Oordenking 30 Junie 2013
Glo jy dat Jesus die lewe is?
“Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe al sterwe hy ook ...” (Johannes 11:25)
Mandela lê op sterwe, ek doen twee begrafnisse in een week ... ek dink diep aan ons elkeen se gedagtes oor die dood: my eie, ander naby aan my en selfs hulle wie ek nie ken nie. Is ek gereed? Is diegene naby aan my gereed? Hoe kan ons weet? Wat gebeur na die dood? Baie vrae en nie noodwendig duidelike antwoorde nie, maar ook groot gevare van verkeerd verstaan.
Byvoorbeeld die Rooms Katolieke Kerk het sewe sakramente, onder andere die laaste oliesel, wat deur die priester by ‘n sterfbed bedien moet word. In die Katolieke Ensiklopedie word hierdie “extreme unction” beskryf as die geestelike hulp en gemak en volmaakte gesondheid, insluitend kwytskelding van sonde en voorwaardelike herstel van liggaamlike gesondheid, aan Christene wat ernstig siek is (vry vertaal). Die priester plaas olie (wat deur die biskop geseën is) op sewe liggaamsdele, met die woorde: "Through this holy unction and His own most tender mercy, may the Lord pardon thee whatever sins or faults thou hast committed by sight, by hearing, smell, taste, touch, walking, carnal delectation". Soms kry ek die aanvoeling dat sommige van ons kerkmense iets soortgelyk verwag as die dominee dringend ontbied word na ‘n siekbed.
Die wyse waarop mense optree by ‘n begrafnis, maak my ook erg bekommerd. Ook die manier waarop mense oor die dood praat, maak my erg bekommerd. Dit voel vir my asof dit algemene kennis behoort te wees dat as ‘n bejaarde persoon, wat ‘n goeie lewe gehad het, te sterwe kom, dit beter is. Net so as ‘n baie siek persoon se lyding beëindig word deur die dood, dit beter is. Moet my nie verkeerd verstaan nie, die hartseer oor ‘n leë plek in die familie, is verstaanbaar. Self Jesus het gehuil by Lasarus se sterfbed voordat Hy hom uit die dood opgewek het. MAAR ...
• Is ek gereed? JA! Jesus ís mý volledige gereed wees.
• Is diegene naby aan my gereed? Vra hulle, maak seker, praat met mekaar oor Jesus, dit ís die belangrikste vraag om oor seker te maak.
• Hoe kan ek weet dat ek gereed is vir die dood? Die werking van die Heilige Gees maak my gereed.
• Wat gebeur na die dood? Elke Jesus-mens wat te sterwe kom, ís bý God! (UITROEPTEKEN, niks meer of niks minder nie).
Glo jý dit?
Doom Charl
Aan almal wat dieper wil dink oor God en graag wil groei in jou lewende verhouding met Hom, bied ek die volgende Oordenking:
Thursday, June 27, 2013
Wednesday, June 12, 2013
Oordenking 16 Junie 2013
Oordenking 16 Junie 2013
Maak mooi, die Bruidegom kom!
“Die stad was gereed soos ‘n bruid wat haar man versier is.” (Openbaring 21:2b)
1. Let op, ons Here is altyd oral by en in jou!
2. Haal asem, die lewendmakende Gees vul jou om Lewe te wees in jou, én vir ander!
3. Maak mooi jouself, jy ís in ‘n nuut-wordende liefdeshouding met jou Koning!
Drie doen-dinge vir Jesus-mense om te verinnig in jou geloofsverhouding met God in jou.
Hoekom myself mooi maak? Want:
• Die Lam van God het sy lewe vir jóú gegee aan die kruis (Openbaring 5 en verskeie ander plekke);
• Jý wat glo in Hom, word én sal níe geoordeel word nie (die simboliese wraakbakke van Openbaring 16 word nie op jóú uitgegiet níe);
• Jý het die onbeskryflike groot voorreg om in ‘n volledig nuutgemaakte liefdesverhouding met God nou en vir altyd te lewe (“Kyk, Ek maak alles nuut.” Openbaring 21:5);
• God is alles en nog meer vir jóú (Openbaring 21:3-4);
• Jý ontvang God se oorvloed en rykdom sonder enige inspanning en slegs deur sy onverdiende guns (Openbaring 21:6-7);
• God ís reeds besig om met die goddeloosheid en goddeloses af te reken op die mees verdoemende wyse (Openbaring 21:8); én
• Die volheid van die Gees van God is in jóú (simbolies in Openbaring die “sewe Geeste van God”).
Hoe maak ek myself mooi?
