaan het sodat jy kan LEWE!
• Ek is die Een wat steeds elke dag deur Ons Gees jou lewe NUUT wil maak!
• Ek is die Een wat jou kom haal wanneer Ek WEER KOM!
Ken jy hierdie Jesus? Hy is die Woord en sy Woord is die lewe. Lees dit, glo dit, en jy sal Hom leer ken!
Lees jy jou Bybel? Hoeveel tyd spandeer jy alleen in die teenwoordigheid van die Here? Hoe belangrik is dit vir jou om geestelik te groei? Hoe graag wil jy dat Jesus jou ook beter leer ken?
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Wednesday, March 28, 2012
Thursday, March 22, 2012
Oordenking 25 Maart 2012
Oordenking 25 Maart 2012
Jesus se finale woorde volgens Lukas (5)
“Die Here het omgedraai en Petrus aangekyk.” (Lukas 22:61a)
Al vier Evangelies berig oor Petrus wat Jesus verloën het in die nag waarin Jesus gevange geneem is, voordat die haan gekraai het. Hoekom is dit slegs Lukas wat vertel dat Jesus omgedraai en Petrus aangekyk het, nadat dit gebeur het? Een moontlikheid is dat Jesus te ver van Petrus was om hoorbaar vir hom iets te sê, maar dat Jesus se kyk alles gesê het wat nodig was in daardie omstandighede. Wat het daardie kyk van Jesus vir Petrus gesê?
• “Ek het gesê, jy gaan My verloën!” Amper vermakerig. Met daardie kyk, wys Jesus vir Petrus dat hy uitgevang is. Hy is toe nie so lojaal soos hy gedink het nie. Nee, drie keer ontken hy dat hy vir Jesus ken. En nou het Jesus hom uitgevang. Nee, daardie kyk kon geensins vermakerig gewees het omdat Petrus uitgevang is nie. Jesus is nie so nie, Hy was nie so nie, en Hy is nie nou so nie!
• “Hoekom laat jy My so in die steek wanneer Ek jou die nodigste het?” Veroordelend kyk Jesus na Petrus. Petrus ontken openlik en hoorbaar dat hy Jesus nie ken nie. In die ander Evangelies vloek hy selfs diegene wat beweer dat hy een van Jesus se volgelinge is. Nee, Jesus het nie hier veroordelend na Petrus gekyk nie. Hý is hier die Een wat onskuldig veroordeel gaan word.
• “Ek maak op jou staat, Petrus!” So asof Jesus in daardie kyk vir Petrus wil teregwys. Lukas het geweet hy gaan beskryf hoe die eerste gemeente in Handelinge onder Petrus se leiding gaan begin. Jesus het dit ook geweet. Nee, teregwysing pas nie in hierdie konteks nie.
• “Ek is lief vir jou, Petrus!” ‘n Kyk met ‘n liefdesverklaring in baie moeilike omstandighede. Jesus is verseker daartoe in staat. Moontlik kon sy liefde, vir Petrus in trane laat uitbars het.
• “Dink aan my, Petrus.” ‘n Kyk vol hartseer en pyn, en vir ‘n oomblik sien Petrus Jesus se pyn. Vir ‘n oomblik kom Petrus naby genoeg aan die lydende Jesus om sy pyn raak te sien. En Jesus se pyn veroorsaak dat Petrus bitterlik huil. Die oomblik toe die haan kraai, sien ons in Jesus se oë die pyn wat Hy moes verduur vir die sonde van die wêreld. So word Jesus se kyk, uiteindelik ‘n kyk vir elkeen van ons!

Thursday, March 15, 2012
Oordenking 18 Maart 2012
Oordenking 18 Maart 2012
Jesus se finale woorde volgens Lukas (4)
Maar Jesus sê: “Hou op daarmee!” (Lukas 22:51a)
Jesus stop onmiddellik enige moontlike fisiese geweld. Kort tevore is daar met die dissipels gepraat oor swaarde koop, en die oomblik toe die slaaf van die hoëpriester se oor afgekap word, stop Jesus dit met ‘n duidelike opdrag: “Hou op daarmee!”
In al vier evangelies word vertel hoe Judas vir Jesus in Getsemane verraai het. Dit is weer Johannes wat dit heelwat anders vertel: hy gee die naam van die slaaf wie se oor afgeslaan word, naamlik Malgus; en hy sê ook dit was Petrus, wat dit gedoen het.
