Riglyne vir stilte in jou hart
“Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou
ook ons gedrag bepaal.” (Galasiërs 5: 25)
Ons is besig met praktiese lewenslesse vir Jesus-mense. Vandag wil ons
fokus op die plek van stilte in die lewe van elke Jesus-mens.
Waarom is stilte
belangrik?
·
So
kan jy God beter raak lewe.
·
Ons
lewens is dikwels so besig, dat dit nodig is om spesifieke tyd by sy voete deur
te bring.
·
Onder
andere ontdek jy beter, hoe geliefd jy in God se oë is.
Praktiese inrig van
stilte:
Kies ‘n plek waar en ‘n tyd wanneer, niks of niemand jou in die stilte sal
steur nie. Doen dit vrywillig en soos wat die geleentheid ontstaan. Kies om tyd
daarvoor te maak.
Riglyne vir stilte:
·
Ontspan,
raak rustig en vergeet van tyd.
·
Maak
jou oë toe en sluit jou af van alles om jou.
·
Vra
die Here om jou bewus te maak van Hom.
·
Ontspan
rondom enige gedagte wat by jou opkom wat met God te doen het.
·
Laat
enige gedagte oor God so lank as moontlik jou besig hou.
·
Sodra
jou gedagtes begin dwaal, wees ingestel op ‘n volgende gedagte oor God.
·
Laat
hierdie proses rustig toe om die stilte te vul.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.