Johannes 1 Advent: Sy heerlikheid “IS”!
“Ons het sy heerlikheid gesien ... vol genade en waarheid.” (Johannes 1:14)
Feitlik elke Kersfees dink ek hoe gelukkig was al die mense wat Jesus persoonlik gesien het terwyl Hy fisies hier op aarde was. Gewone mense soos ek en jy: Maria, Josef, sy dissipels, almal wat Hom hoor praat het by die Bergpredikasie, die geestelike leiers van daardie tyd, die politieke leier Pilatus, en nog honderde ander mense by verskeie geleenthede. Ja, Jesus wás ‘n gewone mens wat tussen die mense rondbeweeg het. En ongelukkig dink die meerderheid mense dat ons Hom eers in die hemel weer sal sien, en intussen ...
Intussen is dit glad nie so sleg nie, daarom het Hy juis destyds mens geword: dat ons God reeds vandag kan síén! Én die ongelooflike waarheid is dat Hy in elke Jesus-mens gesien kan word. Ons moet net mooi kyk in onsself en in die Jesus-mense rondom ons. Niemand van ons kan en sal ooit soos Hy lyk nie, maar Hy kom gee deur sy Gees sý karaktereienskappe ín ons.
In Johannes 1 word na twee uitsonderlike sigbare Jesus-waarhede ín ons verwys. Ín hierdie waarhede sien ons “sy heerlikheid”, sien ons wie Jesus in ons is en word. Én Hy maak ons “vol” van sy heerlikheid, tot oorlopens toe vol van Homself. Hy maak ons “vol van God”, want Jesus is ons enigste toegang tot wie God sigbaar is. Gee Hom net die volle kans ...
• Gee Jesus die volle kans om jou vol te maak met sy genade: sonder verdienste ís jy sy kind; sonder inspanning kán jy waarlik lewe; gratis ontvang jy ál die rykdom van sy koninkryk; jy ís reeds vir al jou sonde vergewe; Jesus ís besig om Homself meer sigbaar in jou te maak; Hý IS Jesus-mens ín jou!
• Gee Jesus die volle kans om jou vol te maak met sy waarheid: Hy hét mens geword; Hy ís jou unieke Redder; Hy wíl jou laat lewe vol van sý Gees; Hy wíl Geluk ín jou wees; Hý is jou enigste troos in lewe en in sterwe; Hý maak van jou ‘n nuwe mens; Hý IS Jesus-mens ín jou!
Die baie goeie nuus oor die waarheid van Jesus wat mens geword het en mens is, is dat Hy vandag dié Sigbare Een ín ons “IS. Die werklikheid is dat Hy teenwoordig “IS”.
Sien Hom in Advent 2013 vir Wie Hy werklik “IS”!
Jesus ís ín óns! Jesus ís ín jóú!
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Monday, December 9, 2013
Tuesday, December 3, 2013
Oordenking 8 Desember 2013
Johannes 1 Advent: Die Lewe “IS”!
“In Hom was daar lewe ...” (Johannes 1:4a)
Kom ons fokus vir ‘n oomblik op die waarhede ten opsigte van die Lewe/lewe wat direk te doen het met Jesus se menswording:
• Jesus het nodig gehad om die hemelse heerlikheid as ware God te verlaat, steeds volledig God te wees en ter wille van ons sonde-verdoemenheid op aarde mens te word vir ons, sodat Hy die Lewe/lewe vir ons kan wees: Hy IS Lewe, ter wille van óns! Hierdie eerste waarheid oor “lewe” het vir my met tyd te doen: Jesus lewe as Beginlose van ewigheid af; as Lewende Een kom Hy as mens aarde toe vir die dood-veroordeelde mens; SLEGS deur Jesus se sterwe aan die kruis én direk gekoppelde opstaan uit die dood, IS Hy Lewe in elke Jesus-mens vandag; én Hy sál alleen Lewe bly tot in ewigheid!
• Die tweede evangeliese waarheid oor die “lewe” het te doen met sterwe: sonder Jesus is alle sondaars verdoem tot die ewige dood, waar daar geen Lewe (geen God), sal wees nie. Nadat die mens van nature, dit is uit eie vrye wil waarmee elke mens gebore word, van die boom van die lewe in die tuin van Eden geëet het, sal elke mens fisies sterwe: “Stof is jy, en jy sal weer stof word.” (Genesis 3:19c) Om hierdie gegewe waarheid wat vir alle mense van alle tye op aarde geld, om te keer, was dit nodig dat ons Jesus eers ter wille van ons Lewe, sterwe aan die kruis: Hy IS daarom weer en enigste Lewe/lewe.