• Gee 100% geleentheid vir die Gees van God ín jou om sý mooi-maak-werk te doen;
• Gee 100% jóú medewerking in sy mooi-maak-werk in jou; én
• Waardeer, geniet, bewonder ... God se heerlikheid in júl nuut-wordende liefdesverhouding.
Die Bruidegom kan enige sekonde kom, Jesus ís gereed om weer te kom ... is jý gereed?

Wednesday, June 5, 2013
Oordenking 9 Junie 2013
Oordenking 9 Junie 2013
Haal asem, dis Lewe!
“... deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.” (Handelinge 17:28a)
Let op! Elke Jesus-mens let op! Let op, die Ek-is-ware-lewende-God is 24 uur 7 dae in en by jou! Een van die doen-dinge vir ons as gelowiges, is om op te let dat dié “Ek is”, is in jou en by jou en voor jou en agter jou en onder jou en bo jou en weerskante van jou en rondom jou – ja, altyd oral is waar “jy is”!
Vir elke gesonde mens, is dit bedoel om sonder inspanning asem te haal. Om die waarheid te sê, ons haal die grootste deel van elke dag en nag asem sonder om daaraan te dink. Alle mense, Jesus-mense en nie-Jesus-mense, ontvang lewe en asem en alles van God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het. Asemhaal is nie bedoel om enige inspanning, plig of prestasie te wees nie. Asemhaal vind spontaan, outomaties en stilweg plaas, maar altyd met God se direkte en permanente vermoë. So word alle mense aan die lewe gehou deur die vermoë om asem te haal. Met uitblaas van die laaste lewensasem, tree die finale fisiese dood in.
Dit bring ons by die volgende doen-ding vir Jesus-mense, naamlik om asem te haal, nie net fisies nie, maar ook geestelik. Vir ons wat Jesus-mense is, is daar ‘n onontbeerlike gawe van Lewensasem: die asem van die Gees van God wat die ewigdurende lewe deur die opgestane Jesus is! Híérdie Lewe kom slegs in asemhalende mense deur bekering. Om die hoofletter Gees in te asem, is ‘n goddelike werking wat geen inspanning, plig of prestasie vra nie. Dis spontaan, outomaties en stilweg, want só en net só, werk God in Jesus-mense. En eers wanneer jy só asemhaal deur die hoofletter Lewe in jou, lewe jy werklik!
“asemhaal” is verseker ‘n werkwoord, in die Verklarende Woordeboek beskrywe as “die intrek en uitstoot van lug deur die longe”. So is dit ‘n doen-ding vir Jesus-mense. Kom ons oortree die reëls van Bybelverklaring en pas dit allegories toe: die “intrek van lug” is die soeke na God, om gedurig op te let na Hom in jou; en die “uitstoot van die lug” is die sigbaarmaking na buite van Hom in jou, dat ander mense Hom in jou kan sien.
Alles wat deur God van ‘n Jesus-mens verwag word om te doen, is alleen moontlik deur God se innerlike en innige werking van sy Gees in jou. En asemhaal is ‘n akkurate beskrywing van God se werk in jou en jou medewerking: trek die lewe-gewende Gees-asem diep in en blaas die lewens-veranderende Gees-asem uit.

Wednesday, May 29, 2013
Oordenking 2 Junie 2013
Oordenking 2 Junie 2013
“Let op, Ek is!”
“Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”” (Eksodus 3:14)
Net nou die dag beskuldig ‘n nie-teoloog ons predikante dat ons geneig is om te sê in wie en wat ons moet glo, maar selde uitkom by hoe ons moet glo. Een moontlike rede wat ek self moet gee waarom ek wegskram van die hoe, is die gevaar dat dit ontaard in ‘n lysie van pligte vir Jesus-mense, amper soos ‘n lysie van moets en moenies. Jesus-mense is juis vrygemaak van enige vorm van dwang, verdienste en prestasie, want Jesus het reeds aan al die eise wat God stel, volledig voldoen. Tog wys Jakobus daarop dat geloof sonder die hoe of die doen dood is, vir hom is dit soos ‘n liggaam wat ophou asemhaal (Jakobus 2:26). Daarom is die hoe en die doen van geloof ‘n sigbare bewys dat jy wel ‘n Jesus-mens is. En juis deur die sigbare geloof, is daar groei en nuwe ervaringe in jou verhouding met God en met ander mense. Kom ons probeer in die volgende paar weke “doen-dinge” vir Jesus-mense beter verstaan.
