“Ek vergewe jou!”
“... toe Hy julle al julle sondes vergewe het. ... deur dit aan die kruis vas te spyker.” (Kolossense 2: 13c en 14c) (uit die Nuwe Lewende Vertaling)
Goeie nuus is baie lekker om te hoor. Die allerbeste nuus kan mense se lewens permanent op die enigste ware Weg plaas. En hierdie allerbeste nuus het alles te doen met ons Superhero, Jesus Christus, wat vir alle sondes van alle mense volledig die kwytskeldingsprys aan die kruis betaal het. Wie of Wat is Jesus jou Superhero vandag vir jou? Wat spel die woord “HERO”?
• Help met my grootste probleem: sonde.
• Eerste prys vir elkeen van ons: gratis verlossing.
• Redding op slegs EEN manier: Jesus.
• Oorwinning behels die volgende: lewe.
My Superhero kom HELP my met my grootste probleem. Elkeen van ons was dood as gevolg van ons sonde, maar die sondelose Lam van God, Jesus self, die enigste Seun van God, betaal die volledige prys vir alle sonde aan die kruis.
My Superhero kom gee heeltemal gratis vir ons elkeen wat kies ‘n Jesus-mens te wees, die EERSTE prys, naamlik om verlos te wees van sonde, die oordeel en die ewige hel. Jesus-mense is reeds verlos, en dit alles alleen op grond van Jesus se verlossingswerk wat Hy deur sy Gees in elkeen van ons voortsit.
My Superhero is die enigste Redder wat daar ooit was in die verlede, en vandag is, en sal wees in die toekoms. Hy is nie net God se plan A nie, Hy is God se enigste plan vir REDDING. En hierdie redding het reeds vir elke Jesus-mens begin en sal voltooi word in die hemel waar ons vir altyd in God se volmaakte teenwoordigheid sal wees.
My Superhero bewerk en gee en is die OORWINNING. En hierdie oorwinning is vir hierdie lewe en vir die lewe hierna. In hierdie lewe beteken die oorwinning die sonde en die Satan beheer nie meer ons lewe nie – die Heilige Gees beheer my lewe. In die lewe hierna beteken die oorwinning dat ons in die fees van die ewige heerlikheid by God sal wees.
Al hierdie “hero”-woorde het een oorsprong: die kruis. Aan die kruis is ons sondeskuld vasgespyker en vir altyd vergewe, sodat ons eie Superhero vir elkeen persoonlik elke dag wil sê: “Ek vergewe jou!”
Doom Charl
(hierdie oordenking word opgedra aan die belydenisgroep 2013 van die NG Gemeente Premiermyn)
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Wednesday, November 6, 2013
Wednesday, October 30, 2013
Oordenking 3 November 2013
Leer ken ons vry God
“Wie bewys Hom ‘n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” (Romeine 11:35)
Jesus-mense is eintlik voltyds besig om God beter te leer ken, al dink ons nie aldag heeldag daaraan nie. Deur goete wat in ons elkeen se lewe gebeur, mense wat ons paaie kruis, alles wat ons hoor en lees, en sommer die hele kaboedel (ja, daar is so ‘n woord wat sommer na alles verwys), kan ons klein bietjie beter met God self te doen kry. Vandag wil ek fokus op ‘n baie diep, maar belangrike kant van ons God: sy vrymag! Kom ek verduidelik so eenvoudig moontlik:
Ek is weer terug by ‘n baie ou redenasie van my oor ons elkeen se prentjie in ons koppe van wie God werklik is. Ons het elkeen 100% ons eie unieke ervaringe in die lewe wat ons elkeen uniek maak. En so word daar in ons elkeen ‘n 100% unieke prentjie gevorm van wie God is. Nie twee mense op aarde dink presies dieselfde oor God nie. Tog kan elke individuele Jesus-mens met oortuiging sê dat ons dink aan presies dieselfde God, net die een ware en lewende God, wat Homself in Jesus Christus aan ons kom openbaar het. Maar ons dink verskillend oor Hom en loop ‘n unieke pad deur die lewe saam met Hom en so verwag ons elkeen verskillende goete van Hom. Ons het elkeen ons eie unieke behoefte aan wie God vir ons moet wees.