Maar ons aandag is by Lukas se laaste woorde van Jesus. Dit is net in Lukas waar Jesus die fisiese geweld stop met die spesifieke woorde: “Hou op daarmee!” Die betekenis kom neer op: “Laat Ek maar gevang word, moet hulle nie keer nie.” Jesus het geweet dat Hy die lydensweg moet loop. Sy gevangeneming in Getsemane was deel van sy lyding. Dit is dan hier waar “een van die twaalf” Hom met ‘n soen verraai het!
Dit is net Lukas wat vertel dat die slaaf se oor dadelik deur Jesus aangeraak en genees is. Hierdie wondergenesing word deur Lukas simbolies aangewend om aan te dui dat dit deur Jesus alleen is dat daar geestelike genesing kan wees. Deur sy lyding en uiteindelike vergifnis, draai Hy die booshede van mense om. Jesus speel hier die hoofrol, in elke toneel doen Hy dit, Hy doen dit vandag ook.
Kom ons maak dit vandag persoonlik! Waar staan jy tydens Jesus se gevangeneming? Hier is ‘n paar moontlikhede:
• Is jy dalk deel van die klomp mense wat Jesus kom vang het? Dit beteken jy het ‘n stok of ‘n swaard in die hand omdat jy jou vyand verkeerd aanpak. Vir jou sê Jesus: “Hou op daarmee!”
• Is jy dalk ‘n Judas wat Jesus met ‘n soen verraai? Jy ken al die regte antwoorde, maar jou hart is glad nie daarin nie. Vir jou sê Jesus: “Hou op daarmee!”
• Is jy dalk van die godsdienstiges wat dag vir dag saam met Jesus in die tempel is? Dit beteken jy is deel van die kerngroep van die gemeente, maar jy het nog nie ‘n openheid om moeite te doen met die nuwe mense in die gemeente nie. Vir jou sê Jesus: “Hou op daarmee!”

Thursday, March 8, 2012
Oordenking 11 Maart 2012
Oordenking 11 Maart 2012
Jesus se finale woorde volgens Lukas (3)
Hy sê toe vir hulle: “Waarom slaap julle? Staan op en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.” (Lukas 22: 46)
Nog ‘n paar treë verder saam met Jesus op sy lydensweg, nou in Getsemane in, nog ‘n tree nader aan baie groter drama wat kom!
By hulle aankoms in die tuin, kry die dissipels opdrag om te bid. Jesus sonder Homself klipgooi van hulle af om self te bid. Hy smeek by sy Vader dat die lydensbeker by Hom weggeneem word, as dit sy Vader se wil is. ‘n Engel uit die hemel kom Hom versterk, Hy bid nog ernstiger en sy sweet val soos bloeddruppels op die grond. Intens, dramaties, traumaties – Jesus kry bitter swaar, die emosionele pyn moes onbeskryflik erg gewees het, maar die eintlike stryd is geestelik. Weer word die opdrag aan die dissipels om te bid, herhaal.
Die intensiteit van die geestelike stryd kan uit die volgende afgelei word: in die vorige gedeelte moes die dissipels swaarde koop vir die stryd en in die volgende gedeelte probeer hulle vir Jesus veg met ‘n swaard. Tussenin kry die dissipels twee keer opdrag om te bid en tussen hierdie twee gebedsopdragte, bid Jesus so ernstig dat sy sweet soos bloed op die grond val.
Hoekom is hierdie laaste woorde van Jesus so spesiaal?
• Dit was die laaste keer wat Jesus alleen met sy dissipels gepraat het;
• Jesus se geestelike stryd het te doen met ons geestelike stryd; en
• Jesus se opdrag om te bid geld ook vir ons vandag.
Kom ons maak die sprong na vandag: daar is vandag ook ‘n geestelike stryd wat woed. Hierdie stryd is teen ons geloof in Jesus Christus gerig, dit is teen die kerk van Jesus, dit is teen alles wat van God af is! En ons veg met God aan ons kant in hierdie stryd deur lewende kontak met God te hou. Hierdie kontak hou ons met Hom wanneer ons bid. En wanneer ons bid, word ons meer en meer deel van God se daaglikse stryd teen die booshede van ons dag.