Die eerste “doen-geloof” wat ek baie van bewus is, is die 24/7 teenwoordigheid van God in my lewe. Moses ontdek Wie God is by die brandende doringbos op Horeb, die berg van God. Vir Moses is Hy slegs daar teenwoordig, maar in God se bekendstelling van Wie Hy is, is daar meer van God as wat Moses besef. In die Ou Testament lyk dit asof God se teenwoordigheid beperk is tot sekere plekke of gebeurtenisse soos die berg van God, die wolk- en die vuurkolom tydens die woestyntog, die ark in die tabernakel en uiteindelik in die tempel in Jerusalem. Daar is ook ander verskyninge van die Here aan profete of ander Bybelfigure.
Maar toe kom die mens Jesus, wat ook volledig God is, na ons aarde toe. En Hy word die groot “Ek is” ... die lig vir die wêreld; die ware wingerdstok; die brood van die lewe; die weg en die waarheid en die lewe ... (Johannes-evangelie). En dan word die Heilige Gees in al sy volheid op Pinksterdag uitgestort op ons gebroke aarde om in elke Jesus-mens permanente woonplek te maak. Tot hier weereens net in Wie en wat ons glo, en niks hoe nie.
Hier word die hoe, “let op”! Amper soos skrik wakker, maak oop jou oë, skakel alle sensors aan, wees net ingestel, want God is steeds soos vir Moses, ook vir ons “Ek is”. Hy het nog nooit verander nie, al wat kan verander is ons oplettendheid na Hom. Let op hoe Hy in die groot en klein dingetjies in jou lewe ‘n verskil maak; let op hoe Hy jou dra deur moeilike tye; let op dat jou innerlike vrede net van Hom kom; let op dat Hy vir jou goed is op maniere wat jy nie vra of verwag nie; let op Wie Hy vir jou wil wees ... Doen die “let op”-ding!

Wednesday, May 15, 2013
Oordenking 19 Mei 2013
Oordenking 19 Mei 2013
Nie net beter, dié Allerbeste!
“... omdat God vir ons iets beters beoog het ...” (Hebreërs 11:40a)
Beter as die geloofshelde van die Ou Testament, beter as die huidige ongelowiges en beter as voor ons glo. In watter opsig?
• Beter Verlosser, want Hy het ons reeds verlos deur sy kruisdood;
• Beter offer, want geen offers is meer nodig nie;
• Beter Priester, want Hy word self die offer vir ons;
• Beter verbond, want Hy kom God se deel volledig na;
• Beter vaderland, want Hy maak God se teenwoordigheid toeganklik vir ons;
• Beter uitkoms, want Hy waarborg ons ewige bestemming; en
• Beter geloof, want Hy is die kern van wat ons glo.
Maak asseblief jou hart en jou hele lewe oop vir hierdie “iets beter wat God vir ons beoog” deur:
• Meer tyd in sy teenwoordigheid te spandeer;
• Meer moeite te doen om sy Woord in te neem;
• Meer gesprekke met mede-gelowiges oor Hom te voer; en
• Meer te doen vir Hom in hierdie stukkende wêreld.
Dan sal:
• Jou lewe meer sin kry;
• Jy vir meer mense iets beteken;
• Jy meer deel word van wat God reeds doen;
• Jy meer bewus wees van sy teenwoordigheid in en om jou; en
• Jy reg wees as Hy weer kom.
Want:
• Ons glo in ons enigste liefdevolle Vader;
• Ons glo in ons enigste Verlosser;
• Ons glo dat sy Gees ons gedurig vernuwe;
• Ons glo in EEN WARE GOD!
Ons God is nie net die Enigste nie, Hy is dié Beste, ja, Hy is dié Allerbeste!

Thursday, May 9, 2013
Oordenking 12 Mei 2013
Oordenking 12 Mei 2013
“Sien” die Onsigbare
“Om te glo, is om ...” (Hebreërs 11:1a)
Slegs en alleen deur geloof; op geen ander manier as deur geloof; God se enigste en volmaakte plan is deur geloof; gister, vandag en more is dit deur geloof – ja, slegs deur geloof lewe Jesus-mense in Hom en Hy in ons. Daarom is dit só belangrik ons oor geloof praat.
• Geloof is meer spiritueel en geestelik as wat dit intellektueel is;
• Geloof vloei uit die krag van God en nie uit die mens nie; en
• Geloof kan nie iets bewys nie, die Gees laat dit gebeur wanneer en hoe Hy wil.
In die Grieks het die woord πίστις (foneties “pistis”) die betekenis om te glo in die goeie nuus aangaande Jesus Christus en om ‘n volgeling van Hom te wees. Maar dit val ook in dieselfde semantiese veld as “vertrou, om staat te maak op, betroubaar”. Meer spesifiek dui dit op ‘n vaste stel oortuigings wat slegs moontlik is in ‘n spesiale interpersoonlike verhouding met God of Christus.