En hier is my punt oor God se vrymag: niemand van ons kan aan Hom voorskryf wie Hy vir ons moet wees nie. Ongelukkig is ons daartoe geneig. Ons “ontwerp” ons eie godjie (met respek) volgens ons eie unieke behoeftes en raak baie veeleisend teenoor Hom (praat ek dalk nou net vir myself, dan is ek jammer). Elkeen beleef sy krisis of probleem of situasie as so groot en ernstig, dat ons graag al God se aandag en hulp net vir onsself volgens ons eie-uitgedinkte-goed-deurdagte planne wil hê.
God werk nie so nie, Hy is nie so nie. Omdat Hy is Wie Hy is, is Hy onvoorspelbaar en nie-voorskriftelik in hoe Hy dinge doen. Sy planne en besluite kan nie altyd verstaan of verklaar word nie. Hy is ook glad nie verplig om iets vir enige een van ons te doen nie. Met respek, Hy volg sy eie kop. Maar dit is dan juis so fantasties van Hom:
God ken jou unieke “jy” 100% met jou 100% unieke behoeftes. Op sy tyd (waarvan Hy baie het, voel dit soms) en sy manier (wat nie altyd verstaan word nie), is Hy 100% vry om vir jou as Jesus-mens te wees wat vir jou 100% die beste is. Laat Hom juis vry om vir jou te wees!

Wednesday, October 16, 2013
Oordenking 20 Oktober 2013
Hooftema: Hoe lees ek my Bybel?
Tema 3: Praktiese Bybellees
“En hierdie woord is die boodskap van die geloof...” (Romeine 10: 8b)
Die Bybel gee vir elke Jesus-mens die geleentheid om God “raak te lees” en so vir Hom beter te leer ken in jou eie lewe. Kom ek gee ‘n bietjie praktiese raad oor Bybellees:
• Die heel belangrikste is om die Bybel te lees met die verwagting dat die Heilige Gees wat in jou as Jesus-mens is, jou sal help om reg te verstaan wat jy lees. Dieselfde Gees wat die Bybelskrywers geïnspireer het, wil jou baie graag help om God se stem in jou lewe te hoor. En dit kan net gebeur as jy vir Hom kans gee om met jou innerlik te praat (slegs in hoë uitsondering hoorbaar) deur die Bybel te lees.
• Daar is verskillende literatuursoorte in die Bybel wat verskillend gelees moet word. Daar is geskiedenis (soos onder andere die konings van Israel in 1 en 2 Konings), daar is wysheidsliteratuur (soos Job, Spreuke en Prediker), daar is poësie (in sommige Psalms), die evangelies (Matteus tot Johannes), en vele ander soorte. Hierdie literatuursoorte help ons verstaan dat sommige dele in die Bybel is tydloos en geld nog net so vandag (soos ons vind in die wysheidsliteratuur). Dan is daar weer geskiedkundige dele wat net in die Bybelse tyd gegeld het wat ons nie net so op vandag kan toepas nie.
• ‘n Baie belangrike hulpmiddel wat ons graag gebruik om die Bybel beter te verstaan, is dat jy een deel van die Bybel kan gebruik om ‘n ander deel beter te verstaan. Moeiliker dele in die Bybel kan deur makliker dele in die Bybel verklaar word.
• Dan gee ek baie graag met goeie oortuiging die raad dat ons met groot vrymoedigheid veral die evangeliese en makliker dele van die Bybel meer gereeld en meer intensief lees. Vir al die verskillende gemoedstemmings is daar ‘n Psalm om te lees, ontdek dit net. Leer self die goeie nuus wat Jesus is ken deur die Evangelie volgens Johannes deeglik en stadig deur te werk/lees. Die hele verlossingsboodskap vind ons in Romeine – lees dit op so ‘n manier dat jy dit vir jouself toe-eien. Ek het selfs onlangs sover gegaan om vir iemand aan te moedig om net Romeine 8 oor en oor en oor te lees totdat hy deeglik die inhoud verstaan, maar veel belangriker die inhoud van Romeine 8 in die geloof sy eie maak.