• ‘n Ander waarheid oor “lewe” wat direk met Jesus te doen het, is elke mens se posisie ten opsigte van Lewe/lewe: Hy het vir alle dood-veroordeeldes redding uit die dood kom bewerk met sy reddingsdaad van sterf en opstaan uit die dood. Maar alle mense stel nie belang in die Lewe/lewe nie. Die Lewe/lewe is vir ALMAL beskikbaar, maar almal erken nie die Lewe/lewe nie. Mense kies om te lewe sonder die Lewe. Slegs dié mens (en almal van hulle) “... wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Johannes 1:12)
• Die laaste waarheid gaan oor die keuse om te skryf “Lewe/lewe”: Niemand kan lewe sonder die Lewe, dis is sonder die Gees van Jesus, nie! “Lewe” met ‘n hoofletter en “lewe” met ‘n kleinletter, is EEN vir Jesus-mense!
Jesus lewe vandag hier op aarde waar Hy mens geword het en gesterwe het; Jesus lewe vandag deur sy Gees in elke Jesus-mens vir wie Hy aan die kruis gesterwe het; Jesus IS LEWE vir jou en vir my!

Wednesday, November 27, 2013
Oordenking 1 Desember 2013
Johannes 1 Advent: Die Woord “IS”!
“In die begin was die Woord ...” (Johannes 1:1a)
Ek wil tot en met Kersfees dieper delf in die permanente teenwoordigheid van ons Here elke dag, spesifiek in die lig van sy menswording, wat ons vier met Advent, die vier weke voor Kersfees.
Die eerste invalshoek, is die woorde “In die begin was die Woord ...”:
• Die geboorte van Jesus beteken dat Hy nog altyd daar was, steeds is en altyd sal wees, want Hy is volledig God wat ook mens geword het ter wille van ons redding: slegs God wat mens is, kan red! Maar eintlik was Hy sonder begin, dis meer ons manier van praat. God bestaan ewig, en dit sluit Jesus volledig in, Hy het nie “iewers” begin ontstaan nie: Hy IS!
• God, ons Vader in die hemel (soos Jesus vir ons op aarde kom leer het), én Jesus, sy unieke Seun, wat gebore is uit die maagd Maria; én die Heilige Gees wat hierdie geboorte sonder seksuele omgang bemiddel het, is EEN God! “Hulle” (maar dit is nie meer as een nie) is van ewigheid af steeds EEN. Slegs met hierdie verstaan van die volledige “beginlose” God, IS God steeds vandag!
• Alles wat bestaan, alles wat geskep is, alles wat herskep word, is en kan net God wees; en die mens-geworde Jesus is só volledig deel van alles wat bestaan, alles wat geskep word, alles wat herskep word. Dít is die enigste manier waarop óns Jesus alle Jesus-mense wat bestaan en deur sy Gees herskep word, God IS!
• Nou die hoofletter “Woord”: in Johannes 1 (en in die res van Johannes Evangelie) verwys dit na God self wat Hom deur Jesus aan die wêreld kom bekend maak het. Hier is “Woord” gelyk aan Jesus, en Jesus IS God, en deur Jesus weet ons wie IS ons God!
Meer as twee duisend jaar gelede is ‘n Kindjie gebore wat die enigste Verlosser van alle mense IS; en vandag IS Jesus se koms in die lewe van elke Jesus-mens die enigste manier om waarlik te lewe. En die werklikheid van hierdie Woord kan eers volle inhoud in mense se lewens kry indien hulle God as teenwoordige werklikheid glo, sien en ervaar.
Die Woord IS, Jesus IS, Hy IS God, Hy IS nog altyd, Jesus IS mens ... Jesus IS teenwoordig in elke Jesus-mens, daaroor gaan Kersfees!

Wednesday, November 20, 2013
Oordenking 24 November 2013
Hoekom lewe ek?
“Die Gees is die waarborg van ons erfdeel vir die bevryding van God se eiendomsvolk, tot lof van sy heerlikheid.” (Efesiërs 1:14) (nuwe Direkte Vertaling)
In ‘n mindere of meerdere mate vra elkeen van ons op een of ander stadium die vraag na die ware sin van die lewe. Hoekom is ek hier? Wat is my doel op aarde? Wat kan my lewe meer sin gee? Hoe kan ek tot eer van God lewe?
Kom ons kyk mooi hoe lyk die eintlike en enigste manier van lewe:
• “Die Gees is die waarborg van ons erfdeel... “ Die antwoord van die ware lewe lê volledig buite onsself. Die lewe is slegs in God te vind, geensins in onsself sonder God nie. Ja, met God se Gees wat net in my inkom, begin ek eers waarlik lewe, dan is Hy die volledige lewe in my. En met Hom in my, is Hy vir altyd verseker in my. Die vastigheid en die sekuriteit dat Hy in my is, is in Hom alleen en van Hom alleen afhanklik. Hy besluit hoe Hy in my is, hoe Hy die lewe in my is, Hy is die ware sin van die lewe in my.