Soos Paulus ons herinner in Efesiërs 6:12, ons stryd is teen die bose magte van hierdie sondige wêreld. En die enigste manier om onsself te beskerm en deel van die wenspan te wees, is vanuit ‘n lewende verhouding met die oorwinnende Jesus wat vir my gekruisig was.

Wednesday, February 29, 2012
Oordenking 4 Maart 2012
Oordenking 4 Maart 2012
Jesus se finale woorde volgens Lukas (2)
“En wie nie ‘n swaard het nie, moet van sy klere verkoop en een aanskaf.” (Lukas 22:36b)
Ons is besig om Jesus te volg op die lydensweg soos wat Lukas dit vir ons beskrywe. Die intog in Jerusalem het plaasgevind en by die vorige oordenking het die dissipels tydens die instellings van die nagmaal gestry oor wie die belangrikste is. Lukas is die enigste evangelieskrywer wat hier kort voor Jesus se worsteling in Getsemane, verwys na ‘n gesprek wat Jesus met sy dissipels oor hulle sendingopdrag gehad het.
In Lukas 10 word 72 volgelinge van Jesus twee-twee uitgestuur met spesifieke sendingopdragte, onder andere ook oor wat hulle moet saam neem en wat nie. Nou keer Jesus (volgens Lukas 22) terug na hierdie onderwerp op ‘n baie kritieke stadium. Aangesien dit deel is van Jesus se afskeidsgesprekke met sy dissipels, moet dit van besondere betekenis wees. Maar hier gaan dit nie nou meer oor die fisiese beursie, reissak of skoene nie. Nee, nou is daar baie meer op die spel. Jesus staan op die punt om oorgelewer te word om gekruisig te word!
Jesus voeg nou ‘n swaard as toerusting by vir diegene wat uitgestuur word. En die swaard is so belangrik, dat as jy nie ‘n swaard het nie, moet jy een uit jou beursie koop. En as daar nie geld in jou beursie vir ‘n swaard is nie, verkoop van jou klere om ‘n swaard te koop – jy móét net ‘n swaard hê om mee te kan veg. Die simboliese aard van die swaard, word duidelik toe die dissipels twee swaarde vir Jesus aanbied en Hy die gesprek net daar kortaf beëindig. Om nog meer gesag aan die simboliese stryd wat op die dissipels wag te gee, word hier verwys na Jesus se profetiese vervulling van ‘n Ou Testementiese profesie uit Jesaja.
Kom ons maak die sprong na die toepassing op vandag: vir ons as volgelinge van Jesus wat glo dat Hy ter wille van elkeen van ons die lydensweg geloop het, wag daar stryd en teenkanting. Ons het die geleentheid om toegerus te wees om weerstand te bied teen die aanslae wat daar teen ons geloof sal wees. Om die waarheid te sê, die stryd word elke dag al hoe erger en moeiliker; die versoekings en beproewinge al hoe erger. Jesus se lyding is ons motivering om die wapenrusting van Efesiërs 6 elke dag aan te trek. Dit beteken: bly volhard in die geloof, jy en jou huis, en jy sal gered word!

Thursday, February 23, 2012
Oordenking 26 Februarie 2012
Oordenking 26 Februarie 2012
Jesus se finale woorde volgens Lukas (1)
“Net soos my Vader ‘n koninkryk aan My bemaak het, so bemaak Ek ‘n koninkryk aan julle ...” (Lukas 22:29)
Die sewe weke voor die paasnaweek is vir ons as Christene die belangrike lydenstyd. Moontlik het ons al preekreekse gehoor oor die kruiswoorde van Jesus, of oor sekere Bybelse persone wat ‘n rol gespeel het tydens die lydensweg van Jesus, of ander soortgelyke temas. Met die bietjie fyner lees van die Evangelie van Lukas, het ek op uitsprake van Jesus afgekom, direk voordat Hy die lydensweg vanaf Getsemane tot by die sterwe aan die kruis geloop het. In die volgende sewe weke, gaan ons hierby stilstaan.