• Die Bybel is nie gelykstaande aan God self nie en bestaan nie uit God se letterlike woorde nie. Dit is ‘n versameling van kosbare getuienis oor God deur Gees-geïnspireerde gelowiges.
Doom Charl
Thursday, October 10, 2013
Oordenking 13 Oktober 2013
Hooftema: Hoe lees ek my Bybel?
Tema 2: Waaroor gaan die Bybel?
“So sal God alles wees vir alles.” (1 Korintiërs 15:28c)
Op ‘n dag vra die professor vir ons in die klas wat is die heel laaste versie in die Bybel, bedoelende watter versie beskrywe die beste waarheen alles in hierdie wêreld oppad is. Onnodig om te sê dat ons almal verkeerd geraai het. Volgens hom is alles oppad na dit wat Paulus hierbo in Korintiërs sê: “God sal alles vir almal wees.”
Nou kan julle vra, maar wat het dit nou met die inhoud van die Bybel te doen. Dan antwoord ek eenvoudig: ALLES! Alles in die Bybel, nou ja, amper alles (die menslike sondige deel uitgesluit) in die Bybel het met God te doen. Hy is die Hoofouteur, die Hooftema, die Hoofkarakter, die Hoofboodskap, die Hoofinhoud ... God, die Hoofalles!!!
Kom ek verduidelik eenvoudig: Hy is die Begin van alles (skepping); Hy is die Redding van almal (Noag, uittog, konings, Messias, Jesus); Hy is die Vergewer van almal (kruis); Hy is die Lewe vir almal wat glo in Hom (opstanding); Hy is die Heiligmaker (Heilige Gees); Hy is die verlede, hede en toekoms ... Hoe weet ons dit alles? Ons lees dit in die Bybel.
Maar net so belangrik, is dit wat NIE in die Bybel geskrywe is NIE: die wetenskaplike verklaring van hoe alles begin het; waarom die mens kies om sonde te doen; hoekom almal nie gered word nie; ‘n presiese omskrywing van God; ‘n fisiese beskrywing van die lewe na die dood; ... en nog baie ander moeilike vrae word nie in die Bybel geantwoord nie.
Wat behoort ek dan “raak te lees” in die Bybel? Wie God in die lewe van die mense in die Bybel is. Hoe Hy genadiglik optree teenoor die ongehoorsames oor al die eeue. Hoe Hy in die lewe van Jesus op aarde kom sigbaar wys het, hoe Hy die graagste teenoor mense optree. Hoe Hy eerder ons wil vry maak as wat Hy ons wil belas met onuitvoerbare wette. Hoe Hy ons lewe wil vul met vrede, vreugde en oorvloed deur sy Gees in ons. En nog baie meer.
As hierdie “inhoude van die Bybel” nie vir jou rede gee om meer gereeld en meer intensief Bybel te lees nie, is jy besig om “geestelik arm” te lewe. Bybellees behoort nie vir jou moeite te wees nie, dit is nie bedoel om soos opoffering te voel nie. Bybellees verryk jou Jesus-mens-wees op ‘n ontspanne en spontane manier.
Lekker lees oor ... (toemaar, met die regte ingesteldheid, sal jy weet).

Thursday, October 3, 2013
Oordenking 6 Oktober 2013
Kortreeks: Hoe lees ek my Bybel?
Tema 1: Hoekom so baie vertalings?