• “... vir die bevryding van God se eiendomsvolk ...” God is besig met sý doel met elkeen van ons op aarde. En dit doen Hy op sy manier, op sy tyd ... en teen hemelse spoed en op onverklaarbare Goddelike werkswyses, maak Hy sy kinders bymekaar. En slegs sy kinders ontdek ware vryheid en is die enigstes wat betekenis in die lewe vind. Want om ‘n Jesus-mens te wees wat waarlik sinvol lewe, is jy vrygemaak van al die inspanning om heilig te lewe. Die ware vryheid is slegs te vind in die Heilige Een in jou as Jesus-mens.
• “... tot lof van sy heerlikheid.” Ons het ‘n uiters jaloerse God, Hy soek geen kompetisie nie. Hy soek al sy eer vir Homself. En daarom kom lewe Hy slegs in Jesus-mense, in wie Hy al die lof vir die lewe vir Homself vat. Hy sorg self vir die resultaat van sy kragtige Gees-werking in sy ewige erfgename. En die enigste resultaat van ‘n sinvolle en betekenisvolle lewe, is die heerlikheid van die enigste ware lewende God self!
Hoekom lewe ek? Dat God self alleen volledig in en deur my alle eer ontvang!

Wednesday, November 13, 2013
Oordenking 17 November 2013
Wie skuld wie?
“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” (Johannes 3: 16)
Hoe kan dit liefde wees as ‘n pa sy seun uit die beste plek na die slegste toe stuur? Amper kan ons vandag sê: “My seun, ons bly in hierdie “mansion” van ‘n huis in Silverlakes met al die denkbare geriewe, maar omdat ek lief is vir jou, stuur ek jou na die verste plattelandse primitiewe plek waar daar geen geriewe en net groot moeilikheid is.” Watse pa sal so iets uit liefde doen? Hoekom gaan die pa nie sommer self om al die probleme uit te sorteer nie?
Toegepas op ons hemelse Vader, het Hy ons niks geskuld om sy eie Seun vir ons sondige gemors aarde toe te stuur nie. Adam en Eva het sy basiese lewensbeginsel verlore laat gaan deur te eet van die boom van die lewe. Dáár het dit tussen God en mens verkeerd geloop, en sedertdien het die méns die probleem. God was nooit, is nie nou nie, en sal nooit die probleem wees nie.
Die gevalle mens is, was en sal altyd die probleem met die lewe wees – ons het dit bederf en doen dit steeds. En daarvoor skuld God ons NIKS! Alles wat in Johannes 3:16 met “verlore” te doen het, het slegs met die mens te doen. Die mens is alleen oorsaak van sy eie “verloor van die lewe”. Laat staan enige redenasies dat God die sonde toegelaat het om sy liefde te kan wys, dis nie waar nie. En so ook enige ander redenasies wat God op een of ander manier in verband bring met die “verlore wees van die mens”.
Nie EEN mens het vir God gevra om te kom help met ons verlorenheid nie. So besluit die mens van nature, laat ek dan my eie plan maak: ek is in die moeilikheid by God met my sonde, ek skuld God ‘n oplossing. Kom laat ek my beste probeer om reg te maak: laat ek goed doen aan ander, ek skuld God – en ons maak die mooiste lyste van opofferings. Iewers langs die pad is dit by ons elkeen ingeprent: dis “pay back time”! Dis die grootste leuen waarmee die mensdom steeds teenoor God lewe!
In en deur en uit LIEFDE alleen gee God die lewe terug aan elke mens wat glo dat Jesus die lewe is! Einde van die storie: God skuld niemand niks!

Wednesday, November 6, 2013
Oordenking 10 November 2013
“Ek vergewe jou!”
“... toe Hy julle al julle sondes vergewe het. ... deur dit aan die kruis vas te spyker.” (Kolossense 2: 13c en 14c) (uit die Nuwe Lewende Vertaling)
Goeie nuus is baie lekker om te hoor. Die allerbeste nuus kan mense se lewens permanent op die enigste ware Weg plaas. En hierdie allerbeste nuus het alles te doen met ons Superhero, Jesus Christus, wat vir alle sondes van alle mense volledig die kwytskeldingsprys aan die kruis betaal het. Wie of Wat is Jesus jou Superhero vandag vir jou? Wat spel die woord “HERO”?
• Help met my grootste probleem: sonde.
• Eerste prys vir elkeen van ons: gratis verlossing.
• Redding op slegs EEN manier: Jesus.
• Oorwinning behels die volgende: lewe.