Prakties is geloof nie bedoel om iets bonatuurliks en onbereikbaar te wees nie. Net so vanselfsprekend as wat asem en suurstof is waardeur elke mens lewe, net so natuurlik is geloof in ons as Jesus-mense. Deur geloof word ons in aanraking gebring met die onsigbare wêreld rondom ons. In hierdie nog onbekende wêreld vir ons, bestaan God. So omring die ewigheid waarin die lewende God bestaan, ons.
Hoe kan ons seker wees hiervan? Slegs as ons die sekerheid buite onsself in God ontdek en dan dáárop bou. Geloof word Jesus-mense se oë om God raak te sien. Die wêreld wat sonder God lewe, gaan blind deur die lewe en sien God nie raak nie en gaan so verlore. Jesus-mense sien met geloof vir God en sy goedheid raak. Alleen deur geloof is God alomteenwoordig en liefdevol handelend in ons alledaagse lewe. Maar juis in die asem-wegslaan-wonder van die skepping, sien ons die handtekening van God op elke stukkie detail in die skepping. God het die onmoontlike duplisering van sy sigbare skepping vir ons gegee as sekerheid dat Hy ook in die onsigbare teenwoordig is.
Hoe kan ek iets verduidelik wat ons nie kan sien nie? Hoe oortuig ek ander van iets wat ons as abstrak beskou? Hoe kan ek geloof in God aan ander gee?
Ek kan nie! Net Hy kan!

Wednesday, April 24, 2013
Oordenking 28 April 2013
Oordenking 28 April 2013
Jesus waarborg ‘n nuwe beter ooreenkoms
“Maar nou het Jesus ‘n voortrefliker priesterdiens gekry deurdat Hy Middelaar is van ‘n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is.” (Hebreërs 8:6)
Die uitverkorenes, die gelukkiges, die bevoorregtes, die begenadigdes, die geredde sondaars, die geliefdes van Hom, die geseëndes, die Gees-gesalfdes ..., dit is almal beskrywings van Jesus-mense (kan jy aan nog dink?). En die beste van alles is, dit is waar, want Gód sê so! Die Hebreërskrywer fokus vir ’n oomblik op die nuwe verbond/ooreenkoms wat ons ewige Hoëpriester, Jesus, self waarborg en waar maak.
Kom ons bedink drie beloftes wat God in hierdie nuwe ooreenkoms vir Jesus-mense maak:
1. “... sal Ek ... aan hulle sondes nooit meer dink nie.” (Heb.8:12b) Vergifnis op grond van Jesus se kruisdood, is baie meer as om die ewige straf vry te spring. Vergifnis is ook meer as dat God nie meer dink aan ons alledaagse sondetjies nie. Sy vergifnis is omvattend en geld vir eens en vir altyd. Vergifnis is ook meer as om met jou verstand saam te stem dat daar vergifnis beskikbaar is. Uiteindelik neem die Gees so deeglik oor in ‘n Jesus-mens se lewe, dat daar nie meer plek vir ongehoorsaamheid is nie.
2. “Ek sal ... my wette ... op hulle harte ...skrywe.” (Heb.8:10b) Wanneer God deur sy Gees op Jesus-mense se harte skrywe, word hulle van binne af skoongemaak van alle onheilighede. Die gewone goeie vroom Christen groei na ‘n innige Gees-lewe wat die wag op God om in en deur hom te werk. En hierdie innerlike werking word ‘n volwasse Jesus-lewe, waar Jesus-mense al hoe meer lewe soos God in sy Woord wil.
3. “... ons het ‘n Hoëpriester, Een wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemel.” (Heb.8:1) Jesus is op hierdie oomblik in die Allerheiligste in die teenwoordigheid van die Allerheiligste. Hier is Hy in beheer van die hemelse koninkryk, Hy tree vir altyd vir ons in by dié Majesteit. MAAR Hy doen dit nie vanuit die hoë onbereikbare hemelwoning nie, Hy doen dit in die hart/binneste/innerlike van Jesus-mense.
‘n Nuwe ooreenkoms, ‘n nuwe lewe, ‘n nuwe verstaan word ‘n beter ooreenkoms, ‘n beter lewe, ‘n beter verstaan – moontlik gemaak deur ‘n voortrefliker Hoëpriester en op grond van uitnemender beloftes van God.
Prakties beteken dit: Jesus-mense is die gelukkigstes op aarde, want ons het die allerbeste Advokaat!

Subscribe to:
Comments (Atom)