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer ...” (2 Timotues 3:16a)
Kom ons kyk baie kortliks waar kom die Bybel vandaan: Die Bybel is deur gewone mense soos ek en jy geskrywe. Eintlik aanvanklik vir baie jare slegs mondelings deur gewone mense van een geslag aan ‘n volgende geslag oorvertel. Na ‘n baie ingewikkelde proses van opskrifstelling, eers die Ou Testament in Hebreeus en Aramees en Nuwe Testament in Grieks, is net so ‘n moeilike proses van sifting gevolg. Met die sogenaamde kanonisering is oor baie jare bepaal watter geskrifte is in en watter is uit. Daarmee was daar ook nie volledige eenstemmigheid nie, soveel so dat daar steeds ‘n byvoegsel van Apokriewe boeke by die Bybel is. Maar hier is die sleutel: hierdie uitgerekte en ingewikkelde proses wat oor baie jare deur ‘n groot getal gewone mense gevolg is, was onder leiding van dieselfde Heilige Gees wat ons nog vandag help om die Bybel te kan verstaan.
Nou vir die vraag oor die baie vertalings: Vir baie mense is dit ‘n groot ontnugtering om te hoor dat ons vir baie baie lank nie meer die oorspronklike brief het wat Paulus vir die gemeente in Rome geskrywe (gedikteer) het nie. Ons het verskeie handgeskrewe afskrifte wat van mekaar verskil en deur die wetenskape tegniek van skrifkritiek, word die beste weergawe van die oorspronklike bepaal (hierdie beginsel geld vir die hele Bybel). ‘n Eenvoudige voorbeeld is dat een afskrif lees “Jesus Christus”, ‘n ander afskrif “Christus Jesus” en ‘n derde afskrif lees “Here Jesus Christus”. Watter een was die oorspronklike? Ons weet in baie gevalle nie, in hierdie geval maak dit nie ‘n groot verskil aan die betekenis nie. Vir meer ingewikkelde gevalle, raak dit ongelukkig die betekenis.
Dan is daar die baie moeilike wetenskap van vertaling vanaf een taal na ‘n ander taal. Hier is die semantiek (die leer van die betekenis van taaluitinge) ‘n voortgaande proses waarin nuwe ontdekkings gemaak word ten opsigte van die “oorspronklike” betekenis van ‘n woord of kombinasie van woorde. So kan die woord “μονογενής” in Johannes 3:16 vertaal word met “enigste”, “unieke”, of “enig in sy soort”. En juis hierin word baie navorsing deur taalkundiges gedoen om die heel beste vertaling vir ons te gee.
Saamgevat: die Gees van God het oorspronklik die vertellers en skrywers gelei, en gedurende die proses van samestelling het dieselfde Gees voortgegaan om te bly werk, en tot vandag toe word die Skrif deur God geïnspireer, ook in ons elkeen se lees van die Bybel.

Wednesday, September 18, 2013
Oordenking 22 September 2013
Hoop in
‘n tyd van wanhoop
“Wees
altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking
eis oor die hoop wat in julle lewe.” (1 Petrus 3:15b)
Het jy dalk ‘n storie van hoop om in ‘n
wanhopige tyd vir ander te vertel?
Daar is eintlik net twee groepe mense vandag,
diegene wat hoop en die ander wat hoop verloor het. En dit is juis die
wanhopiges wat gedurig negatief en pessimisties is. Volgens hulle loop alles op
die oomblik verkeerd en gaan alles agteruit en lyk die toekoms donker. Baie gou
neem die hoop-verloorders die geselskap oor met hulle verdoemende praatjies en
net so gou praat almal saam in ‘n koor. Selfs die positiewes voel dat die
geskiedenis verkeerd verloop. Ons ontdek ‘n teenstrydigheid: die innerlike mens
wat vrede het by God teenoor die uiterlike omstandighede wat daagliks ons vrede
steel.
Maar vir Jesus-mense en eintlik net vir
Jesus-mense, is daar altyd hoop. En dit ten spyte van probleme wat hulle lewe
baie moeilik maak, ten spyte van onredelike en onverdiende swaarkry, ten spyte
daarvan dat hulle sleg behandel word en sleg gesê word, ten spyte daarvan dat
hulle onskuldig skuldig bevind word, ten spyte van wat ookal ... Jesus-mense bly hoop om die regte redes.