My Superhero kom HELP my met my grootste probleem. Elkeen van ons was dood as gevolg van ons sonde, maar die sondelose Lam van God, Jesus self, die enigste Seun van God, betaal die volledige prys vir alle sonde aan die kruis.
My Superhero kom gee heeltemal gratis vir ons elkeen wat kies ‘n Jesus-mens te wees, die EERSTE prys, naamlik om verlos te wees van sonde, die oordeel en die ewige hel. Jesus-mense is reeds verlos, en dit alles alleen op grond van Jesus se verlossingswerk wat Hy deur sy Gees in elkeen van ons voortsit.
My Superhero is die enigste Redder wat daar ooit was in die verlede, en vandag is, en sal wees in die toekoms. Hy is nie net God se plan A nie, Hy is God se enigste plan vir REDDING. En hierdie redding het reeds vir elke Jesus-mens begin en sal voltooi word in die hemel waar ons vir altyd in God se volmaakte teenwoordigheid sal wees.
My Superhero bewerk en gee en is die OORWINNING. En hierdie oorwinning is vir hierdie lewe en vir die lewe hierna. In hierdie lewe beteken die oorwinning die sonde en die Satan beheer nie meer ons lewe nie – die Heilige Gees beheer my lewe. In die lewe hierna beteken die oorwinning dat ons in die fees van die ewige heerlikheid by God sal wees.
Al hierdie “hero”-woorde het een oorsprong: die kruis. Aan die kruis is ons sondeskuld vasgespyker en vir altyd vergewe, sodat ons eie Superhero vir elkeen persoonlik elke dag wil sê: “Ek vergewe jou!”
Doom Charl
(hierdie oordenking word opgedra aan die belydenisgroep 2013 van die NG Gemeente Premiermyn)

Wednesday, October 30, 2013
Oordenking 3 November 2013
Leer ken ons vry God
“Wie bewys Hom ‘n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” (Romeine 11:35)
Jesus-mense is eintlik voltyds besig om God beter te leer ken, al dink ons nie aldag heeldag daaraan nie. Deur goete wat in ons elkeen se lewe gebeur, mense wat ons paaie kruis, alles wat ons hoor en lees, en sommer die hele kaboedel (ja, daar is so ‘n woord wat sommer na alles verwys), kan ons klein bietjie beter met God self te doen kry. Vandag wil ek fokus op ‘n baie diep, maar belangrike kant van ons God: sy vrymag! Kom ek verduidelik so eenvoudig moontlik:
Ek is weer terug by ‘n baie ou redenasie van my oor ons elkeen se prentjie in ons koppe van wie God werklik is. Ons het elkeen 100% ons eie unieke ervaringe in die lewe wat ons elkeen uniek maak. En so word daar in ons elkeen ‘n 100% unieke prentjie gevorm van wie God is. Nie twee mense op aarde dink presies dieselfde oor God nie. Tog kan elke individuele Jesus-mens met oortuiging sê dat ons dink aan presies dieselfde God, net die een ware en lewende God, wat Homself in Jesus Christus aan ons kom openbaar het. Maar ons dink verskillend oor Hom en loop ‘n unieke pad deur die lewe saam met Hom en so verwag ons elkeen verskillende goete van Hom. Ons het elkeen ons eie unieke behoefte aan wie God vir ons moet wees.
En hier is my punt oor God se vrymag: niemand van ons kan aan Hom voorskryf wie Hy vir ons moet wees nie. Ongelukkig is ons daartoe geneig. Ons “ontwerp” ons eie godjie (met respek) volgens ons eie unieke behoeftes en raak baie veeleisend teenoor Hom (praat ek dalk nou net vir myself, dan is ek jammer). Elkeen beleef sy krisis of probleem of situasie as so groot en ernstig, dat ons graag al God se aandag en hulp net vir onsself volgens ons eie-uitgedinkte-goed-deurdagte planne wil hê.
God werk nie so nie, Hy is nie so nie. Omdat Hy is Wie Hy is, is Hy onvoorspelbaar en nie-voorskriftelik in hoe Hy dinge doen. Sy planne en besluite kan nie altyd verstaan of verklaar word nie. Hy is ook glad nie verplig om iets vir enige een van ons te doen nie. Met respek, Hy volg sy eie kop. Maar dit is dan juis so fantasties van Hom:
God ken jou unieke “jy” 100% met jou 100% unieke behoeftes. Op sy tyd (waarvan Hy baie het, voel dit soms) en sy manier (wat nie altyd verstaan word nie), is Hy 100% vry om vir jou as Jesus-mens te wees wat vir jou 100% die beste is. Laat Hom juis vry om vir jou te wees!

Subscribe to:
Comments (Atom)