Volgens Lukas het die intog in Jerusalem, die reiniging van die tempel,die profetiese rede en die instelling van die nagmaal reeds plaasgevind, voordat Jesus se dissipels stry oor wie die belangrikste onder hulle is. Dink net hoe swaar dit vir Jesus moes gewees het, dat een van sy laaste gesprekke met sy dissipels gaan oor hoogmoed onder hulle. Hy is besig om afskeid te neem, en al weet hulle nie dat Hy hulle binnekort gaan verlaat nie, wil hulle weet wie dien nou eintlik vir wie, wie is die belangrikste en wie is die geringste?
In Jesus se afskeidsgesprekke, beskryf Hy die nuwe riglyne vir die nuwe koninkryk vir sy volgelinge as Hy weg is. Sy Vader, wat ook volledig ons Vader is, het Hom na die aarde toe gestuur met ‘n opdrag: kom vestig ‘n nuwe koninkryk, ‘n hemelse koninkryk, ‘n goddelike koninkryk, ‘n liefdes koninkryk. Hierdie koninkryk word aan Jesus bemaak, Hy is die hoof erfgenaam omdat Hy sy lewe daarvoor kom gee het. Jesus Christus het as Lam van God die hoogste offer gebring dat ‘n nuwe koninkryk tot stand kan kom - ‘n onwankelbare, ewige, vredevolle koninkryk, wat geen gelyke het nie.
En beste nuus van dit alles: ons wat uit genade kan glo, hierdie nuwe koninkryk word ook aan ons bemaak, ons is ook erfgename. Ons geniet volledig al die voorregte van hierdie koninkryk, ons is so belangrik dat ons reeds by die tafel aansit om saam te eet en te drink. Maar hoor net hier, daar is nog meer: ons sit op trone om oor Israel te regeer. Dit beteken die erfgename sal die geleentheid ontvang om beheer oor te neem in die koninkryk van die Here.
Ek, jy, ons, Jesus, mede-erfgename – daarvoor het Jesus die lydensweg enduit geloop!

Thursday, February 9, 2012
Oordenking 12 Februarie 2012
Oordenking 12 Februarie 2012
Verfyning van jou toewyding
“Hiervan is ek oortuig: ... of enige iets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” (Rom. 8: 38)
Ek as Christen wil weet dat my saak met God reg is. Ek wil dit elke dag weet, as ek kan. Ek soek iets stewig om aan vas te hou. Ek weet dit is God waaraan ek moet vashou, maar ek weet nie elke keer hoe om dit te doen nie. My onsekerheid en my verlange na vastigheid, kan my nader aan God bring, maar hoe? Het ek beheer daaroor? Wat kan ek van my kant af doen?
Daar is twee goed wat kan gebeur om vir my groter vrede en meer vastigheid te gee:
1. Die uiterlike lees van God se Woord:
Hier is iets wat ek kan en mag en behoort te doen. Hiermee maak ek die deur wyd oop vir God se werk in my. ‘n Ontvanklike en afhanklike luister na God se stem, kan rus en vrede vir my bring. Ek hoor God se beloftes. Ek leer tussen die bladsye van my Bybel sy manier van hulp ken. Ek ontdek die rykdom en die wysheid van God self. Ek hoef nie slim of geleerd te wees om dit te kan doen nie. Eenvoudig en opreg kan ek lees en lees en lees, en dan sal die res volg.
2. Die innerlike getuienis van die Heilige Gees:
Met die lees van die Bybel, maak die Gees my geloofsoog oop. Dan kan ek my tekorte en probleme anders sien. Die Gees se werking in my, help my om beter te verstaan wat goed of sleg is vir my. So ontdek ek dat my Christen-wees nie iets is wat altyd dieselfde bly nie, dit is aktief aan die verander. Ek groei in begrip en fyn aanvoeling. Ek groei tot dieper vlakke van liefde en toewyding.
Ons elkeen wat vir God ja sê, ontvang ‘n nuwe manier van dink en lewe. Ons kan dit heiligmaking noem. Ons kan dit geestelike groei noem. Ons kan dit dieper toewyding noem. Wat ons dit ookal noem, dit is God se manier om vir ons groter vastigheid in ons verhouding met Hom te gee. Dit is die Gees se werkswyse in ons om sy innerlike werking te verfyn, te verbeter. So dra sommige volgelinge van Chrsitus meer vrugte. So word ons innerlik verfyn in voorbereiding op die ewige heerlikheid.

Subscribe to:
Comments (Atom)