Want Jesus-mense se hoop is ...
·
Om in die sagte liefde van God rus
te vind;
·
In Christus te lewe wat gesterf en
opgestaan het;
·
Om vergifnis uit te deel omdat ek
reeds vergewe is;
·
Die Gees in jou wat begrip gee in
die lewe;
·
Om aan ander hoop te gee omdat jy in
die Hoop lewe;
·
Baie meer as om net vir hemel
gereed te wees en ‘n pynlose toekoms te verwag;
·
Om soms net te wees ...
Prakties beteken hoop ...
1.
Soek en vind hoop in Hom (God is
hoop);
2.
Gebruik tye/tydjies van stilte en
afsondering om te ontvlug uit omstandighede van wanhoop (jy kan jou hoop kies);
en
3.
Fokus op ander wat sonder hoop is
en doen iets opbouend vir hulle (ander het ook hoop bitter nodig).
Hoe klink jou storie van hoop?
Doom Charl (082 469 2499)
Wednesday, September 11, 2013
Oordenking 15 September 2013
Hooftema: Jesus sê wat?
Sleutel 9: Die sleutel tot egte godsdiens
“Span al julle kragte saam om by die smal deur in te gaan.” (Lukas 13:24)
Egte godsdiens? Is daar so iets? Is dit nie juis die probleem nie? Godsdiens het soveel valsheid in die kerk ingedra. Daar is so baie goeie kerkmense wat erg godsdienstig is, maar dit sonder die Lewe, sonder die lewende Jesus!
Kom ons praat dan eerder van egte Jesus-mense, mense soos ek en jy wat die Sleutel van die lewe hét, wat op die smal pad by die smal deur ingaan, vir wie die hemel reeds wawyd oopstaan, wie se leefwyse deur die Gees van God bepaal word ...
Mý opinie: valse godsdiens het tot binne-in die kerk gekom deur die klem op gehoorsaamheid en my eie verantwoordelikheid om goed te lewe. Die gevolg is ‘n wavrag skuldgevoelens wat getroue kerkmense met hulle saam dra. My eie gesukkel om self rein te kan lewe en vry van enige wêreldsgesindhede te wees, het my laat ontdek dat die antwoord vir ‘n vrygemaakte lewe iewers anders is. Die kerk met sy valse leraars het dit so in ons koppe ingeprent dat ons nie “heilig” genoeg lewe nie, dat ons net nie vry kom van ons alewige “ek”-pogings nie.
Hoe kan ek weet dat ek ‘n egte Jesus-mens is? Eers moet ek baie goed besef dat ek nie self kan verander nie. Net God maak my deur sy Gees sy eie kind. Dit voel meer gereeld vir my dat hoe harder ek self probeer om ‘n oulike kind van Hom te wees, hoe meer stel ek teleur – is ek oor myself teleurgesteld. Ek dink nie dat Hy so baie in óns teleurgesteld is nie, óns is dan sy handewerk en sy liefdeswerk en sy vernuwingswerk en sy beeld-draende-lofrede! Hy verstaan ons gesukkel met onsself 100% en help 100% met die 100% oplossing: Jesus! Ja, selfs Jesus ín my!
Ek bly by my standpunt: ek gee (gedurig, aanmekaar, elke dag, elke sekonde) oor ... aan Hom, ek gee my pogings en probeerslae oor aan Jesus in my. En soos wat Hy in my is, wil en kan en is Hy besig in sý egte Jesus-mens/-kind. Ek is en bly 100% afhanklik van Jesus ... nét Hý het die sleutels van die Lewe in sy hand. Sý prys vir my lewe is só GROOT dat géén poging of probeerslag van my vermelding werd is nie.
Jesus is die EGTE EEN ín my – dít is egte Jesus-mens!
Doom Charl
Subscribe to:
Comments (Atom)